Tuesday, June 9, 2009

Dit is jul 30ste Huweliks herdenking!




Wanneer ons aan julle huwelik dink kom hierdie volgende
vers by ons op...




(1 Korintiërs 13: Vers 4 tot 7)

1 Korintiers dertien vers vier tot sewe,
woorde van liefde geskrywe, gegewe.
God wys ons hoe om daarna te strewe,
Wat’s reg en verkeerd in vandag se lewe.

Vers 4

Die liefde is geduldig vertel vers vier,
Nie oorhaastig soos ‘n angstige dier.
Dit is nie afgunstig op soeke na gier,
Geen grootpraat of verwaande manier.

Vers 5

Handel welvoeglik sonder eie belang,
Dis wat God’s liefde van jou verlang.
Wees nie liggeraak, volg net Sy gang,
Geen boek van kwaad wat om jou hang.

Vers 6

Liefde word nie bly oor onreg,
So wys vers ses ons op ons weg.
Verheug jou in waarheid dis eg,
Laat die lesse jou lewe deurvleg.

Vers 7

Liefde glo, hoop, verdra en bedek,
1 Korintiers dertien vers sewe sê so nie ons nie.








Julle huwelik is mooi, rein en vol liefde.
Julle is 'n baie mooi en goeie voorbeeld vir ons
en Dankie daarvoor.

Mag julle 'n baie mooi dag he, en mag daar nog meer as 30jaar van liefde en geluk in julle lewe saam wees.

Baie Baie Liefde

Ons 8! (+ Dine'tjie en Christiaan'tjie)
Mariette & Siegfried -Gerhard- Ockie & Mellisa- Jay- Dewald & Ilonka!

9 comments:

mariki said...

Watter mooi woorde aan en oor jou ouers.

Veels geluk aan hulle!

RITA EN ANDRE said...

Wat 'n voorreg om dit te beleef. Ons Mulder'tjies wil net vir julle twee baie, baie geluk se met julle herdenking. Dankie vir die wonderlike voorbeeld wat julle vir ons is, dankie dat ons kan weet sonder die Heilige Gees en God se liefde sou dit nooit moontlik gewees het nie. Geniet elke oomblik van die dag. Kan nie wag om alles te onthou nie. Meisieking en Jay dit is pragtig hoor. Liefde

Anonymous said...

Baie geluk Adri en Ocki!! Julle huwelik is 'n bewys dat mens na 30 jaar nog nét so gelukkig saam kan wees!! Geniet julle baie spesiale dag daar by die kinders! En Adri ek sien uit na 'n lekker kuiertjie as julle terug is om van alles te hoor né!

Dis 'n pragtige inskrywing Mariette!!

Thea

xx

Sandmensie said...

Hello Sandvlooitjies,

Ek is nuuskierig om te weet hoe julle die fotos so 3 saam op een kry. Dit lyk baie mooi.
Vertel my ook seblief hoe om dit te doen.
Groete

Mariette. said...

Dankie Mariki.

Lekker gechat Rita en Andre. -

Sal verseker reel vir 'n lekker kuier Thea. Sal jou laat weet wanneer ons tuis is.

groete
Adri

Mariette. said...

Hi sandmensie.

Dankie vi die mooi kompliment.- Ons gebruik maar 'n digitale scrapbook program wat ek op die internet gekoop het.

Hou ook baie van julle blog se nuwe voorkoms.

leker week

GERRIE said...

GELUKKIGE HERDENKING, HOOP DIT WAS N GREAT DAG. DANKIE VIR DIE VOORBEELD WAT MA EN PA VIR ONS KINDERS STEL DEUR DIE JARE. DAT ONS OOK OP ONS HUWELIKKE DAAROP KAN VOOR BOU.GENIET DIE KUIER EN ONTHOU ONS IS BAIE LIEF VIR JUL, EN WAARDEER JUL BAIE.
LIEFDE

GERHARD.

Mariette. said...

Dankie seun. Ons is bly ons kan 'n voorbeeld vir julle wees, en dankie dat julle sulke voorbeeldige kinders is.
liefde.
Ma

Sieg, die skoonseun wat meer hare verloor het as wat hy wou die jaar:- said...

Baie Geluk Pa en Ma, julle is die beste skoon ouers wat ek kon kry, en mag julle tyd saam vorentoe Goed, Mooi Lekker en Geseend wees!!
Liefde-Sieg.