Wednesday, August 31, 2011

Olifant dans

Ek moes hierdie Video deel.
Jammer hy is skeef, maar ekt nou nie daaraan gedink toe ek dit met die ipad afgeneem het nie.
Dit is so kosbaar, lyk asof hulle dit uit hul vel uit geniet, veral die een met die swart kuif hare.

Saturday, August 27, 2011

Die wonder van olifante


Ons het weer die voorreg gehad om n bietjie in Thailand te gaan rus en vakansie te gaan hou. Soos die vorige keer was dit heerlik en die weer was lieflik.
Ons het weer by die Phuket se dieretuin gaan kuier, en natuurlik was die olifante weer 'n treffer!

Dit is elke keer vir my so verstommend om te sien wat hierdie groot diere met hulle swaar gewig en groot liggame kan doen.

Ek weet nie wat hulle moes deurgaan om hierdie dinge te leer nie, en hopenlik is dit nie mishandeling gewees nie, maar ek het groot respek vir hierdie pragtige diere wat al hierdie goed kan doen.

Van hierdie outjies is so lief vir die aandag wat hulle kry, dat hulle die toertjies so graag doen en as jy na hulle kyk lyk dit kompleet asof hulle 'n glimlag op hul mondjies het.
Hulle se 'n olifant is 'n baie slim dier, en wanneer mens kyk hoe hulle hierdie toertjies doen sonder dat daar mense is wat by hulle staan om hulle touwys te maak, kan mens nogal saamstem dat hulle baie slim is.
Hier speel hulle op instrumente. Daar is nou nie 'n spesifieke liedjie nie, maar hulle elkeen weet hoe om hul instrumente te speel.
Dit is dierbaar!
Hierdie girlie skilder tot 'n prentjie, en ek dink dit moet nogal gedoen word.
Die werkers gee vir haar die kwas in die slurp en dan begin sy te skilder, so deur die skilder deur is daar nog 'n tydtjie vir 'n danspassie of twee. En sy kyk na die gehoor so asof sy wil se so wat dink julle hiervan of hoe lyk dit met 'n applous?
En wanneer dit kom by die blommetjie verf gee hulle vir haar soos 'n stempeltjie en dan druk sy dit waar sy wil en hoe sy voel.
Wanneer sy klaar geskulder het dan word daar veiling gehou, en die geldjie gaan vir hulle vir kos.
Hier kan ons 'n foto saam die artis neem en boeta is maar eers baie skepties oor hierdie groot dier wat sy dad so omvou met haar slurp.
En toe kry die dad 'n soen van haar af, sy hele kop amper in haar mond, en boeta kry meer moed om nader aan die girl te staan.
En toe wil hy ook voel hoe deel sy liefde uit met haar slurp.
Te dierbaar, en wat 'n kosbare oomblik, ou boeta praat nou nog daarvan.
Dit is 'n ongelooflike ervaring gewees, en ons is baie dankbaar vir die besonderse geleentheid.
En vir altyd sal hierdie spesiale dier nou een van ons gunstelinge wees.

Thursday, June 2, 2011

Dit is baie warm mens!


Ons somer is nou regtig hier.

As mens dit nie met jou eie oe sien nie sal mens dit nie sommer kan indink dat dit regtig so warm kan word nie, en dit is nou maar eers die begin.

Sunday, March 13, 2011

'n Oulike E-pos...

Ek het hierdie E-pos gekry, en ek het so baie daarvan gehou, en toe dink ek ek, ek wil dit graag met julle deel.


Anger is a condition in which
The tongue works faster than the mind .

You can't change the past,
but you can ruin the present
By worrying over the future.

Love...and you shall be loved.

God always gives His best to those
who leave the choice with Him.

All people smile in the same language


Everyone needs to be loved...
especially when they do not deserve it.

The real measure of a man's wealth
is what he has invested in eternity.


Laughter is God's sunshine.

Everyone has beauty
but not everyone sees it.

It's important for parents to live
the same things they teach.

Thank God for what you have,
TRUST GOD for what you need.

If you fill your heart with regrets of yesterday and the worries of tomorrow,
you have no today to be thankful for.

Man looks at outward appearance
but the Lord looks within.

The choice you make today
will usually affect tomorrow.

Take time to laugh, for it is
the music of the soul.


Patience is the ability to idle your motor
when you feel like stripping your gears.

Love is strengthened by working
through conflicts together.


Harsh words break no bones
but they do break hearts.
To get out of a difficulty,
one usually must go through it.

We take for granted the things
that we should be giving thanks for.


Love is the only thing that can be
divided without being diminished.

Happiness is enhanced by others
but does not depend upon others.

For every minute you are angry with someone,
you lose 60 seconds of happiness
that you can never get back.


Do what you can, for who you can,
with what you have, and where you are


Nou mag julle 'n goeie dag en week ervaar.

Tuesday, February 15, 2011

'n Volle 5 jaar!

Ons klein man het hierdie maand 5 jaar oud geword, kan nie glo hy is al 'n hele handjie vol oud nie.

Mamma wat nou glad nie 'n wafferse bakster is nie, het vir boeta se klasmaats 'n paar koekies gebak , sommer klein bite size cupcakes, want anders mors hulle, of as die ander kinders enigsins soos my kleinman is, dan is dit net van eet die lekker icing af en los die koek, so ek't dit klein genoeg gemaak sodat hulle nie te veel hoef te mors nie.

Na skooltyd het ons hom gaan haal by die skool, en toe hy by die huis kom regtuit kamer toe gevat om aan te trek. Maar nie net sommer so sonder rede nie, dit het vir Jay tyd gegee om in die groot geel boks te klim, want sien Christiaan het nie geweet dat Jay kom kuier het nie, so ons het hom deel van seuna se geskenk gemaak. Ons het Jay se gesig geverf en toe hom so bietjie opgemaak sodat hy hom nie onmiddelik moes herken nie.


Julle weet mos, soms is daar net goed wat geld nie kan koop nie, en dit was een van daardie oomblikke toe Jay uit daardie box uit gekom het, geen geld in die wereld kon daardie uitdrukking op daardie gesiggie koop nie. Hy het nie geweet dat dit Jay was nie maar hy het ewe sedig gegroet ''Hallo'' en toe hy op die bank gaan sit soos die ''music man'' (dis hoe hy hom genoem het) vir hom gevra het om te doen.


Jay het homself oortref met al sy dans passies en dinge, Christiaan het glad nie agter gekom dat dit sy oom Jata was nie. Maar elke keer wanneer hy vir hom 'n geskenkie gee se hy net 'Thank you sir'.



En na Jay al die geskenkies uitgedeel het wat hy saam gebring het van almal in SA, het ons gevra dat seuna by die sir sit vir 'n ou fototjie. Daarna het Jay weer in die boks geklim.


Toe is seuna so gou soos blits terug op die bank om na al hierdie geskenkies te kyk, maar toe vra ons hom om nog een laaste keer die boks oop te maak, en daar klim Jay toe uit. Hy was so uit sy sokkies verbaas dat al wat oor sy ou lippies gekom het was, ''O, Hallo Jats - hoe gaan dit?''

Maar maters, toe die realiteit insak, toe hou daardie mondjie nie op met praat nie,

Toe is dit tyd om al daardie baie geskenkies oop te maak, ai en het hy dit geniet.

Ons almal het lekker saam oopgemaak en veral met die lego's het ons almal 'n beurt gekry om iets te bou en te ontwerp... ha ha ha.


Daarna was ons reg vir die 2 maatjies wat ons uit genooi het, Jana en klein Matilda.


En natuurlik het my klein japsnoet gereken dat hy nog nie 5 is voordat hy sy kersie geblaas het nie, Nou ja toe maak ons so.


En na die kersie blaas, het hy en Jana te lekker in die kamer gaan speel en hulle het dit omtrent geniet.


Die 2 geniet mekaar baie want Jana is die tipe girlie wat net so lekker met swaarde en hero lappe kan speel, en wanneer hulle klaar hero's was, speel hulle net so lekker pop saam.


Baie dankie vir die mooi kaartjie Jana'tjie en Matilda. Ons sal dit in ons scrapbook plak.


En dankie aan almal wat dit so spesiaal vir ons kleinman gemaak het, julle is puik. Dit was 'n heerlike daggie vir ons almal.

Friday, January 7, 2011




Mag die nuwe jaar vir almal van julle, een wees vol gesondheid en oorvloed van liefde, mag elke dag 'n lag inhou en mag dit een wees vol nuwe avontuur.

Tuesday, October 26, 2010

Die oog van die Emerate.

My pa werk weer 'n rukkie hier in die U.A.E., en sy werk stuur hom so een keer 'n jaar na die area.
En met die wat hy nie te ver van ons af is nie, het ons bietjie vir hom gaan kuier in sy hotel kamer. Die vorige keer was hy in Dubai, maar hierdie keer het hulle in Sharjah gewerk en woon.

Omdat die hotel bietjie te klein raak na 'n uur of 2 se kuier met ons klein rakkertjie, het ons besluit dat ons bietjie uit gaan vir die aand.

Ons het toe na Al Qasba toe gegaan. Dit is soos 'n laan waar daar klompie winkeltjies en resturante, goodies vir kindertjies en 'n kanaal waar mens op die abra houtbootjies kan ry. Dan is daar natuurlik 'n park vir die kinders met allerhande kiddie rides en speelgoed. So vir 'n aandjie was daar genoeg vir ons om ons vir 'n rukkie besig te hou en lekker te kuier.

Die 'EYE OF THE EMIRATES' is 'n reuse groot wiel wat 'n groot omgewings- uitsig bied oor Sharjah se corniche(strandfrond) en lagoons en die landskap van die emiraat. Mens kans selfs op die horison die buur-emiraat van Dubai, se groot geboue sien.

Elke 'cabin' van die 'eye of the emirates' het elkeen hul eie lugverkoelers in, en 'n knoppie wat mens kan druk as die hoogte en die swaai van die cabin vir jou te erg raak. Die hoogte van die wiel is 60 meter. En alhoewel dit nie hoog mag klink nie is dit nogal baie hoog vir iemand met hoogtevrees....

Daarna het ons 'n rustige rit in een van die abras gevat. Ons het die windjie wat op die water gewaai het so geniet. Want alhoewel dit al koeler raak is dit maar nog steeds baie warm met die humuditeit. En natuurlik is daar min dinge in die lewe wat mens so rustig maak soos water en 'n sagte atmosfeer van die stadsliggies in die agtergrond nie. En natuurlik op ons pad terug, kon hierdie klein dogtertjie (my ma) dit nie weerstaan om in die waterfontein te gaan staan en af koel nie. Toe word sy ook weer 'n kindertjie soos die res van die kinders wat wel daarin rondbaljaar het.



Mag die kindertjie in julle ook uitkom hierdie week, en wees geseend.

Saturday, October 16, 2010

'...Iets anders....'


Ek het hierdie foto in my mail gekry, en baie van julle het dit seker al gesien. Maar dit was regtig vir my iets besonders gewees en ek wil dit graag deel met die van julle wat dit dalk nog nie gesien het nie.


LOOK AT THE CAMELS FIRST AND THEN READ THE MESSAGE.


This is a picture taken from directly above these camels in the desert at sunset. It is considered to be one of the best picture's of the year. When you look closely, you can see that the camels are in fact the little white lines in the picture. The black images you see are just the shadows!



"Ek dink dit is iets besonders, en saam met die e-mail kom die boodskap...


'Soms dink ons dat ons probleme so groot is soos die skaduwees wat ons hier op die foto sien, maar in God se oe is dit baie klein ....soos die wit lyntjies'


Mag julle 'n wonderlike week he en ervaar.


Thursday, September 30, 2010

'n Nuwe Roetiene.


Ai, die dag wat ons gehoop het nie gou aan sou breek nie, het toe aangebreek.

My klein man moet skool toe, en mamma was glad nie reg vir die groot stap in ons lewe nie. Want nie net beteken die verandering dat seuna moet skool toe nie, dit beteken roetiene en stiptelikheid, en dit is iets wat die huishouding baie lanklaas moes doen en nakom.
Ons eerste dag was 'n orienteringsdag, ons moes 'n paar uur ingaan sodat hulle vir ons kon vertel wie en wat hulle is, waarvoor die skool staan en wat hulle van jou as ouer en as kind verwag.

Daarna het ons die onderwyseres ontmoet by die klassie, en sy se toe vir ons dat hy die volgende dag moet inkom vir 'n uur, dan vul ons papier werk in en hy en 8 van sy klas maats ontmoet mekaar. Na daardie dag het hy die dag daarna vir die hele dag ingegaan en vir een hele dag saam die 8 maats deurgebring. Hy het dit vreeslik geniet, en so ewe gereken dat ek hom te vroeg by die skool kom haal het, en dit na'n gewone vol dag se skool... Die karnallie.

En na die naweek het die skool amptelik begin en die hele klas van 14 is saam gevoeg.

Sy juffrou is mrs Bradshaw en die assistent juffrou is ms Surinder.

Mrs Bradshaw is van Australia en sy gee al vir meer as 8jr by AISA skool.

Voor die skoolweek begin het, het ons besluit dat dit tyd is vir ons kleinman om 'n grootman te word, en deel van die transformasie was 'n haarsny. Alhoewel hulle nie werklik haar reels het nie, en daar seuntjies met mooi lang haartjies is, het ons besluit dat 'n kort kapsel vir ons die ding gaan doen, en vir die hitte ook bietjie sal help want as hierdie klein gouekop seuntjie van ons begin sweet, dan is alles nat en een krul op 'n ander.

Hy het heel dapper gesit en mens kon sien die jongman is reg vir die nuwe verandering in sy lewe.

En lyk hy nie te pragtig nie?

Hier het hy sy skooldrag aan. Die wit en blou is die skool uniform en die grys en blou is sy L.O. klere, wat hy op sondae en woensdae het, en dan gaan hy vir die hele dag so skool toe.

Hy het sy eerste week so baie geniet, dit het sonder trane gegaan en elke oggend het hy vir my gevra dat ek hom nie te vroeg moet kom haal nie.

Die nuwe roetine ding het so gou vanself reggekom, ek kan nie eers onthou dat ek dit as 'n uitdaging gesien het nie.

Hy doen so goed in die engels want dit is die meduim waarin hulle klas kry, en hy moet arabies ook leer, en ek kan nie glo wat hy in 2 weke opgetel en geleer het nie. Ek is so trots op my grootman dat ek nog nie eers een keer te hartseer was oor die dag wat so gou gebeur het nie, want my kind is baie gelukkig en hy straal dit uit!









Ons sluit af met die rympie van die week...


Lekker week vir almal!

Monday, August 9, 2010

Ongelooflike eiland ervaring.

Sawadhee khaa

(As ek 'n man was sou ek se sawadee khab)

En selfs ou Ronald Mcdonald groet die mense so, wanneer hulle in sy eet plekkie kom.

Ons het in Phuket by die Diamond Cliff resort & spa gebly, daar is so baie plekke om van te kies om by te bly,maar ons het die plekkie gekies want hy is redelik sentraal gelee vir al die vermaaklikhede om ons.

Dit is 'n pragtige oord, hulle het 5 restaurante/koffie winkels op die perseel, met 3 swembaddens en hul eie privaat strand. Daar is so baie om jouself mee besig te hou dat jy amper nie eers nodig het om iewers anders heen te gaan nie.


Die tuin en gronde van die oord het so 'n ontspanne, romantiese atmosfeer met die pragtigste tuin hoekies en water fonteine. Ek wou net heeldag sit en daarna luister en kyk, maar 5 daggies is te min om na dit te sit en kyk en dan nog al die ander lekker dinge ook te wou doen, so ek kon net vir rukkies op 'n tyd sit en elke oomblik daarvan 'indrink'.

Ek moet byvoeg dit was so lekker om die tropiese en diep groen met die pragtige helderkleurige blomme te kon ervaar, want in die woestyn is die groen 'n dowwe groen en die blomme mooi maar nie so 'vibrant' soos die in Thailand nie.


My manne het die blou swembad vreeslik baie geniet, en ek moet byvoeg nadat ons so bietjie rondgery het en die plekkie verken het, was daar soms niks so lekker soos die lavenis van die koel water nie. Want in Thailand voel mens altyd 'tai' soos my klein man se, dit is lekker humied. Wat natuurlik ook lekker was is die reen wat ons elke dag gekry het, want dit is nou hulle monsoon seisoen wat beteken daar is elke dag reen en soms sommer meer as een keer op 'n dag.


Die manne het net so lekker in die see ook geswem, tot die lekker tot 'n brandende einde gekom het.

'n Blou blasie het my ou kleinman geslaan, en ooeee mamma het dit vir jou gebrand! Hy was sommer baie afgesit vir die see swem ding en wou glad niks weer daarvan weet nie.

Op die foto hieronder kan mens as jy mooi kyk die ligte rooi merkie sien van hoe hy geslaan is, gelukkig het die lifegaurd 'n salfie vir ons gehad wat ons kon opsit.

Ons het die eerste dag wat ons daar aangekom het met die Tuk tuk rond gery, En dit is nogal 'n baie lekker ondervinding, elke ou maak sy eie tuk tuk op in die binne kant soos dit hom pas.

Ons het natuurlik na die eerste dag se rond ry in 'n tuk tuk besluit dat dit vir ons beter gaan wees om liewers 'n karrietjie te huur, want met ons eie wiele kan ons verder ry en meer explore as wat mens dit op 'n tuk tuk kan doen en natuurlik vir baaaaie goedkoper.


Soos baie ander Asiatiese lande is die moterfietsies en skoetertjies maar die beste en enigste bekostigbare vervoer middel, hulle reken 'n baie welaf familie sal 2 moterfietse in 'n gesin he.

Dit is so interessant om te sien wat hulle alles met daardie moterfietsies doen en op dit laai, en hoe hulle dit modifiseer om by hulle behoeftes te pas.

Dan is dit glad nie 'n ongewone ding om te sien hoeveel hulle op so fietsie kan laai nie, ons het gesien dat hul tot 5 daarop ry maar oor die algemeen is dit so 3-4 persone, (seker die hele familie).


Nog 'n baie rare verskynsel is wanneer dit begin reen, dan sal hulle 'n sambreel opslaan en met hom so ry of 'n sak oor hulle gooi, maar die sambreel was vir my die kersie op die koek, want hy waai nie eers op of uitmekaar nie, hulle het al die kuns van dit vervolmaak.


Dan kry mens hordes en op elke hoek en draai 'n ou wat paar moterfietse het wat hy uit verhuur, en sommer op die spot kan jy 'gasolien' in 'n bottel koop vir sommer net daar en dan, of om saam te ry as jy weet jy dalk mag leeg hardloop...

Selfs die toeriste huur hierdie skoeter fietsies, en ry strand toe en in die omgewing rond, maar jy het 'n lisensie nodig, alhoewel jy op jou eie risiko sonder een mag ry, maar sal wel 'n boete kry wanneer die polisie jou aftrek. Ons het dit egter nie gewaag nie.

Dan 'n fenominale verskynsel is hierdie krag drade, wat so oor mekaar is. Hulle het nie die drade ondergronds gele soos ons gewoond is aan nie maar alles so bo oor mekaar gedoen en gevleg, dit lyk baie 'dodgy', - maar dit werk al jare vir hulle.

Dan is daar baie van hierdie huisies wat op stilte gebou word so in die water langs riviere en by die see. Hierdie is nou by die see en op laag water soos wat dit hier was vang hulle krappies, of om te verkoop aan die naaste vismark of om vir hul eie famielie voor te sit vir 'n ete....
Ek moet se soms verstom dit my hoe hulle groot word want daar is nie werklik iets soos higiene nie, gewoonlik is dit baie vuil en gagga, maar dit is vir hulle nie 'n probleem nie. Mens kry die idee, dat hulle die houding het van dit wat nie dood maak nie maak groot.....

'n Ander faset van Phuket en die eilande van Thailand, is die nag lewe, en ja baie van julle is seker bewus daarvan, maar mens sal nooit regtig 'n ware idee kry daarvan tot jy dit self ervaar nie. Ons was baie versigtig om in die aand uit te gaan, want ons wou nie graag in die 'working girls' vas loop nie, want die stories wat ons gehoor het is dat die vroue geen nee vat nie en dat hulle baie opdringerig is, of jy nou met jou familie daar is of nie.
...Ons het met groot versigtighied een aand uit gegaan...

Ja die nag lewe begin nog voor die son regtig sak, en dit is die hele dorpie vol - nie net 'n sekere plek of straat nie. Maar nee die girls pla jou glad nie as jy nie gepla wil word nie, en jy kan jou vlooimark shopping doen sonder om bedreig te voel. Ja daar is 'pimps' wat hulle shows verkoop en promogeer, maar as jy nee dankie se los hulle jou en wag vir die gewillige outjie... Dan aan die ander kant is hulle teenwoordighied baie prominent daar, want hulle is orals by elke winkeltjie en restaurantjie, en ja jy kan aan hul klere drag sien wie en wat hulle is...
(Ek moet se soms kry ek hulle jammer, want een van die mense wat ons daar leer ken het reken baie van hulle doen dit in die hoop om 'n uitlander te kry wat met hulle sal trou om net uit die armmoede te kan kom)
Ai man dan is die land vol van hierdie 4 voetige maters. Hulle het baie honde en mens kan sien hulle is baie lief vir hulle honde, maar die hele strand is vol van hulle en die strate, en almal in 'n baie goeie kondisie. Van hulle het nie spesifieke base nie, lyk my almal se hond is almal sin. Een ding wat ons nie baie van gesien het nie was katte, in Phuket het ek net 2 verskrikte katjies gesien waarvan die een se voetjie af was. Een eienaardige verskynsel met die honde in Bangkok en Phuket was ook die manier hoe hulle langs die strate, op die sypaadjies le en slaap, en die verkeer en hulle bly uit mekaar se pad uit, op 'n wonderbaarlike manier.
Ek hou glad nie van waatlemoen nie, maar hier het ek so lief geword daarvoor, want dit was die heerlikste vars waatlemoen wat ek nog ooit in my lewe geproe het , en ekt skoon verslaaf geraak daaraan. Ons het dit ons stapel voedsel in Phuket gemaak en gelukkig vir ons was dit oral te vinde. Hierdie vroutjie het nou sommer haar moterfietsie omskep in 'n mobile vrugte winkeltjie.

En natuurlik moes ons darm 'n bietjie seekos eet. Hierdie is rock lobster, en dit was heerlik!! Die outjie het nog gelewe toe ons die eetplekkie ingegaan het. ...Siestoggie...
Maar hy was baaaaaie lekker. !!

Ons kon nie die ander eilande soos Bondi eiland en so besoek het nie as gevolg van die baie reen, en natuurlik was dit moeilik om met ons kleinman in die reen op 'n boot so iets aan te pak so ons het die veilige ding gedoen en maar die dinge op die eiland self besoek en ondersoek.
Ons was bietjie by die skoenlapper en insek wereld gewees en dit was 'n lekker uitstappie. Veral om te sien wat hulle alles maak met die sy van die skoenlappers....

Die dag toe ons by die Phuket zoo was, was ons net betyds vir 'n vertoning van die olifante. Dit is ongelooflik om te sien wat hierdie ou manne met hulle lywe kan doen. Hulle speel basket ball, sokker, swaai hoepels, dans en ry selfs hierdie trapfiets karrietjie. Wat meer ongelooflik vir my is, is dat 'n mens 'n olifant van alle diere hierdie dinge kan leer om te doen, hulle het tot vir ons 'n prentjie geverf.
Ek moet se dit was 'n ongelooflike ervaring en ons is so dankbaar dat ons die geleentheid gekry het om dit te kon ervaar en beleef.
Ons is baie dankbaar vir die geleentheid, dit was 'n ondervinding van 'n leeftyd!!

Ek sluit af met hierdie pragtig sonsondergang van ons stoepie af, oor die eilande in die pragtige Andaman see.
Volgende keer deel ek die ongelooflike Fantasea show met julle.