Monday, November 17, 2008

Ons kuier in die reen.





My Liefers het sy famielie lanklaas gesien, want vandat ons hierna toe getrek het was hy nog nie weer by die huis nie. Toe maak ons 'n plan vir 'n vet kuier.

Siegfried se famielie bestaan net uit sy boetie Ferdi en sussie Esmarie.(hy het half boeties en sussies ook - maar die is sy eie)

Hy is 'n baie laat lam so ou Flattie, is maar soms soos 'n ou moedertjie oor haar jongste boeta.

My twee skoon susters ou Flattie en Altha.


Altie vergeet soms sy is groot dan doen sy snaakse goed saam die seuns, soos 'n rukkie terug het sy haar rug seer gemaak op die dam op Waldie se boot. Maar sy reken sy het nou besef dat die lyf bietjie ouer word en sy maar rustig moet raak, maar met haar gees makeer daar niks, hy is nog baie jonk.


My boetie Gerhard en Flattie se skoonseun Andre sorg dat ons spit mooi draai en die vleisies lekker gaar word.


Flattie se ander helftes,- Andre se vroutjie Leanie en Hannha haar ma,

Lekker kuier hulle saam. Dit het so lekker gereen daardie aand. Toe hou ma en dogter maar mekaar vas om bietjie warmer te kry.


Waldie en sy anderhelfte,
Junior en Rhea - hulle wil nog die wereld saam gaan verken.
En die kidz. My ou engel kind het vroeg aand al gaan slaap, want hy en sy dadda het mekaar op gespeel.

Maar hier speel Leanie se 2 dogtertjies A-nicola en Anjese en dan Keynen. Waldie se nuwe seuntjie.
Ons het lekker gekuier.

lekker geeet

&

lekker nat gereen.

4 comments:

Dorette said...

Ek is bly julle het lekker gekuier! Familie bly darem maar spesiaal...

Charmaine said...

Dis veral die lekker natreen wat mens so kan mis ne Vlooi.. heerlike herinneringe

Muriel said...

Ja ek kan sien julle het lekker gekuier saam julle geliefdes!

x x

Anonymous said...

Drie lekker goed saam, lekker kuier, lekker eet en lekker reen! Bly julle het dit geniet! Hoe vorder die intrekkery?