Die water was 'n absolute lafenis, en daar het die heerlikste windjie gewaai, so die tempratuur was toe nie regtig so erg warm nie.
Daar was nie 'n ding wat ons nie gedoen het nie, die manne ons 2 girls en moet nie vir ons kleinman vergeet nie. (daar was 4 dinge wat die lifegards hom nie toegelaat het om te doen nie, en dan moes ons baie mooi verduidelik het hoekom hy nie hierdie spesifieke ding kon doen nie.) Maar soos julle kan sien het hy tot in hierdie ride geklim en dit saam met die manne gery.
Ek moet se, die park is in 'n baie netjiese en goeie toestand.Daar is reels en hulle is nogal streng daarop, maar dit is goed want dit maak dat ons die dag kon geniet het sonder dat daar iemand is wat seer gekry het of 'n mens gepla het. Ek moet egter byvoeg daar was nie so baie mense nie - maar sekerlik was dit omdat dit somer is, hier gebeur alles mos in die winter... Snaaks ek weet, want gewoonlik in 'n gewone land is dit anders om - of hoe?
Na die heerlike dag met sy baie avonture en exitement, was dit tyd dat ons dag besoekers die park moes verlaat het, met moee stywe lyfies, loop ons na ons tjorrietjie toe, ons besluit toe dat ons sommer voordat ons die lang pad huistoe vat, net soos die local mense hier rond gaan maak... (ons ry altyd met ons piekniek mat in die kar rond saam met kamp stoele, sodat ons soort van voorbereid kan wees vir daardie impelsiewe besluit so nou en dan.)
Hulle piekniek net waar hulle wil en soos hulle voel, en dit is nou een ding wat ons sommer gou-gou van hulle kultuur deel van ons gemaak het....
Ons besluit toe dat dit 'n goeie idee is om sommer net daar in die parkeer area ons piekniek goed uit te haal en gou daar te sit en eet - sodoende is boeta se magie vol want die langpad gaan verseker sy ogies toetrek, dan is die magie darm gevoed. (Daar is darm gras gewees om op te sit ook, maar die was sopnat besproei, en 'n paar groepe mense het die parkeerarea gebruik)
Ek moet se dit was 'n ongelooflike lekker dag, en ons sal beslis weer so maak.

























.jpg)
.jpg)
.jpg)




en mens kan vanuit die trein baie beter sien dat jy op die palm is, en hoe die villas daarop uitgele is. Dit is darm maar pragtig, en mens kan nie dink dat dit 'n mens-gemaakte eiland is nie. Die trein is nog mooi en nuut aan die binnekant en die gemak van die banke is heerlik.







