Thursday, November 6, 2008

Kokanja


Na ons kuiertjie by Kariba is ons sommer reguit na Oupa en Ouma Grootjie toe.


Hulle bly in Kokanja aftree oord.


Dit was nogal vet pret met 'n klein seuntjie tussen die klomp ou mensies. Gelukkig was daar


baie dinge waarmee ons en oupa die klein besige seuntjie kon besig hou.




Hulle het so dammetjie met baie voels en eende, so ons het 'n paar keer na die eendjies toe


gegaan om vir hulle brood te gaan gooi, seuna het dit vreeslik geniet want by ouma Adri is daar ook 'n klomp diere om kos voor te gee - so hy het baie groot gevoel om so 'n belangrike werkie te doen.




Oupa Bez en Ouma Rina het die mooiste ou tuintjie, en as mens ouma Rina se hartjie wil bly maak dan koop jy maar net vir haar 'n blommetjie of 'n mooi tuin beeldjie.


Oupa Bez speel jukskei, en wanneer hy nie daarmee besig is nie, dan help hy maar al die ander mensies in die oord, want hy en ouma is van die jonges onder die klomp, so hulle moet maar oral help waar hul benodig word, veral met die nuwe dinge wat 'n werking van tegnologie behels - want die klompie raak deurmekaar met die baie remotes en 'n selfoon kry ook baie van hulle onder.


So ouma Rina help maar oral met dit.


Hier is een van ons uitstappies wat ons net bietjie gaan stap het, en hierdie oupatjie moet maar sy stappies ken om by hierdie vinnige woelwater by te hou.



Ag shame, dan praat ons nie van die tarentale wat maar ook 'n drafstappie moes optel wanneer my ou enigste hul gewaar het nie.


En om boetie baie belangrik te laat voel, en om hom sommer net besig te hou, was dit sy takie om die blommetjies in die oggend en middag nat te maak .Eina mamma!! Die eerste keer wat my engel kind sy ou kniegie stukkend val. Hy kon die bloed ding nie hanteer nie, en het 'n goeie keel op gesit. Sy mamma se hart was ook baie seer, gelukkig was Jay daar en kon hy hom gou tot bedaring bring.



Dit was nou 'n lekker kuiertjie julle, en ons bid dat ons Vader ons almal spaar vir nog 'n hele paar sulke lekker kluiertjies.



Dankie oupa en ouma dit was heerlik gewees ,



en julle het ons baie bederf met die lekker kossies.



8 comments:

Anonymous said...

ja, ek mis hom baie en elke dag as ek so in die tuin werk dink ek aan hom, as hy die blomme van so n afstand af ruik en vir elkeen n blommetjie wil pluk wat in die hare gesteek moet word.

Muriel said...

Vlooitjie Oupa Bez en Ouma Rina het die mooiste tuintjie!

Ek hoop ook julle gaan nog baie sulke lekker kuiertjies hê
xx

Thea said...

Sjoe hulle tuin is pragtig! Lyk of boeta dit sommer baie geniet het om tuin nat te maak!

Dorette said...

Ag shame die arme knietjie! Ongelukkig is alle "eerstes" nie altyd lekker nie ne! Is bly julle het die kuiertjie geniet

Sandra said...

Ek's bly hy het die tuin so geniet want hier is daar nie altyd sulke geleenthede nie.

Daai eerste seer is erg ja! Hy's baie gelukkig om dit nou eers te kry. Hoop die mamma is reg vir nog klomp van daai!

Charmaine said...

Ai baie mooi herinneringe en fotos. Dis so voorreg as die agter kleinkinders die groot groot ouers kan leer ken. Dis 'n pragtige familieblog die Vlooi.

Anonymous said...

Jay! ja jong hy mis ouma se tuin met al die werkies wat hy daar gesien het as speel.

Muriel- Die 2 oues se dankie vir die kompliment. dit is hulle lewe die ou tuintjie

Thea- ja hy geniet die water ding meer dink ek - jyt mos gesien hoe lekker speel hy in ouma se tuin

Dorette- ja die ou eina is lank vergete maar oe hoe kan hulle aansit as hul tog net bietjie bloed sien.- mamma ook

Sandra- ja die eerste is erger as die wat volg want hy het hierdie week met die trek baie geval en hy lyk vreeslik maar dit is nou maar deel van groot word. Shame.
Sal jou en Charmaine uit nooi vir koffie sodra ons nou mooi in is en als op hul plekkie staan.

Charmaine - Dankie. Ja jul sien so baie van die Famielie omdat ons so lekker gekuier het en jul gaan in die vlgde paar weke nog van almal sien .

groetetjies vir julle

x x x

Anonymous said...

JA DIE LEWE GAAN SOOS N WARRELWIND VERBY EN BESEF NIE ELKEDAG DIE NATUURPRAG WAT ONS KAN GENIET NIE. DIT WAS HEERLIK EN BESEF MOET DIT MEER MALE DOEN MAAR AAI DIE NAWEKE SO KORT EN BESIG. OUMA EN OUPA MIS ONS SONSTRAALTJIE SO BAIE EN ONS HARTE SEER OMDAT ONS ALLES WAT SO GRYS IS VAN HOM,MAAR SO LANK HUL NET GELUKKIG IS DAN KAN DIT GAAN. GELUKKIG GENIET EK J.R SE TEENWOORDIGHEID EN SY HULP IN TUIN .HY IS N VOORSLAG.MY HARD GEE N PAAR SLAE AS EK DINK HY MOET JAN, TERUG GAAN EN SY LEWE HERVAT. MAAR INTUSSEN GENIET EK HOM OP.ONS DANK DIE SKEPPER VIR SY ONGELOOFLIKE SKEPPING.