Wednesday, November 12, 2008



Hi daar al die sanvlooi blog volgers, Dit is Jay hier, ja jy het reg gelees, Ek het so bietjie hier in my sussie se blog in ge'hack' Om vir haar iets te se aan-gesien ons so ver van hul af is. En ook om vir al haar nuwe blog vriende en Abu Dhabi vriende in kennis te stel.



Baie geluk met jou verjaarsdag sussie,

hoop jy het n wonderlike dag da in die land van sant en son.


Ek wens vir jou uit my hart net die beste en als wat mooi is. Dankie vir dit wat jy in my lewe beteken. Dit beteken on-eindig baie.

Weet jy sal sommer baie bederf word deur die 2 manne in jou lewe, maar weet ons dink die hele dag aan jou.

Iemand het die volgende vir my lank terug gese en het gedink ek wil dit met jou deel. So vat dit en maak dit joune.


Don't eva 4get this:

u are:

Loved

Chosen

Favoured

Appointed

Set apart

Blessed

By God To:

Prosper

Excel

Increase and

Succeed in life!

Ek kan nie wag om saam jou dit wat nog voorle te kan deel en beleef nie.

Geniet dit moet nie te veel verlang sien een van die dae.


Baie liefde Jay /Ma /Pa.

10 comments:

Muriel said...

Dankie dat jy in jou sussie se blog in "gehack" het Jay! hahaha

Baie geluk met jou verjaarsdag Mariette (vlooitjie) Ek hoop ook dat jy baie bederf word en mag die nuwe jaar vir jou net mooi dinge inhou!

Hiep hiep hoera

Geniet jou spesiale dag!!!!

Dorette said...

Baie geluk met jou verjaarsdag! Hoop dis 'n wonderlike, fantastiese jaar propvol elke Hemelse seening wat daar in Jesus vir ons beskore is!

Dorette said...

Baie geluk met jou verjaarsdag! Hoop dis 'n wonderlike, fantastiese jaar propvol elke Hemelse seening wat daar in Jesus vir ons beskore is!

Sandra said...

Baie geluk met jou verjaarsdag Mariette ~ nou het ons 'n goeie rede om te koek en tee. Ek hoop dat die dag en jaar vir jou propvol blessings sal wees.

(Jy en Charmaine is dieselfde week baba's)

Thea said...

Dankie Jay dat jy ons vertel het!!

Baie geluk met jou verjaarsdag Mariette!! Mag jy 'n wonderlike dag hê en 'n fantastiese nuwe lewensjaar!

xx

Anonymous said...

Dit is nou lekker om dit op te sien, ek het gewag vir dit. Dankie Jay dit is spesiaal. Aan my meisiekind jy is spesiaal. Wyanand sit langs my en se ook baie liefde en groete en lekker verjaar. Hoop jy is lekker bederf vandag. Liefde

Anonymous said...

NOU HOE KAN HAAR MA EN PAPS NALAAT OM TE SE DANKIE VADER VIR SO WONDERLIKE GESKENK VAN BO.SYS N LIEFLIKE DOGTER WAT ELKE MA BEGEER. BEDERF MY BAIE EN STRAAL VAN LIEFDE. NET SO DIERBARE MAMMA EN VROU VIR ONS ANDER 2 GELIEFDES.DANKIE MAMMA SE LIEFLING EN GLO VADER SAL JUL BEDERF DIE WONDERLIKE JAAR WAT VOORLE. RAAK OPGEWONDE OOR ONS KUIERTJIEGLO JYT N SUPPER DAG GEHAD MET JOU 2 MANNE
SIEG ONS DIERBARE SEUN DANKIE VIR ALLES WAT JY VIR ONS MEISIEKIND EN SONSTRAALTJIE BETEKEN.WAARDEUR DIT GEWELDIG BAIE. LIEFDE PAPS EN MA.

Charmaine said...

Baie geluk Mariette Mag dit 'n wonderlike jaar wees. Ons sal defnitief moet koek en tee om dit te vier.

Mariette. said...

Wow!!!! Ek het regtig niks om te se nie behalwe 'n baie groot dankie Boetie vir jou moeite!!!

Dankie aan almal se mooi wense ek voel sommer extra spesiaal.
Dankie dankie dankie!!

Baie geluk aan jou ook Charmaine ons gaan bietjie moet plan maak laat weet net wanneer julle tyd het.

en Dan as julle wonder wat van my geword het ons het getrek en ons het nie op die oombik internet nie so ons wag en ek kan net so eenkeer 'n week by 'n sein uitkom.
so Jay gaan maar so nou en dan vir my instaan.

Nogmaals dankie julle!!!

Jan and Miekie said...

Sien nou eers die nuus! Baie geluk met jou verjaarsdag, al is dit nou al laat. Ons hoop jy gaan 'n wonderlike geseede jaar he!