Tuesday, June 2, 2009

Window Shop in Dubai

Ons gaan wys ons mensies bietjie die voorstede en van die plekkies in Dubai -
Ons eerste stop is by Atlantis.
Ons het nie gaan swem nie, sal dit los vir 'n volgende geleentheid.
Ons besluit wel, dat ons met die nuwe Atlantis Metro gaan ry.

Terwyl ons wag by die kaartjie kantoor, kyk ons bietjie by 'n venster hoe die mense wat wel kans sien vir die son hulself gate uit geniet in die water. In die verte is die rides vir die meer brawes onder ons. Dit lyk heerlik en ons sal ook beslis 'n plan maak vir die lekkerte.


Uiteindelik kan ons die kaartjies koop, - jy koop dit sommer self en gebruik dan die kaartjie om deur die hekke te gaan.



Die Metro ry oor Palm Jumeirah. Dit is nogal baie mooi ,en mens kan vanuit die trein baie beter sien dat jy op die palm is, en hoe die villas daarop uitgele is. Dit is darm maar pragtig, en mens kan nie dink dat dit 'n mens-gemaakte eiland is nie. Die trein is nog mooi en nuut aan die binnekant en die gemak van die banke is heerlik.





Na die trein rit, moes ons so bietjie gewag het vir die bussie om ons te kom oplaai en 2km verder te gaan aflaai want die parkeerpark is 'n hele ent van daaraf. Terwyl ons wag vir die bussie, braai die son ons verder kierangkies. Gelukkig is ons goed gesmeer en gespyt met son beskerming.


Uiteindelik stop die bussie, maar ons moet maar ons trap ken om in te klim , want daar is 'n paar ander mense wat nog nooit van die woord maniere gehoor het nie, so ons moet ook maar van ons maniere vergeet en druk en stamp om 'n plekkie te kry. Dit is seker maar "son" koors wat maak dat mens van jou maniere vergeet, nie-te-min het ons dit nog steeds geniet.


Heerlik sit ons in die bussie wat tog te lekker koel is. Ons ry toe die bussie volgelaai is na ons motortjie toe, en van daaraf besluit ons om die souks te gaan besoek.


By die souk het ma nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Alles is mooi en die argitektuur van die souk self is prentjie mooi. Ons besluit toe om net met die oog te shop en dan op 'n later staduim weer terug te kom en 'n hele uitstappie daarvan te maak.


Buite die souk is daar 'n paar sit plekkies om die rustighied van die water en die pragtige tonele om die water in te neem.


Na die lekker rondloop by die souk besluit ons om ietsie by Fridays te gaan pik.

Die waiters is altyd vriendelik daar. En met hul oulike kleredrag maak dit die atmosfeer meer jolly!

Soos julle kan sien het Joel 'n soft toy of 2 op sy kruisbande gesit - heel cute.

Nadat ons ons gaatjies in die magies gevul het, is daar so 10 munite vir ontspan en ons sit vir oupa en ouma op 'n maseer stoel. Dit is hulle eerste keer op hierdie lekker stoele en oupa kan nie glo dat dit so lekker is nie. Hy soek net die mens wat agter die stoel wegkruip wat hom so lekker maseer.


En om die aand af te sluit, besluit ons om ons voetjies in die see te gaan natmaak en net die heerlike see briesie na die warm dag te gaan geniet.


En na 'n aangename dag en 'n heerlike afkoel is dit tyd dat ons die pad terug huistoe aanpak.

4 comments:

mariki said...

Ha-ha-ha...daai wat agter die stoele wegkruip om te maseer!

Julle bly darem op 'n verstommende plek, hoor.

Dankie, lekker geloer.

Sandra said...

'n Lekker besige dag ek kan sien. Geniet die kuiermense!

Mariette said...

Dankie vir die inloer julle 2. Ons kuier lekker. En gaan hierdie 2 van SA nog baie goed wys wat hulle nie ken nie.

Lekker week!

RITA said...

Hi hier ek alweer. Eindeindelik Atlantas sus, kan nie wag om alles te hoor nie. Dit lyk te lekker en die kort moue ai-ai. Julle julle toe gedoen wat ek julle in die see gevra het om vir my te doen. Geniet elke oomblik daarvan en dankie vir die ophoogte hou, ek reis lekker saam. Liefde