Saturday, July 19, 2008

USKUDAR





Met 'n vinnige terug flits na ons tyd in Turkye...





Hierdie boetie en sussie moes ons net afneem. Lyk hulle nie te pragtig nie? Hulle is so mooi aangetrek en lyk tog so onskuldig. Hulle eet vis broodjies, wat mens sommer so langs die hawe, terwyl jy wag vir jou volgende boot koop.Dit is wat Sieg in sy hand vas hou. Hulle vang die vis sommer net daar in die hawe, en maak dit daar en dan gaar, so varsser sal jy dit nie sommer kry nie. Dit is heerlik en het nie eers baie sout nodig nie. Ons was net nie gaande oor die brood nie, maar dit is so deel van hulle kultuur.
Die dogtertjie lyk vir my so mooi in haar wit sykouse, nie iets wat ek sommer vir my dogtertjie sal laat aantrek as ek een gehad het nie, maar dit lyk mooi aan haar. Dit is in elkge val deel van die turke se kultuur die sykous ding. Ouma Corrie sou baie daarvan gehou het want sy was net so oor haar ou sykousies.Die pappa langs aan die kindertjies drink sy tee. Hulle noem daardie spesifieke tee,- Chai tee, en is hulle tog trots op die tee. Oral waar jy in Turkye kom word jy die tee aangebied. Dit word sommer op straat verkoop en op die stasies, en die mense smul tog te lekker daaraan. Ons was nie baie beindruk met dit nie, maar nou is ons ook nie tee drinkers nie. Gee ons eerder koffie.
USKUDAR is die deel van Turkye,
wat aan die Asie (Rusland)kant van Istanbul le.
Mens ry met 'n boot oor die marmara see na daardie kant toe. Wanneer mens daar kom, dan kry mens 'n baie sterk gevoel van rusland daar, die mense lyk amper soos russe en baie van die mans is so kort en fris wye arm mensies, en met die baie moskees wat die kerktoring punte en nie ronde hoepels het nie lyk dit baie russies.
Dit was baie lekker en baie mooi om vir 'n dag daar rond te loop en te spandeer. Maar van die hele dag, en as ek dink aan Uskudar, dan sien ek hierdie prentjie in my gedagte...

2 comments:

Anonymous said...

Dit lyk en klink asof julle 'n baie besonderse tyd gehad het daar!

Vis broodjie? .... ek dog dit sal ten minste turkish delight wees.

Anonymous said...

Sandra,- Dit was 'n baie lekker tyd, en ons het dit baie geniet, gelukkig was ons in die somer daar. maar die hotel kamer het so bietjie klien vir ons 3 geraak...
turkish delight was daar ook....
wou julle net nie te lus maak nie