Thursday, July 17, 2008

Kamera gereed Aksie!

Dit lyk of ons in 'n fliek scene van die jaar 3000 in ry, dis net 'n gebouery waar jy kyk. Die eerste paar keer wat ons die pad na Dubai toe aangepak het, moes ons in die middel van ons reis soontoe net paar kilos verder, omdraai as gevolg van 'n sandstorm. En dit is erger as mis, want jy kan nie die karre voor jou sien nie. Uiteindelik het ons 'n kans gekry en ons het dit aangegryp!


Dit was nog steeds deinserig en het gelyk soos een groot spookasem!

'n Mall bly nie meer net 'n mall aan die kant van die aardbol nie.Dit is iets wat jy van oud tot jonk se 'play ground' kan noem. Die foto hier onder is die hoof ingang van hierdie mall.
Hierdie gebou hier onder is die agterkant van hierdie mall. Dit is die gedeelte waar die 'snow world' is, en daar is so 'n groot verskeidenheid aktiwiteit vir oud en jonk. Dit sal vir julle lyk asof dit in die middel van die winter is, maar hier het ons wit somers, glo dit of nie...kyk die foto hier onder.
In die binnekant is dit 'n gedruis van geluide, van vreemde tale, tot grommende pensies. As jy jou maag wil stil maak is die besluit en keuse nogal groot. Waarvoor is jy lus? Iets veilig, iets wat jy ken of iets nuuts en dalk tradisioneel? Die verskeidenheid is daar!'In here it is always FRIDAY'


Wat kan nou lekkerder wees as om 'n 'westerlingse' vrydag elke dag te kan he? Vir die van julle wat nie weet nie vrydae is sondae hier en sondae is maandag, confusing maar mens raak dit gewoond.


Die kos was heerlik! En die diens net so anders.En die vibe was vars en iets anders.


Die uitsig van uit FRIDAYS is op die sneeu park. So jy kan lekker sit en jou kos geniet terwyl jy na die mense in die sneeu sien baljaar. Jy kan jouselfs verbeel dat jy in die Alpe is.
'n Jas en hoed word als saam gehuur, vir die buiten gewone koue van binne teenoor die buiten gewone hitte van buite. Dit is so naby aan die ware Jakob, dat mens skoon vergeet dit is maar net 'n namaaksel....

Met die tyd wat vir niemand stil staan nie, moet ons weer die lang pad huis toe aandurf. En net soos ons die movie scene ingekom het, het ons dit verlaat.
As julle lank genoeg na hierdie foto staar sal julle die bekende landmerk van Dubai sien,-dit word genoem die BURJ AL ARAB, ons foto was nie uit fokus nie, net onsigbaar, -en ons was minder as 'n kilometer van daar af.



Ons sal as die Here ons spaar nog baie te siene kry van hierdie swart goudstad, en nog baie met julle deel.



1 comment:

Anonymous said...

nice muvie scene, geniet jul blog baie hou aan stuur.
groete