Monday, September 7, 2009

Reguit van Bella Bella na Buffies toe.


Na ons lekker kuiertjie by Klein Kariba het ons na Buffelspoort toe gegaan, vir nog 'n week van lekker kuier en swem.

Toe ons by ons rondawel aankom, wag hierdie mooie swart kieterkat ons toe in, en verwelkom ons hartlik by ons huisie vir ons kuier.

Ons kleinman het natuurlik gedink dat dit Furby se pappa is, en gelukkig vir ons en hom was meneer kat baie vriendelik, en hy het die liefde van seuna gelief.


Omdat ons nie by ons familie en vriende gaan kuier het nie, het ons vir die wat kon gevra om vir ons by die oord te kom kuier, en so het Wynand vir 2 dae saam met ons by die oord deurgebring. Ons het lekker besigheid gesels en opgevang met dinge wat oral aan die gebeur is.

Rita en Andre sou ook kom kuier het, maar hulle seuntjie het waterpokkies gehad, en toe kon ons nou nie kuier soos beplan nie. Maar ons het darm 'n dag voordat ons terug gevlieg het 'n kort kuiertjie ingepas.


Kyk ons het werklikwaar nie net lekker weer gehad nie, maar ons het net so lekker gebraai. Mens kan mos nou nie kuier sonder 'n lekker vuurtjie wat sommer net na Afrika ruik nie, en dan kan mens nie braai sonder boerewors nie of hoe?




Die manne braai buite terwyl ons 'n slaaitjie of 2 aanmekaar slaan. Dit was nie regtig koud in die aande nie, net bietjie vars. - En daar is min dinge so lekker om so nou en dan 'n warm dingetjie aan te trek.



Die oord het wanneer dit donker geword het, so 'n half romantiese bekoring ingehou, veral met die blou lug en die pienk/pers van die mooi sonsondergange.

Die onderdak swembad was heerlik, en die water was ook heerlik, nie te warm nie en ook nie te koud nie, net lekker,-ons het elke geleentheid wat ons kon swem, gaan swem. Ons was soos visse in die water, en boeta het dit baaaaie geniet.


En so kom alle lekker dinge ook tot 'n end. Dit is nou wel die minder lekker van so lekker kuier, maar ons is dankbaar vir die tydjie wat ons wel saam met ons geliefdes kon spandeer.

Ons het die week en naweek afgesluit met 'n kiekie en daarna het ons by die pragtige Harties omgery terug huistoe.....

5 comments:

Ani said...

Dit lyk na 'n heerlike, rustige ontspanne tyd wat jul gehad het. Geniet die res van die kuier!!!

RITA said...

JA DIT IS PRAGTIG NE. NET JAMMER MENS KAN NIE DIE TYD LAAT STILSTAAN NIE. GLO MY ONS SOU WAT WOU GEE OM BIETJIE MEER TE KUIER, MAAR NOU JA ONS HET DARM LEKKER GEKUIER TOE SEUNTJIE SE WATERPOKERTJIES OOR WAS TEEN DIE TYD DAT JULLE WEER OPPAD WAS.

RITA said...

JA DIT IS PRAGTIG NE. NET JAMMER MENS KAN NIE DIE TYD LAAT STILSTAAN NIE. GLO MY ONS SOU WAT WOU GEE OM BIETJIE MEER TE KUIER, MAAR NOU JA ONS HET DARM LEKKER GEKUIER TOE SEUNTJIE SE WATERPOKERTJIES OOR WAS TEEN DIE TYD DAT JULLE WEER OPPAD WAS.

Sandra said...

Dit lyk baie lekker julle. Sal wat wil gee vir 'n ou braaivleisie in koeler weer.

Jy's getag!

Charmaine said...

Ai dis mooi daar... ek is jaloers. Ons moet maar weer bietjie piekniek hou. Ek kan doen met 'n lekker vleisie op die kole. Hoe gaan dit deesdae met Furby?