Saturday, September 5, 2009

'n Heerlike Naweek

Ons kuiertjie by Klein Kariba hierdie jaar was baie spesiaal.

Ons almal (met ander woorde al 4 my boeties en hul wederhelftes) was daar en kon dinge so reel dat niemand enige ander verpligtinge gehad het nie.(Wow, in die gejaagde lewe van vandag...!!)


En glo my dit was regtig baie lekker gewees om bietjie vir 2 dae net weer te kon opvang en net lekker te kon kuier. Ockie en Melissa het 'n nuwe kleinding ryker geword, en ons kon bietjie met die nuwe pop kennis maak en lekker gespeel.

Ons kleinman het natuurlik baie lekker met sy niggie gespeel en glo my hy het haar nie vir een oomblik gelos nie. Hy het haar op gespeel, en tussen die twee van hulle het hulle ook gesorg dat hulle pappas by 'ryk' geword het van al die plase wat hulle gekoop het. Shame hulle het hulle kniegies omtrent stukkend geval. Maar na 'n vreeslike tranedal het hulle dapper opgestaan en verder gespeel.,-seker gemaak dat hulle goeie benutting van elke sekond en uur kon uitkry.


Die weer was heerlik en ons kon regtig nie kla daaroor nie. Ons het lekker warm in die dag gekry, sonder om nat en taai te voel, en ons kon lekker in die aand met 'n veredons duvet geslaap het.


Almal kon lekker swem en in die water baljaar. Wat baie lekker is van klein kariba is dat hulle 'n warm water swembad onderdak het, en daar kon die kindertjies lekker swem sonder om koud te kry met die koel winters luggie wat soms buite gewaai het.

Die twee was soos vissies in die water en hulle het oupa Ockie en Dine se pappa Ockie lekker moeg gespeel in die swembad.


Selfs ons nuwe poplap Zante het haar beurt in die swembad gehad, sy is oor 'n paar daggies 'n volle 3 maande oud. Maar te cute vir woorde, sy is so bang sy mis iets opwindend. Maar sy is 'n baie gelukkige mensie, want sy het die hele naweek niks gehuil nie.


En hierdie klomp het 'n lekker laatnag swem ingepas nadat ons lekker gebraai het.


En hier speel oom Dewald met die twee karnallies voordat hulle almal die pad huistoe gevat het, ons het nog 'n dag langer gebly en toe na Buffelspoort toe gegaan.


....and we all fall down....

6 comments:

OUPA EN OUMA said...

AG DIT WAS N WONDERLIKE WEG BREEK EN WATTER WONDERLIKE VOORREG WAS DIT NIE SAAM MET AL ONS KINDERS NIE. DIT GEBEUR NIE GEREELD NIE MAAR GAAN VERSEKER N PUNT DAARVAN MAAK OM DIT 2 KEER N JAAR TE DOEN. DIE LEWEIS TE KOSBAar om nie te doen.die weer was ook heerlik en het regtig n wonderlike tys saam gehad.OUMA EN OUPA HET ONS SONSTRAAALTJIE VREESLIK GENIET. TE GRYS GEWORD. SIEN WEER UIT NA DIE LEKKER LANG KUIR.NOOIT GEDINK EK SO SO LEKKER ROND VLIEG OP ONS OUDERDOM.WAT N VOORREG.

Ani said...

Dit lyk heerlik om so saam met die familie te kuier. Dis "memories" wat mens altyd bybly.
Geniet die res van jul kuiertjie!

rita said...

Man dit lyk alte heerlik. Net jammer ons kon dit nie maak met ons kleinding wat waterpokeltjies gehad het nie. Dit is spesiaal. Liefde

Thea said...

Lyk of daar sommer 'n hond uit 'n bos gekuier is. Bly julle kon almal bymekaar wees. Ons gaan hierdie naweek wat kom bietjie Buffelspoort toe.

Mariette. said...

Ouma- ja dit was lekker en spesiaal ons sal verseker weer so 'n plan beraam... sien ma binnekort!

Dankie Anilo! Ons het dit baie geniet,jy moet ook jou kuiertjie met jou moedertjie geniet. Ek dink so aan julle want julle bly soveel verder van jul geliefdes af. Geniet elke oomblik hoor!

Toemaar Rita ons sal opmaak vlgde keer vir hierdie verlore kuiertjie!

Dit was regtig 'n vet gekuierry Thea! My vlgde blog is oor Buffies. Ek hou baie meer van Buffels se geriewe hulle kan net bietjie hul rondawels opknap veral die 5 beddens. Maar andersins was dit baie lekker.
Geniet julle naweek daar!

groete Mariette

Charmaine said...

Wat sal ek gee vir so lekker kuier in die bosveld. Ek kan sien dit was een groot wonderlike fees van bymekaar wees en bande smee. Die nuwe kleinding is te pragtig en die ander tweetjies opvreetbaar oulik. Dankie vir die deel dat mens maar so bietjie kan saamkuier