Sunday, July 20, 2008

Robo Coaster

Met 'n uitstappie na 'n mall het ons so bietjie gaan stil staan by die robo coaster.

Man, dit was 'n gegil en geskree deur en bo-oor al die ander geraas en geluide wat daar was. Ons kon nie anders as om te gaan kyk wat daar aangaan nie. Ons het 'n ruk lank daar gestaan en die bedryf dop gehou, maar nie een van ons was braaf genoeg om die ding aan te pak nie. Sieg se hy wil sien wat met hom gebeur en op daardie dag het hy sy bril aan gehad en nie die kontak's nie.

Dit is 'n robort arm, wat jou op en af ,onderste bo heen en weer en sommer enige rigting en manier gooi. Daar kan 2 mense langs mekaar sit, so jy't darm 'n hand om vas te hou as jy moet, of self daaraan kan dink, want ek dink wanneer die ding begin weet jy nie moet jy skree "STOP" nie! Of dalk wonder jy seker - wanneer is hierdie tyd van die ding nou verby en oor, en dan o, aarde waarin het ek myself begewe!!!
Dit is werklik verstommend om te sien wat en waaraan die mensdom als kan dink vir 'ontspanning', nie dat dit ons idee daarvan is nie. Maar was interessant om na te kyk!


Sal wanneer ons weer daar 'n draai maak, dit op video sit en dit vir julle dan so wys.

6 comments:

Anonymous said...

Ek wil ten minste een van julle op daai masjien sien met die video ok?!

Anonymous said...

wha-ha-ha-sandra
ons sal maar laat sieg sy kontaklense in sit en dan hom baie moed in prtaat - ons sal jou spesiaal uitnooi om saam te gaan vir daardie een, wat dink jy?

Anonymous said...

Ek gee nie om om saam te gaan nie, maar saamry? .... Nee wie moet dan die video neem?

Anonymous said...

o, nee Sandra!
Ons sal dit beslis nie aan jou doen nie. jy kan maar net die oomblik saam kom geniet, en video neem....

Muriel said...

Ek sal dit geniet dit lyk lekker!!

Ek het nou so lekker hier op jou blog gekuier Mariette, plaas dat ek al vanoggend hier kom draai het!!

Anonymous said...

welkom by ons kuierplek Muriel.
Ons probeer maar nog die ding doen, nog nie pro's soos julle klomp nie.
maar is lekker as iemand darm saam kuier, kom kuier maar gereeld.
groete