Monday, July 28, 2008

Toets bestuur die nuweling na die stad

Ons het nuwe ry ding gekry.
Het dit toe vir n toets bestuur na die stad toe gevat.

By die Abu Dhabi mall gestop vir n eet dingetjie.

Hier bo kan jul ons 'Black Label' sien,- sorry bier drinkers ,...dit is n winkel wat tasse verkoop.

Dit is n 'regular order' as ons daar kom, soet en suur by die chinese take a way plek, jul kan sien wie se gunsteling dit is. Dan moet ook nie die sout wat so wild gegooi word mis nie.


En dan vir die wat lus is vir n lekker gesonde drankie, is daar 'Bocadillo'. n Eet plek met iets anders as die ander. Die drankie hier bo is genoem die 'layered cocktail', dit bestaan uit n laag piesang, strawberry,avocado,kiwi,papaya,mango en peach . Dit is net Jay wat nou so iets op die proef sal stel en uit probeer , en dit met soveel smaak drink, dat jou mond skoon water daarvoor, totdat jy 'n happie / slukkie vat en jy proe dit nou nie jou smaak is nie.
Met die uitbeweeg loop ons by 'iemand' se gunsteling winkel verby en, daar is n up to 50% sale aan maar soos gewoonlik as jy iets vat wat jy die meeste van hou ,- moet daar mos altyd 'n 'iets' in die drink water wees,... soos die 'price tag' en die rekenaar stem nie ooreen nie, so wat is die 'use' van die sale dan? ...



Die is die nuweling by die family. Die eerste van sy soort en dan is dit sommer n v6. Dit is nogal 'n groot 'skip'.

...n mooi dag met 'n ,'nice' uitsig en n dankbare hart...




2 comments:

Anonymous said...

Geluk met die nuwe Gallopertjie hoop julle gaan nog baie vreugdevolle km in hom/haar he!

Jaco nou moet jy nog Lebanese Flower se poustert gaan drink hy lyk net so net met neute en roomys ook in!!

Anonymous said...

Dankie Sandra! hy ry lekker -dis net 'n gesukkel met parkeering, veral in die stad, want jy weet mos die mense hier kan 'mooi reguit stop op een parkering'....maar ek hoef jou niks van dit te vertel nie jy het al die T-hemp daarvoor gekry.