Wednesday, June 24, 2009

Ons gaan loer in by die Emirates Paleis.

Ons het so bietjie gaan inloer by die Emirates paleis.
Ons ry op 'n weeklikse basis nou al vir meer as 'n jaar verby die grote plek en wonder altyd hoe dit daar lyk. Alhoewel mens nogal baie fotos van dit op die net kry, wil mens tog dit self te siene kry.
En glo my, dit is nie dieselfde op fotos as om dit self te beleef nie. Ek probeer met die paar fotos vir julle wys wat ons beleef het die dag.

Binne in die reuse plek, is daar natuurlik al hierdie 'brand name' winkeltjies, nou nie regtig baie nie, maar genoeg, en 'n hele paar eetplekkies. Wat ek probeer se is dat daar nie 'n tekort aan enige iets is nie.

Die goue afwerking van die paleis is selfs oorweldigend vir die kamera, en kan mens nie werklik die prentjie wat jy met jou oe sien op 'n kamera vasle nie.




Selfs die vloer is ongelooflik mooi met die marmer en dit lyk of daar goud insetsels is tussen die patrone.
Ons was baie braaf en het by een van die restaurante gaan koeldrank drink op die balkon buite, en om sommer na die swemstrand te kyk.
Ja dit was ongelooflik warm,- maar vir die uitsig wat ons gekry het was dit meer as die moeite werd.

Die strand lyk so sag met sy wit sand en die tuine met die groen gras en boompies doen dit vir 'n mens. Ek moet egter byvoeg dat ek baie bly is dat dit nie my werk is om die plek so mooi netjies te hou nie, want ek glo nie mens is lus vir tuinwerk in hierdie hitte nie.

Die boustyl van die land met sy koepel venster en deure, bly vir my mooi, en dit gee in sommige gevalle so lekker romantiese gevoel. Nog 'n ding van hierdie pragtige plek is dat daar nie nagelaat is om die detail te beklemtoon nie. Op elke plekkie, hoekie en draai is daar die ongelooflikste detail en afronding ingebring. Van die dak met die pragtige beligtig en patrone daarop tot op die vloer, die mure en dan vanselfsprekend die meubels. - Alles pas by alles en 'blend' oral in.

Selfs in die toilet het hulle waslappies waarmee jy jou hande afvee in plaas van die rol papier, en dan is hulle so oulik hulle vou dit nogals in die vorm van 'n kameel... ja dit is 'n kameel - ek het aanvanklik dit gesien as 'n olifant -maar nee ek was verkeerd.

Hierdie is 'n geweefde mat,-wat teen die muur hang. Ek het nou nie gaan lees en kyk hoe lank dit hulle geneem het om dit te weef nie, maar dit is werklik 'n meesterstuk van kuns.


Natuurlik moes my ma haar voete en hande in hierdie fontiene gaan nat maak, nie probeer vir 'n reen dans nie, want ons weet dit is iets wat nie sommer hierdie tyd van die jaar hier by ons sal gebeur nie, maar sy het wel 'n dans passie van vreugde met 'n lied in haar hart uitgevoer.



Om mee af te sluit, 'n stukkie musiek uit die paleis.

Dit is so ontspannend en rustig - ons kon vir ure sit en na hul luister.

6 comments:

Sandra said...

Dis altyd 'n lekker treat. Daai steakbroodjies van hulle of die koek van die coffeeshop is baie lekker :-)

Thea said...

Dis beautiful!! Ek hou ook vreeslik baie van hulle boustyl. Ons sal darem nie omgee om nou so 'n ou bietjie van daai hitte hier te hê nie, dis koud hier vandag!

Pragtige musiek ook! As julle aan daardie dag dink wat julle daar spandeer het, sal julle altyd aan die musiek ook dink! Dit maak die memories net meer spesiaal!!

RITA said...

Hi meisiekind hier is ek weer, agteros in die kraal. Dit lyk pragtig en ek kan myself nie voorstel hoe dit moet voel om in so n plek te moet wees nie. Dit is pragtig. Die tuin by die see is pragtig. Liefde hoor

MA ADRI said...

O JA SAL DIT SEKER NOOIT VERGEET NIE MY SKATTE. ONGELOOFLIK LEKKER GEWEES EN MOOI.DIT WAS WAARLIK DIE LEKKERSTE WEGBREEK WAT EK EN PAPS IN ONS 30 JAAR GEHAD HET. JAMMER KON NIE DIE TYD NET SO EFFENS VAS HOU NIE.EK VIND DIT BAIE MOEILIK OM DIT VIR IEMAND OOR TE VERTEL WANT MY WOORDE SKIET VER TE KORT. NOGMAALS DANKIE VIR JUL HEERLIKE BEDERFIES. LIEFDE

mariki said...

Dit is iets uit 'n ander wêreld (en nie net letterlik nie!)

Julle het waarlik 'n feestyd saam met jou ouers beleef, Vlooitjie.

Mariette. said...

Sandra- Ja dit was lekker, daar is net so baie coffee plekkies mens weet nie watter een om te kies nie..

Thea - jy is reg ons sal altyd aan daardie dag dink wanneer ons daardie musiek hoor.

Ja dit is 'n ongelooflike voorreg om al hierdie dinge te kan beleef Rita, maar kom kuier vir ons dan kan jy ook dit saam met ons deel :-)

Mamsie volgende keer gaan eet ons van daardie koek waarvan Sandra praat...

ai Mariki- dit is net jammer die tyd het so gou verby gegaan want daar is nog soveel wat mens met hulle wou deel. - maar vlgde keer!...

lekker naweek vir almal