Thursday, December 18, 2008

HOME MADE BILTONG

Hoekom neem 'n mens se eetlus toe in die fees seisoen? Of verbeel ek myself net dat dit so is? Elk geval, my man kan nie anders as om die biltong voorraad op 'n hoe vlak te hou nie, want ons klein mannetjie sal sommer uit die bloute na die tuisgemaakte biltonkas toe loop en vir hom 'n lekker stukkie biltong gaan uithaal, wat ons dan vir hom moet sny, of in die laaste paar dae hou hy daarvan as ons dit fyn maal. So, ons maak amper elke 2de of 3de dag ons eie Billies.

Lekker New Zealandse Rump steak, of die van Oz, is perfek.(Ons vleis word van daar af ingevoer). Selfs topside of silverside doen die ding ook! Hierdie steak is sommer klaar gesny deur die winkel, so dit word direk uit die pakkie met asyn besprinkel(appel asyn verkieslik)
'n Lekker tuisgemaakte mengsel van growwe sout, peper, koriander en Robinson's steak en tjop spices(ook toevallig hier in die UAE beskikbaar) doen die ding net te goed! En ja, die geel vetjies is natuurlik 'n moet ne! Sit sommer van die spesery mengsel op die vet ook, dan trek dit binne in die vet in en geur dit darm maar jou baie lekker!
Na 'n paar uur se staan, is dit binne in die tuisgemaakte biltong boks in, met 'n gloeilamp onder om die humiditeit uit te hou, en 'n natuurlike lugvloei van onder na bo oor die vleis repe te laat vloei. 'n Klein waaiertjie kan ook ingespan word, om te help met die droogproses. Maak die boks bo toe met 'n net, om die ontydige vlieg weg te hou, en laat staan vir so 48 uur tot 72 uur.
Glo dit of nie, binne 2 dae het jy halfdroog biltong, en na 3 dae is dit amper heeltemal droog. As jy meer tyd het en self die vleis wil bewerk, kan jy 'n groot stuk koop, en langer stukke sny, maar hierdie lengtes is regtig die ideale "snack" grootte vir ons seuna, en raak redelik vinnig droog.
Die biltong boks is sommer van karton gemaak(hout kan ook gebruik word), met 'n vals bodem vol gate wat bo op die gloeilamp staan en gate bo in die boks se deksel gedruk, of los die boks oop, met 'n net bo-oor. Ons noem dit sommer kitsbiltong, en kan enige plek en seisoen gemaak word. Hoop julle geniet biltong net so baie soos ons klomp! Soos die turkse mense se voor elke ete: "Alfehet Olsen" wat beteken:- Smaaklike ete!

6 comments:

Anonymous said...

yam-yam!!!!!

Thea said...

Hoe sê hulle... 'n boer maak 'n plan!! Enjoy!!

Anonymous said...

Lekker man! Oulike plan. Ek is half bly dat ek net na die slaghuis toe kan ry en uitwys wat ek wil hê. Wonder of biltong vir my so lekker sou wees as ek so hard daarvoor moes werk! ;)

Anonymous said...

jy sal nie glo nie maar ek het in een of ander boek gesien hul verkoop so klein biltong maker, weet net nie waar is die winkel nie ander was dit dalk in die kerskous....ek moet se daai tuisgemaakte bilie' is baie lekker.

Die blok lyk nice.

Muriel said...

Hi Vlooitjie

Dit is 'n oulike plan! Geniet dit!

Jou blog lyk pragtig!!!

Geseënde Kersfees vir jou en jou geliefdes Vlooi!! Mag die nuwe jaar vir julle net mooi dinge inhou!

Anonymous said...

Thea- jip die boerseun van my sal aan ontrekking begin ly as hy nie sy billies op 'n weeklikse basis kan kry nie...

Netjane- welkom en 'hoop jyt lekker by ons gekuier,-ons het darm 'n slaghuis hier by ons wat lekker Suid Afrikaanse biltong verkoop,maar hulle het gewoonlik nie genoeg vet aan vir my boerseun nie,

Jay! jy sal maar gou daardie boek moet soek dit gaan beslis beter lyk as ons huidige ou boxie.

Muriel- dankie man!
Dankie vir die wense,
Mag jy en jou gesin ook 'n wondelike fees seisoen he en mag die nuwe jaar vir julle 'n jaar van oorvloed wees!

groete
x-x