Thursday, June 18, 2009

Tyd Vlieg

Hoekom moet tyd altyd so gou verby gaan wanneer mens jouself geniet, en wanneer jy juis wil he dat dit net vir 'n wyle moet stil staan?

Met een van ons uitstappies Dubai toe het ons een aand nadat ons die Dubai mall deurgeloop het, by een van die uitgange op hierdie Souk afgekom. Dit is asemrowend mooi met die liggies en die water maak mens so rustig voel.


Die aand tempratuur was heerlik alhoewel mens op die foto hier onder kan sien dat daar redelik baie vog/humiditeit in die lug was. Deesdae wag die meeste van die mense maar vir die donker om toe te slaan want dan is dit darm meer leefbaar.Buite by die Souk is daar 'n water orrel soos ons dit ken. Ek kan nie onthou wanneer laas iets so moois ervaar het nie. Ek dink ek was nog 'n klein dogtertjie. Ene geval, dit was asemrowend pragtig. Ons was darm betyds om die laaste paar liedjies vir die aand te kon sien.






Mens kan jouself net bewonder in die kuns van so 'n projek, want dit is asof die water self die musiek sing, en met die arabiese musiek kan jy selfs in jou verbeelding een van daardie belly dancers sien dans en heupe rondgooi, want dit lyk kompleet asof die water met hul heupe dans en rondswaai.

Hierdie hele toneel van die souk, water en musiek speel af aan die voet van die Burj Dubai, en ek dink wanneer hy heeltemal klaar gebou gaan wees en al sy liggies ook brand, gaan dit sprokies mooi lyk. Soos ons verstaan is die beplanning sover nog om die Burj Dubai op die 09-09-2009 oop te maak.

Ons sal dan weer gaan kyk hoe hierdie toneel homself afspeel....






...Dit was 'n heerlike aand - dit is net baie jammer dat dit so gou verby gegaan het. Veral omdat ons onsself geniet het...

7 comments:

mariki said...

ONGELOOFLIK mooi!! Dankie dat jy nog die tyd geneem het om te deel.

Ek is seker julle het baie moeilik weggedraai daar, Vlooitjie!

Ani said...

Verskriklik mooi!!! Is dit nie wonderlik hoeveel nuwe dinge mens in 'n ander land ervaar nie. Dan besef mens hoe wonderlik bevoorreg ons is om dit te kan doen.

Mariette said...

Mariki- dit is mos maar nooit lekker om huis toe te gaan as mens iets geniet nie maar gelukkig is dit nie te ver van ons nie, so ons gaan beslis meer daar 'n draai maak.

Ja dit is 'n voorreg om dinge te kan ervaar en beleef wat ons mense in SA al van vergeet het,Dit is baie hartseer, want die kleintjies word nie aan die lekker van kind wees bloot gestel soos ons kindertjies in die buite land nie, en dit is hartseer.

MA EN PA OKKIE said...

MENSE JA DIT WAS N VOORREG OM DIT KON BELEEF. ONGELOOFLIK MOOI. ONS HET N WONDERLIKE TYD BELEEF MET ONS LIEFLIKE KINDERS EN HET ONS OM TRENT BEDERF. NOGMAALS DANKIE MY LIEWE KINDERS SAL DIT VIR JARE WAT KOM NOOIT VERGEET NIE.GLO GLAD NIE DIT WAS DIE LAASTE DAARVAN NIE. WATTER ONGELOOFLIKE VOORREG OM DIT KON BELEEF. SAL DIT OOR EN OOR KYK AS ONS VERLANG. LIEFDE

Muriel said...

Wow Mariette dankie vir die deel. Dit is asemrowend mooi!! Magic!

Mariette. said...

Dankie Muriel. bly julle het dit geniet.

RITA said...

Hi dit is pragtig. Sal 'n hele dag moet afvat om by jou ma uit te kom om alles in te drink wat sy my gaan vertel. Het so paar fotos op computer gesien, en kan nie wag om alles te hoor en te sien nie. Julle is verskriklik bevoorreg. Liefde