Wednesday, November 5, 2008

PREGGY FAIRY'S


Ek moes nou net oor die storie blog.

Hierdie was 'n baie vrugbare seisoen. Wanneer ek met iemand praat moet ek hoor.... "Dit gaan goed.... en ons is maar rustig doen nie veel nie" (jy kan hoor daar is iets aan die broei maar kan nie heeltemal jou vinger daarop le nie)

Dan kom die nuus....


Ons het nuus.. ons is swanger!!!!

Leandra is my ou sussietjie. Sy verwag haar 2de dogtertjie. Sy is al bietjie meer as halfpad. Sussie julle moet maar weer oefen volgende keer is dit dalk 'n boetie. Maar 'n sussie vir Kelby is net so spesiaal. Sy sal dit baie geniet! Geniet jou laste helfte!!

Dan is daar my boetie Ockie en Mellisa, hulle verwag ook hulle 2de babatjie- weet nog nie wat die Vader vir hulle gaan gee nie want dis nog bietjie te vroeg om te sien. Maar wie weet dalk is dit 'n regte klien rassie die keer. Dit wil vir my amper voorkom of dit in die 'Rasse' maand gaan val .....


Aag siestoeg dan my beste maatjie.
Hulle verwag hulle 4de babatjie. En hulle is ook nog te vroeg om te sien waarmee die Vader hulle gaan seen.
Hulle klien seuna is in die selfde maand en jaar as myne gebore en die 2 is ook vet pelle. Geniet jou dra tyd maatjie, dit is spesiaal!



Baie geluk julle!


Mag julle,- julle wag tyd baie geniet, dit gaan so gou verby en dit is 'n baie groot geskenk wat enige vrou van Ons Vader kan kry.

5 comments:

Anonymous said...

sandvlooi
jy het darm mooi mense in jou lewe.
Baie geluk aan julle drie.
Ons wil daardie nuwelinge sien wanneer hulle gebore word hoor.

Anonymous said...

O,ja dit is Antonette van Kanada. Ek is nog nuut met die ding.

Anonymous said...

Was dit 'n koue winter of is dit Eskom se skuld? :wink:

Muriel said...

Ek stem jy het pragtige mense in jou lewe!!!

Baie geluk van my ook!

Dorette said...

Sjoe! Sommer 3 spesiale babatjies in een jaar! En met so 'n spesiale tannie soos jy in hul lewe, kan ek net dink hoe hulle bederf gaan word. :-)

Baie geluk julle!