Thursday, July 24, 2008

DOLFYN SHOW!


Kan julle glo?
Uiteindelik kom ons by die dolfyne in Dubai uit! Ons het vir 'n maand gesukkel om kaartjies te kry, want mens bespreek dit op die internet, en elke keer wanneer ons 'n datum in gesit het, was dit uitverkoop. Want sien op maandae en vrydae is dit baie goedkoper as deur die res van die week! En raai wat?...Daar is ons ou Jata'tjie so siek dat hy die hele show amper in die badkamer deur bring, so met ander woorde die fotos wat julle nou sien is deur ons 2 geneem, so ons gaan beslis weer terug gaan sodat ons mooier fotos vir julle kan neem.

Nou ja, ek weet nie hoekom kinders van hierdie ouderdom bang is vir hierdie tipe van ding nie, maar ons ou seunie wou gaan kyk, maar toe hy naby die seeleeu kom toe klou hy aan sy dadda vas, soos kougom aan 'n wolkombers. Na die show klaar was kon hy jou alles van die seeleeu vertel en hoe hy en sy dad's by hom gestaan het, en van sy laaaang snor hale(hare). En dat hy weer wil gaan, maar toe die geleentheid daar was wou die kalant niks weet nie.

Hoe mooi spring hulle. - Ongelooflik! Hulle doen nogal baie toertjies, en hulle is so gehoorsaam, ons sal beslis weer gaan om vir julle meer te wys want dit is asemrowend!
Dit is wragtig nie net die kindertjies wat van hierdie tipe ding hou nie,die mammas en pappas is net so vas gevang in die wonder van die slim dolfyne, wat deur ons Skepper gemaak is. Mens staan nogals verstom om te dink dis eintlik net 'n vis wat in die see hoort wat so slim is, dan wonder mens, - kan haaie ook so slim wees as mens hulle iets leer??
Hierdie lyk vir my soos 'n rob maar hulle praat van 'n seeleeu, hy het al omgeloop om die mense te groet. Die sekuriteits personeel het nogal hulle hande vol gehad dat die kindertjies nie aan hom moet vat nie, maar hy is so oulik, mens wil graag net bietjie liefies gee....
Ag en kan julle glo , hy sing tot,- en met soveel oorgawe! Sy 'boetie' die grote hier onder dans ook, dit is nogal indrukwekkend, en wanneer hy saam met sy 'trainer' dans dan lyk dit asof hy haar net wil soen.
Dan is dit groet tyd vir die seeleeus maar een van die dolfyne moet ook tog net op sy eie 'n laaste se inkry.
Wanneer mens na hierdie ongelooflikheid kyk dan besef mens net opnuut hoe groot ons Skepper is, toe Hy die visse geskape het, het Hy hulle met perfekt'heid geskape en vir hulle die vermoe gegee, om selfs Sy grootheid te vertoon.



DANKIE VADER VIR U GROOTHEID, U IS ALMAGTIG EN WONDERBAAR!!



3 comments:

Thea said...

Baie mooi inskrywing!! Dankie Mariette!!

Anonymous said...

So bly julle kon eintlik kaartjies kry om dit ook te sien. Ek's sal maklik nog 'n keer gaan. Was lekker om julle ook daar raak te loop!

Muriel said...

Mariette ek het jou inskrywing baie geniet!!

Dankie