Friday, July 18, 2008

Die Nuwe Strand

Uiteindelik het daar 'n nuwe strand op die Corniche oopgemaak!

Dit is 'n baie mooi plek en mens kan sien dat hulle baie moeite gedoen het. Wat dit nou natuurlik 'n 'wow' maak teenoor die ander strand wat ons gewoonlik gebruik is die feit dat daar geriewe is, op die ou strand is daar nie. Dan is daar ook polisie, hulle sorg dat elke ou by sy af gesonderde strand kom. Daar is een vir vroue en kinders, dan een vir famielies dan is daar een vir enkel lopende mans en een vir enkel lopende vrouens. Van julle sal sekerlik nou dink dit klink sat, maar glo my dit is wonderlik, want van hierdie buurlande se x-pats, kan selfs 'n reguit man baie ongemaklik laat voel.

Hier geniet die 2 manne in my lewe die see. Ja ons het nogsteeds spookasem weer, maar hierdie foto is ook die aand 8uur geneem, want deur die dag waag jy dit nie in die water nie, die water tempratuur is so terloops tussen 32-36c, so ja soms is dit nie werklik 'n afkoel nie, maar die 'outing' daarvan is heerlik.

Hier wys die punt van ons hartjies vir ons, hoe moet daar gesurf word,- en sodra hy sy bord gaan kry, hy so gaan maak. Dis reg so ons seun, jy moet net vir jou 'n see met golwe kry, en dan word jy ons pro-surfer boy'tjie van Aus.
Die vlagpaal (BREAKWATER BOOM) wat julle in hierie foto sien, was die wereld se langste on- ondersteunende vlagpaal,- met die lengte van 123m. Totdat 'Jordan' in 2003 'n langer een van 126m op gesit het.
Die nuwe strand het ook die mooiste park met piekniek plek. Die sagste groen gras en die mooiste palm bome, alhoewel van hulle se blare nog vas gebind is totdat die wortels van die boom mooi gevat het.
Die foto is maar net deel van die Corniche en die stad in die agtergrond, met sy betowerende liggies.
Dan na die lekker lang swem word daar op die gras gespeel en gebaljaar tot altwee van hierdie mans se 'asem' uit is, en hulle mekaar op gespeel het.


6 comments:

Anonymous said...

dit is mooi, ek sal ook daar gaan swem.
groete

Anonymous said...

Dit lyk heerlik!!

Lekker naweek vir julle!

Anonymous said...

Dankie Thea!
Nee Flattie wat het dan nou van jou geword?

Anonymous said...

En so se jy niks en ek moet julle uitsnuffel. Nou kan ek sien wat julle ouens aanvang.

Anonymous said...

He he he!!
Nee Sandra ons doen maar nie veel nie want ons het 'n 2jrge seunie, en glo my ons idee van pret is nie altyd syne nie.

wel nou kan ek vir jou se :-
Welkom by ons vlooi'e!

Anonymous said...

Kom ek vertel jou 'n geheim - ons idee van pret is ook nie altyd ons 21 en 23 jarige s'n nie :).