Met die lang pad huis toe ( 1 en halwe uur) sien ons weer vir ou laas die rooi woestyn. Die UAE bestaan uit 7 emirate elke emiraat het n unike kleur sant, ons het by die huis wit sant. Dit is iets wat mooier lyk as jy dit sien met jou eie oe, as op n foto.
maar steek jou kop by die kar se venster uit om n foto te neem, kom jy gou agter hoe dit lyk is nie noodwendig hoe dit voel nie.
So 'looks can be deceiving' soos meeste dinge in die lewe.
Ons groet jul met die volgende vers:....
Luk 6:37-En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie....
SHALOM!
3 comments:
Interessante inskrywing!! Dis vir my steeds baie eienaardig hierdie snaakse deinserige lug of spookasem soos julle dit noem en dan's dit warm!! Ons is net absoluut nie so iets gewoond hier by ons nie en ek dink nie mens sal dit verstaan voor jy dit nie self ervaar het nie.
Ek's baie lief vir Al Ain se rooikleur duine en die plattelandse gevoel. Anders as die gejaag van Dubai en Abu Dhabi. Dis tyd dat CHristiaan nou op sy eie kameel ry. Kom ons maak 'n plan.
Ai Thea,ja ons raak dit nog gewoond want jou brein se vir jou dit lyk lekker koel buite maar waag dit net on mou kop by die deur uit te sit dan klop die gevoel en jou brein seine nie, maar ons kom daar....
Sandra,- ja ons hou ook baie van Al Ain se rooi kleur. Ons wil nog die dieretuin daar gaan besoek maar ons sal maar wag vir die winter. -en dis reg ons kan maar 'n date maak dan gaan drink ons ook sommer 'n lekker tee.
Post a Comment