Wednesday, December 31, 2008

Die Aanbreek van 'n Nuwe jaar!


Met hierdie pragtige sons-ondergang, is dit nogal gepas hoe die son sak op die ou jaar en ons die nuwe jaar ingaan!
Vir julle almal wat die blog lees, wens ons as familie vir julle 'n baie voorspoedige nuwe jaar toe, mag julle jaar gevul wees met kleure, prag, sonstrale, guns en goedheid! As hierdie fotos 5 minute vroeer of vyf minute later geneem was, het dit heeltemal anders gelyk, en hul prag verloor! So neem elke geleentheid aan, vyf minute later mag dalk te laat wees!

MAG ONS HEMELSE VADER JULLE LEWENS SKILDER SOOS HY IN DIE NATUUR SO ONVERBETERLIK DOEN! VOORSPOEDIGE EN GESEENDE NUWE JAAR! MAG 2009 DIE BESTE WEES WAT JUL NOG BELEEF HET!

6 comments:

Thea said...

Hi Mariettatjie!! Jy praat baie waar! Mens moet elke oomblik aangryp...

'n Baie lekker aand vir julle en voorspoed, liefde en vrede vir 2009!!

Sandra said...

Voorspoedige 2009 vir jou en jou gesin Mariette en geniet die laaste tydjieen kuiers in SA!

Charmaine said...

Dit is baie pragtig en spesiaal Mariette. My voorneme sluit aan by wat jy se dat mens die beste uit elke oomblik haal. Mag die nuwe jaar vol vreugde en seen en voorspeod wees. Liefde vir julle

Muriel said...

Hello Vlooitjie

Dit is asemrowend mooi!

Voorspoedige Nuwejaar vol liefde en geluk vir jou en jou geliefdes.

Geniet die kuier!

Liefde
x x

Anonymous said...

Dankie julle!!!
Mag jul ook 'n baie goeie jaar vir he!

Liefies

Anonymous said...

AG SORRY SKATTE KOM NOU EERS BY MAAR WIL NET BY ANDER BYVOEG DIT IS ONGELOOFLIK MOOI EN WEERT DIT IS ONS ALBY SE WONDERLIKE JAAR MET AL SY UITDAGINGS .DIT BELOWE EK JOU.HET N WONDERLIKE TD SAAM GEHAD EN WATTER VOORREG OM SAAM MET JU8L KERSFEES EN NUWE JAAR SAAM IN TE MKON GAAN. DIE TYD NET VREESLIK VINNIG OM GEGAAN EN N STILTE DAAL OOR ONS HUIS. VERLANGE EN LIEFDE SKATTE.