Tuesday, December 2, 2008

Ons 2e "land" verjaar vandag



Die U.A.E. is vandag, 2 Desember 'n volle 37 jaar oud(jonk). Orals in Abu Dhabi is daar die pragtigste liggies opgesit, so naby Kerfees kry mens sommer die kersgevoel wat pragtige liggies in mens se gemoed aanwakker.

Die plaaslike mense is uiteraard baie trots op hulle land en wat hulle onder hulle leiers in die relatiewe kort tydperk bereik het, en oral het mense die fotos van die presidente op hulle motors laat plak, met die 37 jarige viering vandag.


Hier is die president van "U.A.E" en heerser van Abu Dhabi links op die foto, en die vise president en heerser van Dubai aan die regterkant. Die mense het regtig baie respek vir hulle leierskap!

Voor op die venster is nog 'n reuse plakker, en mens wonder hoe die mense kan sien en bestuur met die plakkers op die vensters, en op 'n goeie dag kan hierdie ouens regtig nie goed bestuur nie, en moet jy al jou "varkies" bymekaar hou om uit hulle pad te bly op die paaie, so ja, ons is in vir 'n week van baie meer versigtig wees en bestuur as gewoonlik!
Ek weet nie wat die offisiele ouderdom vir die "locals" is om bestuurders lisensies te kry nie, maar hulle is bloedjonk. Hierdie kerel was te gretig om sy Camry te kan afwys, ons het hom en sy kar by die Mcdonalds/petrolgarage gekry.

Kloksgewys, die eerste heerser(sheik) van Abu Dhabi, dan die huidige een, en dan sy seun. Hulle pronk op die sunroof! Mens kan beswaarlik glo watter moeite hulle doen om die plakkers op te plak en die dag te vier!

Trots met hartjies en sterre word die land se verjaarsdag gevier en vertoon!

Selfs vlaggies word oral ingedruk, laat mens dink aan 'n Amerikaanse presidents verkiesings. Agter die motor staan die eienaar en sy pel, met die petrolgarage Kiosk/Mcdonalds/Baskin Robbins roomyswinkel, waar al die locals en expats saamkom, en lekker kom burgers en roomys eet!
Wel, van ons kant af, baie geluk aan die U.A.E. met hulle 37 ste verjaarsdag!

4 comments:

Muriel said...

Baie geluk van my ook met julle 2de land se verjaarsdag!!

Dankie vir die deel, hierdie mense gaan groot!

Anonymous said...

hi ja kan net dink hoe hul uit hak. jy sal nie glo nie maar daar word vir my ontrent elke dag hoeter geblaas hie in SA, net omdat ek ry soos ek moet, versigtig.Dan laat dit my dink aan jul en die hoeters daar.Het jy van ROOMYS gepraat, nou water my mond....Nou kan jul ook eendag julle klien kinders vertel jul het da gebly toe die stad net 37jaar ou was. geniet dit en somer die weer ook.
Lief vir julle.

Mariette. said...

Dit was 'n plesier Muriel. sou nog soveel meer met jul wou deel maar baie van die goed kon ons nie afneem nie.

Ja jay een van die dae is jy terug dan kan jy jou eie roomys weer kom geniet.

Thea said...

Sjoe my mond kan party keer oophang vir hoe hierdie ouens dinge doen!!

Ek het al gehoor hierdie ouens ry wild en blykbaar teen 'n spoed ook!