Tuesday, July 29, 2008

Palm Jumeirah in Dubai

Die eerste 3 fotos is verkry by Wikipedia op die internet, dit is net om die Palm Island in Dubai beter te kan verduidelik. Aangesien ons dit nie van bo af kan afneem nie.


Die Palm Island is n kunsmatige eiland in die vorm van n palm boom.
Gebou op 'reclaimed land'


Dit word glo bestempel as die '8ste wonder van die wereld'.



Die boonste Pic is 'Atlantis The Palm'. Dit is 'n 'resort' gelee op die palm island. Hierdie is een van Sol Kerzner se babas. Wanneer dit klaar is behoort dit om en by 'n $1.5 biljoen te kos.

Ons kon die buitelyne sien toe ons daar verby was. Die masiewe gebou staan so diep in die see dit lyk of dit daar dryf en vas ge-anker is.
Dit gaan 'n baie indrukwekkende plek wees soos al sy ontwikkelings maar is.



Daar is glo oor 'n 2000 kamers, dit kry n water speelpark en dan die konversieele 'Dolphin Bay'.
Hul het alreeds 28 bottlenose dolfyne invoer vir 'n akwaruim.


Daar was mense wat daarteen was, maar met so baie geld ter sprake wat kan mens se.


Gaan kyk bietjie op die volgende blog - tussen-die-duine.blogspot.com het een van ons nuwe vriende die voorreg gehad om hierdie indrukwekkende plek self te gaan besoek voordat hulle in September amptelik oop maak!




Die is ons GPS in die 'kar' sodat ons die paaie in Dubai kan plat ry. Hier kan jul sien ons was wel op die '8ste wonder van die wereld'.

Vir die wat nie weet nie, daai blokkie in die middel is ons 'karretjie'


Die foto het ons geneem daar waar ons op die GPS was. Dit lyk na hotelle, daar is heelwat van hulle. En daar is wel lewe op die deel van eiland.
Daar is baie celebs wat op hierdie eiland villas het. Het nog nie in iemand bekends vas geloop nie, maar weet wanneer dit gebeur sal ons die kamera gereed he vir 'n kiekkie.
Met die terug ry huis toe, kan jul mooi sien wat se gebouery is dit hier in Dubai.


Hul probeer seker hemel op aarde maak. Maar gelukkig weet ons dat daar vir ons n plek voorberei word in die hemel. n Plek so mooi ,geen mens kan homself indink hoe dit gaan wees nie!


Shalom

Monday, July 28, 2008

Toets bestuur die nuweling na die stad

Ons het nuwe ry ding gekry.
Het dit toe vir n toets bestuur na die stad toe gevat.

By die Abu Dhabi mall gestop vir n eet dingetjie.

Hier bo kan jul ons 'Black Label' sien,- sorry bier drinkers ,...dit is n winkel wat tasse verkoop.

Dit is n 'regular order' as ons daar kom, soet en suur by die chinese take a way plek, jul kan sien wie se gunsteling dit is. Dan moet ook nie die sout wat so wild gegooi word mis nie.


En dan vir die wat lus is vir n lekker gesonde drankie, is daar 'Bocadillo'. n Eet plek met iets anders as die ander. Die drankie hier bo is genoem die 'layered cocktail', dit bestaan uit n laag piesang, strawberry,avocado,kiwi,papaya,mango en peach . Dit is net Jay wat nou so iets op die proef sal stel en uit probeer , en dit met soveel smaak drink, dat jou mond skoon water daarvoor, totdat jy 'n happie / slukkie vat en jy proe dit nou nie jou smaak is nie.
Met die uitbeweeg loop ons by 'iemand' se gunsteling winkel verby en, daar is n up to 50% sale aan maar soos gewoonlik as jy iets vat wat jy die meeste van hou ,- moet daar mos altyd 'n 'iets' in die drink water wees,... soos die 'price tag' en die rekenaar stem nie ooreen nie, so wat is die 'use' van die sale dan? ...



Die is die nuweling by die family. Die eerste van sy soort en dan is dit sommer n v6. Dit is nogal 'n groot 'skip'.

...n mooi dag met 'n ,'nice' uitsig en n dankbare hart...




Saturday, July 26, 2008

VERJAARSDAG WENS AAN PA





Best Dad



Happy birthday to the best dad I know,


A father I love and respect,


A dad who fulfills all his duties


To teach, to guide, to protect and love.



If everyone had such a father,


A really good dad like mine,


The world would be so much better,


It would look like God’s own design.




Happy birthday dad.




By Joanna Fuchs



Hoop pa het n lekker dag,

en mag die jare wat voor le net nog beter en word. Ons bede vir pa is ook,-
dat pa se beker mag oorloop van ,
gesondheid, liefde en voorspoed op elke gebied van pa se lewe.

LIEF VIR PA BAIE!


Van ons 4

Thursday, July 24, 2008

DOLFYN SHOW!


Kan julle glo?
Uiteindelik kom ons by die dolfyne in Dubai uit! Ons het vir 'n maand gesukkel om kaartjies te kry, want mens bespreek dit op die internet, en elke keer wanneer ons 'n datum in gesit het, was dit uitverkoop. Want sien op maandae en vrydae is dit baie goedkoper as deur die res van die week! En raai wat?...Daar is ons ou Jata'tjie so siek dat hy die hele show amper in die badkamer deur bring, so met ander woorde die fotos wat julle nou sien is deur ons 2 geneem, so ons gaan beslis weer terug gaan sodat ons mooier fotos vir julle kan neem.

Nou ja, ek weet nie hoekom kinders van hierdie ouderdom bang is vir hierdie tipe van ding nie, maar ons ou seunie wou gaan kyk, maar toe hy naby die seeleeu kom toe klou hy aan sy dadda vas, soos kougom aan 'n wolkombers. Na die show klaar was kon hy jou alles van die seeleeu vertel en hoe hy en sy dad's by hom gestaan het, en van sy laaaang snor hale(hare). En dat hy weer wil gaan, maar toe die geleentheid daar was wou die kalant niks weet nie.

Hoe mooi spring hulle. - Ongelooflik! Hulle doen nogal baie toertjies, en hulle is so gehoorsaam, ons sal beslis weer gaan om vir julle meer te wys want dit is asemrowend!
Dit is wragtig nie net die kindertjies wat van hierdie tipe ding hou nie,die mammas en pappas is net so vas gevang in die wonder van die slim dolfyne, wat deur ons Skepper gemaak is. Mens staan nogals verstom om te dink dis eintlik net 'n vis wat in die see hoort wat so slim is, dan wonder mens, - kan haaie ook so slim wees as mens hulle iets leer??
Hierdie lyk vir my soos 'n rob maar hulle praat van 'n seeleeu, hy het al omgeloop om die mense te groet. Die sekuriteits personeel het nogal hulle hande vol gehad dat die kindertjies nie aan hom moet vat nie, maar hy is so oulik, mens wil graag net bietjie liefies gee....
Ag en kan julle glo , hy sing tot,- en met soveel oorgawe! Sy 'boetie' die grote hier onder dans ook, dit is nogal indrukwekkend, en wanneer hy saam met sy 'trainer' dans dan lyk dit asof hy haar net wil soen.
Dan is dit groet tyd vir die seeleeus maar een van die dolfyne moet ook tog net op sy eie 'n laaste se inkry.
Wanneer mens na hierdie ongelooflikheid kyk dan besef mens net opnuut hoe groot ons Skepper is, toe Hy die visse geskape het, het Hy hulle met perfekt'heid geskape en vir hulle die vermoe gegee, om selfs Sy grootheid te vertoon.



DANKIE VADER VIR U GROOTHEID, U IS ALMAGTIG EN WONDERBAAR!!



Wednesday, July 23, 2008

Berge in Al Ain

Uit eindelik, sien ons regte woestyn! Nog 'n dag van 'spookasem' weer, maar niks weerhou ons om te gaan verken nie.
Ons eerste stop is in Jebel Hafeet Mountain. Dit is die 'hot springs' van Green Mubazzarah. Die mense van hierdie omgewing glo dat dit geneesende water is , wanneer jy jou voete daarin sit, alhoewel daar sowaar toeriste is, wat in daardie kookende warm water met hul hele lywe in baljaar.

Tussen hierdie rots gesteentes, is daar moeite gedoen om die vaal kleur te kamo'fleer'...


Die 'hotspring' water wat van die berg deur 'n kanaal af gevoer word,na die groot fontein. Hier onder is ons ou liefie ding, wat probeer om sy voetjies in die water te druk, maar dit was so warm dat hy sommer die heuweltjie op gehardloop het.

Heel verontwaardig omdat sy voetjies in die water gebrand het.

Hier is ons eerste ontmoeting- met soos hulle dit noem 'Ships of the sand'. Vroeer jare het dit hulle 5 dae lank gevat op n kameel, van Al-ain tot in Abu-Dhabi. Ons het nog nie 'n regte kameel gesien nie, maar glo ons gaan nog baie van hulle tesiene kry.


Jata!! hoe ry mens die ding? ' Ek wil op klim'!!



Met die lang pad huis toe ( 1 en halwe uur) sien ons weer vir ou laas die rooi woestyn. Die UAE bestaan uit 7 emirate elke emiraat het n unike kleur sant, ons het by die huis wit sant. Dit is iets wat mooier lyk as jy dit sien met jou eie oe, as op n foto.

Met die son wat laag le, wonder mens waar kom die hitte vandaan. Die son lyk dof en flou,
maar steek jou kop by die kar se venster uit om n foto te neem, kom jy gou agter hoe dit lyk is nie noodwendig hoe dit voel nie.
So 'looks can be deceiving' soos meeste dinge in die lewe.
Ons groet jul met die volgende vers:....
Luk 6:37-En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie....
SHALOM!

Sunday, July 20, 2008

Robo Coaster

Met 'n uitstappie na 'n mall het ons so bietjie gaan stil staan by die robo coaster.

Man, dit was 'n gegil en geskree deur en bo-oor al die ander geraas en geluide wat daar was. Ons kon nie anders as om te gaan kyk wat daar aangaan nie. Ons het 'n ruk lank daar gestaan en die bedryf dop gehou, maar nie een van ons was braaf genoeg om die ding aan te pak nie. Sieg se hy wil sien wat met hom gebeur en op daardie dag het hy sy bril aan gehad en nie die kontak's nie.

Dit is 'n robort arm, wat jou op en af ,onderste bo heen en weer en sommer enige rigting en manier gooi. Daar kan 2 mense langs mekaar sit, so jy't darm 'n hand om vas te hou as jy moet, of self daaraan kan dink, want ek dink wanneer die ding begin weet jy nie moet jy skree "STOP" nie! Of dalk wonder jy seker - wanneer is hierdie tyd van die ding nou verby en oor, en dan o, aarde waarin het ek myself begewe!!!
Dit is werklik verstommend om te sien wat en waaraan die mensdom als kan dink vir 'ontspanning', nie dat dit ons idee daarvan is nie. Maar was interessant om na te kyk!


Sal wanneer ons weer daar 'n draai maak, dit op video sit en dit vir julle dan so wys.

Saturday, July 19, 2008

USKUDAR





Met 'n vinnige terug flits na ons tyd in Turkye...





Hierdie boetie en sussie moes ons net afneem. Lyk hulle nie te pragtig nie? Hulle is so mooi aangetrek en lyk tog so onskuldig. Hulle eet vis broodjies, wat mens sommer so langs die hawe, terwyl jy wag vir jou volgende boot koop.Dit is wat Sieg in sy hand vas hou. Hulle vang die vis sommer net daar in die hawe, en maak dit daar en dan gaar, so varsser sal jy dit nie sommer kry nie. Dit is heerlik en het nie eers baie sout nodig nie. Ons was net nie gaande oor die brood nie, maar dit is so deel van hulle kultuur.
Die dogtertjie lyk vir my so mooi in haar wit sykouse, nie iets wat ek sommer vir my dogtertjie sal laat aantrek as ek een gehad het nie, maar dit lyk mooi aan haar. Dit is in elkge val deel van die turke se kultuur die sykous ding. Ouma Corrie sou baie daarvan gehou het want sy was net so oor haar ou sykousies.Die pappa langs aan die kindertjies drink sy tee. Hulle noem daardie spesifieke tee,- Chai tee, en is hulle tog trots op die tee. Oral waar jy in Turkye kom word jy die tee aangebied. Dit word sommer op straat verkoop en op die stasies, en die mense smul tog te lekker daaraan. Ons was nie baie beindruk met dit nie, maar nou is ons ook nie tee drinkers nie. Gee ons eerder koffie.
USKUDAR is die deel van Turkye,
wat aan die Asie (Rusland)kant van Istanbul le.
Mens ry met 'n boot oor die marmara see na daardie kant toe. Wanneer mens daar kom, dan kry mens 'n baie sterk gevoel van rusland daar, die mense lyk amper soos russe en baie van die mans is so kort en fris wye arm mensies, en met die baie moskees wat die kerktoring punte en nie ronde hoepels het nie lyk dit baie russies.
Dit was baie lekker en baie mooi om vir 'n dag daar rond te loop en te spandeer. Maar van die hele dag, en as ek dink aan Uskudar, dan sien ek hierdie prentjie in my gedagte...

Friday, July 18, 2008

Die Nuwe Strand

Uiteindelik het daar 'n nuwe strand op die Corniche oopgemaak!

Dit is 'n baie mooi plek en mens kan sien dat hulle baie moeite gedoen het. Wat dit nou natuurlik 'n 'wow' maak teenoor die ander strand wat ons gewoonlik gebruik is die feit dat daar geriewe is, op die ou strand is daar nie. Dan is daar ook polisie, hulle sorg dat elke ou by sy af gesonderde strand kom. Daar is een vir vroue en kinders, dan een vir famielies dan is daar een vir enkel lopende mans en een vir enkel lopende vrouens. Van julle sal sekerlik nou dink dit klink sat, maar glo my dit is wonderlik, want van hierdie buurlande se x-pats, kan selfs 'n reguit man baie ongemaklik laat voel.

Hier geniet die 2 manne in my lewe die see. Ja ons het nogsteeds spookasem weer, maar hierdie foto is ook die aand 8uur geneem, want deur die dag waag jy dit nie in die water nie, die water tempratuur is so terloops tussen 32-36c, so ja soms is dit nie werklik 'n afkoel nie, maar die 'outing' daarvan is heerlik.

Hier wys die punt van ons hartjies vir ons, hoe moet daar gesurf word,- en sodra hy sy bord gaan kry, hy so gaan maak. Dis reg so ons seun, jy moet net vir jou 'n see met golwe kry, en dan word jy ons pro-surfer boy'tjie van Aus.
Die vlagpaal (BREAKWATER BOOM) wat julle in hierie foto sien, was die wereld se langste on- ondersteunende vlagpaal,- met die lengte van 123m. Totdat 'Jordan' in 2003 'n langer een van 126m op gesit het.
Die nuwe strand het ook die mooiste park met piekniek plek. Die sagste groen gras en die mooiste palm bome, alhoewel van hulle se blare nog vas gebind is totdat die wortels van die boom mooi gevat het.
Die foto is maar net deel van die Corniche en die stad in die agtergrond, met sy betowerende liggies.
Dan na die lekker lang swem word daar op die gras gespeel en gebaljaar tot altwee van hierdie mans se 'asem' uit is, en hulle mekaar op gespeel het.


Thursday, July 17, 2008

Kamera gereed Aksie!

Dit lyk of ons in 'n fliek scene van die jaar 3000 in ry, dis net 'n gebouery waar jy kyk. Die eerste paar keer wat ons die pad na Dubai toe aangepak het, moes ons in die middel van ons reis soontoe net paar kilos verder, omdraai as gevolg van 'n sandstorm. En dit is erger as mis, want jy kan nie die karre voor jou sien nie. Uiteindelik het ons 'n kans gekry en ons het dit aangegryp!


Dit was nog steeds deinserig en het gelyk soos een groot spookasem!

'n Mall bly nie meer net 'n mall aan die kant van die aardbol nie.Dit is iets wat jy van oud tot jonk se 'play ground' kan noem. Die foto hier onder is die hoof ingang van hierdie mall.
Hierdie gebou hier onder is die agterkant van hierdie mall. Dit is die gedeelte waar die 'snow world' is, en daar is so 'n groot verskeidenheid aktiwiteit vir oud en jonk. Dit sal vir julle lyk asof dit in die middel van die winter is, maar hier het ons wit somers, glo dit of nie...kyk die foto hier onder.
In die binnekant is dit 'n gedruis van geluide, van vreemde tale, tot grommende pensies. As jy jou maag wil stil maak is die besluit en keuse nogal groot. Waarvoor is jy lus? Iets veilig, iets wat jy ken of iets nuuts en dalk tradisioneel? Die verskeidenheid is daar!'In here it is always FRIDAY'


Wat kan nou lekkerder wees as om 'n 'westerlingse' vrydag elke dag te kan he? Vir die van julle wat nie weet nie vrydae is sondae hier en sondae is maandag, confusing maar mens raak dit gewoond.


Die kos was heerlik! En die diens net so anders.En die vibe was vars en iets anders.


Die uitsig van uit FRIDAYS is op die sneeu park. So jy kan lekker sit en jou kos geniet terwyl jy na die mense in die sneeu sien baljaar. Jy kan jouselfs verbeel dat jy in die Alpe is.
'n Jas en hoed word als saam gehuur, vir die buiten gewone koue van binne teenoor die buiten gewone hitte van buite. Dit is so naby aan die ware Jakob, dat mens skoon vergeet dit is maar net 'n namaaksel....

Met die tyd wat vir niemand stil staan nie, moet ons weer die lang pad huis toe aandurf. En net soos ons die movie scene ingekom het, het ons dit verlaat.
As julle lank genoeg na hierdie foto staar sal julle die bekende landmerk van Dubai sien,-dit word genoem die BURJ AL ARAB, ons foto was nie uit fokus nie, net onsigbaar, -en ons was minder as 'n kilometer van daar af.



Ons sal as die Here ons spaar nog baie te siene kry van hierdie swart goudstad, en nog baie met julle deel.