Hier het ons besluit dat 'n lekker BR(Baskin Robbins) roomys die ding gaan doen.
.jpg)
Ons kleinman is nou op die staduim dat hy vir ons reels wil neerle. En volgens hom is die reel van hierdie spesifieke mall dat jy eers iets moet eet, dan mag jy gaan roller coaster ry in die speelpark en dan moet jy 'n krispy kreme doughnut daarna gaan eet.
Ons vat toe vir oupa en ouma vir 'n rit op die roller coaster. Eers baie braaf klim ouma op, maar toe die "trein" daardie eerste draai-op en toe af vat, toe klou ouma vir lewe en oorlewing! Die treintjie gaan 2 keer om, maar toe hy stop toe is hulle af en vra wat nog?
Ek vat toe vir oupa en ouma op 'n 4D trein. Dit is nogal 'scary' en ouma skree soos 'n dogtertjie in daardie simulator. En ek is pap van die lag, die trane loop van my gesig af soos ek hierdie mamsie van my dophou en om te sien hoe sy haarself daarin beleef. Dit was groot pret, maar daarna het die oues van dae genoeg gehad vir eers...
.jpg)
.jpg)
Na die speelpark en die lekker shopping het ons die aand afgesluit met 'n lekker Krispy Kreme doughnut.
Ek het besluit om vir julle bietjie te wys hoe hulle hierdie ongelooflike lekker goed maak en so bietjie die proses daarvan met julle te deel (vir die wat dit nog nie gesien het nie).
Na die lekker aand uit was dit weer huistoe gaan tyd.
4 comments:
Duidelik druk julle elke minuut vir 'n uur lank se waarde -- goed so, dis goue dae so saam.
Maar dat 'n kind nou so vir haar doodsbenoude ouers kan staan en lag, tjk-tjk; a-nee-a!
Hi julle gelukkige goed. Man as daar so iets is soos gras groen dan is dit ek. Dit lyk fantasties en ek is bly julle geniet dit so baie. Ek kan net dink hoe die lekker-kry trane geloop het. Dit is fantastie......s. Ousie dit is nou my sussie en Ockie julle is bevoorreg om sulke kinders te mag he. Liefde Ons in die Koue SA
Mariki- He he he! As iets snaaks is lag mens of die ander persoon 1 of 'n 100jr oud is... - ons het lekker gekry ek lag sommer nou nog as ek daaraan dink.
Rita'tjie- jy hoef nie groen te wees nie, kry vir jou 'n kaartjie en kom kuier saam ons en beleef dit vir jouself in real life!
Bring maar die groen saam ons het dit nodig. he he he!!!
DIS LEKKER, EK KOM VERSEKER ASAP.
GENIET DIT MENSE.
Post a Comment