Wednesday, June 10, 2009

Die Aand van die Herdenking.

Die spesiale dag moet natuurlik gevier word, maar nie op 'n aledaagse manier nie.

Eers wou ons hulle op 'n Dhow(boot) laat vaar het, wat 'n ete insluit. Maar moederlief is nie baie mal oor seekos nie, en met die hitte en humiditeit in die aande, was dit in elk geval 'n minder goeie idee vir die tyd van die jaar.
Toe besluit ons dat die Tiara restaurant by die Marina Mall die regte plek is om die spesiale aand te vier.

Ons self was nog nie daar nie, so ons het nie regtig geweet wat hulle kan verwag nie.


Die Tiara restaurant is 126m hoog met ander woorde 55 verdiepings (volgens die kelnerin) en hy draai ook in die rondte, dit neem 'n hele 1 uur en 20 minute om 'n omwenteling te voltooi.


Natuurlik was ons nie saam nie, so ek vertel uit die twee verliefdes se mond uit.

Dit was 'n rustige atmosfeer, magical en met die stad se liggies ver onder jou en die oopte van die see aan die ander kant, met 'n paar bote se liggies wat hier en daar rond dobber.

Die kos was heerlik en soos julle kan sien was die kok baie artistiek met die voorlegging van sy uitsonderlike disse en souse.

Daar word geskenkies uit geruil waarvan een natuurlik 'n ring is, 'n ware simbool van ewige liefde.

En toe word die aand afgesluit met 'n herinnering wat vir die volgende 30 jaar onthou sal word.....

...Die rekening...

Alles was die moeite werd, maar my mamsie se spoeg het skoon opgedroog toe sy sien dat hulle 'n volle 90 Dirham vir 'n slaai van 'n paar gekleurde blare en 3 cherry tamaties moes betaal.


Ja, dit is om die minste te se - belaglik!
En nerens op die menu staan daar hoeveel die slaai kos nie.
Behalwe vir die "skok",
was die aand onvegeetlik!

Nadat ons weer hulle gaan oplaai het, het ons so bietjie rondgeloop in die mall, en daarna die aand afgesluit met 'n lekker glasie druiwesap!


Hiep Hiep Hoera!
Mag daar nog vele meer wees.

6 comments:

mariki said...

Alte lekker beskryf, hierdie besondere aand!

En nou ja, jou mam het waarskynlik deur die jare genoeg gespaar om die koste van daai slaaitjie te verdien!

Mariette said...

Jy is reg Mariki- sy verdien dit beslis.

MA EN PA said...

DANKIE MY WONDERLIKE KINDERS DIT MAAK N MENS SE HART NET VINNIGER KLOP. MAAR ALMAL MOET DIT VANDAG WEET DIT IS WONDERLIKE KINDERS WAT DIE VADER AAN ONS GELEEN HET. BEDERF ONS GRUWELIK. DIT IS REGTIG N VOORREG EN GENADE OM SULKE LIEFLIKE KINDERS TE HE.JA JULLE ONS GENIET ELKE OOMBLIK VAN ONS KUIER EN SLURP ALLES IN WAT ONS KAN EN MOENNIE VERGEET ONS MOES ALREEDS N NUWE KOFFER KOOP VIR ONS ANDER SE GESKENKIES. JULLE DIT IS VREEEEEESLIK LEKKER BEDERF. DANKIE NOGMAALS MY SKATTE. LIEFDE JUL BAIE

RITA said...

Oe-la-la wat 'n bederf. Daai ring lyk pragtig hoor, maar ek dink hy sal meer op my vinger pas, of anders sal ek nog 24jaar wag om myne te kry om op ons 30 huwiliksherdenking te vier.Dit lyk of dit dit baie lekker was. Geneit dit hoor.

RITA said...

Oe-la-la wat 'n bederf. Daai ring lyk pragtig hoor, maar ek dink hy sal meer op my vinger pas, of anders sal ek nog 24jaar wag om myne te kry om op ons 30 huwiliksherdenking te vier.Dit lyk of dit dit baie lekker was. Geneit dit hoor.

Ani said...

Pragtige ring en wonderlike aand. Wat meer kan mens vra?

Hoop dis 'n wonderlike kuier!!