Sunday, November 30, 2008

Die groot trek!

Ons was so gelukkig om 'n nuwe blyplek in die nuwe geboude 'apartment villas' te kon kry nadat ons van vakansie af gekom het. Daar was 'n paar ouens wat uit die villas in die woestyn of soos die mans dit noem die 'moonbase' wou kom, maar nie almal kon gehelp word nie, ons was een van die gelukkiges wat wel gehelp kon word PRYS DIE HERE daarvoor.


Ek sal nog vertel hoekom ons so graag wou trek, nou deel ek graag die trek met julle. En soos baie ander dinge hier in die UAE is dit ook van die dinge wat hier anders gedoen word op 'n manier.

Ons kon nie iets soos 'n venter waantjie kry om die ding sommer self te doen nie want glo dit of nie, maar hier is nie sulke goed hier nie, hier is wel waantjies, maar dit is vir die bote en jetski's.

Na 'n vreeslike gesukkel om te bel en uit te vind hoe ons kan verhuis het ons toe sommer op nommer 99 vir die man wat altyd die 'sand' in ons kompleks kom natmaak het, gevra of hy van iemand of iets weet om hierdie taak te kan aanpak. Nou ja, ek wil sover gaan en se haleluja!! Die man weet toe van'n man met 'n trokkie wat ons toe kon help. Ons was so bly en verlig om uiteindelik iemand te kon kry wat ons kon help dat ons nie vrae vra nie, en net die man laat kom en oplaai. Soos jul kan sien is ons goed met genade op en my mat word nie eers op gerol nie, net in gevrommel en gedruk.

Terloops, twee bekende verhuisingmaatskappye het ons kwotasies gegee vir die omtrent 18 kilometer wat ons moes trek, die een vra 8ooo Dirham(R21600), en die ander klomp 55oo Dirham(R15800). Vir 250 Dirham(R675) wat Ahter ons gevra het, kon ons glad nie kla nie, ons het hom sommer meer geld gegee, wat hy geweier het, se God gaan kwaad wees vir hom as hy by ons steel.

Ons sien toe, met die gepakkery, dat ons nie waardevolle dinge saam met hom kan stuur nie, en besluit toe om dit maar op ons eie aan te pak.

Uiteindelik kom ons goed by die nuwe plek aan, en hulle laai dit af en dra dit op. Ek moet se die aflaai het baie gou gegaan want hier was baie los hande wat tog net te graag wou help vir 'n 10 Dirhampie.(R27)

Met genade is als in die nuwe plek en moet alles nou nog net hulle gaatjie in die huis kry. Ons besluit toe om eers net 'n plekkie te soek en net vir 'n rukkie te rus.

Toe beraam ons eers 'n plan om die res van die goed hier te kry. En na dat ons uit gerus het toe kom daar 'n lig vir ons op!!!


Ons het mos nie verniet die galoppertjie nie.... en net daar word hy ingespan vir die res van die werk wat oor is. En ons was baie tevrede met dit wat hy vir ons kon doen. Ons het alles in gekry en dit het veilig in een stuk sonder krapmerke in die nuwe plek aangekom.


Dit is hoe ons sons ondergange van nouaf hier gaan lyk. Ons bly op die 2de verdieping -dankie tog daarvoor want ek en hoogtes is beslis nie vriende nie, en vir 'n bonus het die Vader dit so bewerk dat ons eenheid voor elke venster 'n balkon het - so ons kan ons plante waaroor ons mal is daarop sit en nog steeds die mooi het om na te kyk!!




En dit is die ingang van ons nuwe plekkie. Ek moes natuurlik my stempel in die plek afdruk en hoe anders deur bietjie kleur in te bring . Dit was egter net die begin....

Die enigste nadeel van hierdie hele avontuur is dat ons nog steeds nie internet het nie, en weet ook nie hoe lank dit gaan neem om te kry nie. Hulle is nog beisig om die lyne in die gebou in te trek. Andersins bly ons heerlik en voel dit amper soos hemel....

Ek moet net byvoeg dit is bonatuurlike guns van ons Vader af, en Hy het ons harte gehoor en vir ons gegee wat ons voor gevra het....

6 comments:

Dorette said...

Baie geluk met jul nuwe plekkie! Is bly dat ons Pa so mooi vir julle sorg. Hoop julle het menige daggies vol vreugde daar!

Muriel said...

Hello Vlooitjie!

Jou nuwe plekkie lyk baie mooi! Hoop julle gaan baie lekker daar bly!

Ons mis jou!

x x

Thea said...

Hi daar! Ek's bly julle het die trek oorleef! :-)

Van nou af gaan dit net lekker wees! Ek weet sommer jy gaan die nuwe woonplekkie baie mooi inrig!

Ek hou duim vas dat julle ook spoedig weer op die "lug" sal wees!

Sandra said...

Sal moet kom koffie drink as ek eers terug is. Dit lyk na 'n baie mooi plek en ek hoop julle gaan sommer lekker bly!

Mariette. said...

Dankie Dorette en Muriel!Ons geniet dit al baie die rukkie wat ons hier is.

Thea- Ja ek sal by jou kom idees steel... ek gaan kyk of ek vir jou nog van daardie goete kry wat ek laas vir jou gebring het. hoor my ma se jou plekkie lyk so nice!

Sandra- laat weet net wanneer julle reg is dan sit ons die ketel aan.

Thea said...

Dankie, dit sal wonderlik wees as jy vir my nog kan kry!