Sunday, September 13, 2009

Een woord Beskrywing!


Ek is deur Sandra getag om haar in een woord te beskryf.
Nou ja , - Dit is nie eintlik maklik om enige mens in een woord te beskryf nie.

Ons het Sandra maar deur haar blog leer ken, toe ons ondersoek ingestel het oor die UAE, want ons het 'n werksgeleentheid hier gekry en op daardie staduim niks van die plek af geweet nie. Ons het begin comment op haar inskrywings en later begin e-mails stuur.
Sy het ons regtig goeie raad gegee, en baie goed gehelp met al ons vrae.

Met ons aankoms hier het sy vir manlief onder haar vlerk geneem en hom 'n paar dinge gaan wys en vir hom mooi gehelp om sy voete te vind, en darm die basiese ding te kon doen, tot ek en seuna by hom aangelsuit het.

Daarna het sy my op 'n plek ontmoet, en my ook 'n paar plekke gaan wys waar mens die nodigste dinge in 'n vreemde land kon aanskaf en kry.

Ons het 'n paar keer al lekker gekuier, en ook lekker saam met haar en Charmaine gepiekniek.
En nogsteeds met elke kuier en piekniek het sy vir ons nuwe dinge vertel wat ons so bietjie meer van dinge hier rond geleer het.

Natuurlik kan mens vir Sandra enige tyd van die dag bel en vir raad vra, nie net oor die land en van plekke nie, maar sommer persoonlike raad ook.
En sy luister altyd, maak nie saak hoe besig sy is nie, en dan werk die raad ook altyd wat sy vir mens gee.

So as ek vir Sandra in een woord moet beskryf, behalwe vir al die ander dinge (woorde) wat al die ander blog maats al gese het, en haar ook beskryf sal ek die woord....

...WYSHEID...
gebruik want Sandra is 'n baie belese mens, vol WYSHEID en kennis!

En dan wil ek sommer weereens baie dankie se vir al jou wyse raad en altyd se luister.
Nou moet ek ander ook tag, maar ek glo amper almal het al aan die tag deel geneem.
So... wie ookal saam wil speel voel welkom om dit te doen!

7 comments:

Jan and Miekie said...

Dankie vir die inskrywing - nou weet ek hoe pas dinge in mekaar! Ek dink ook Sandra is baie wys. Hoe wonderlik om mekaar deur blogs te leer ken!

Muriel said...

Hi Vlooitjie

Ek stem "wysheid" pas perfek by Sandra. Sy het my al baie keer bygestaan met "Wyse raad"

Mooi bly

Sandra said...

Altyd lekker om mense deur die blogs te ontmoet en julle gesin is baie spesiaal. So bly ek kon julle oortuig om eers in Abu Dhabi te kom tent opslaan ;-)

Thea said...

Julle is gelukkig om 'n vriendin soos Sandra byderhand te hê. En ek het vir jou ook 'n klein bietjie huiswerk as jy nie omgee nie! ;-)

Charmaine said...

Dis 'n goeie beskrywing Sandvlooi. Ek kan dit beaam!!

Ani said...

Is dit nie wonderlik dat daar sulke "engele" op mens se pad kom nie. Mens se lewe sou leeg wees sonder hulle!

Mariette. said...

Ja, mens kan regtig bevoorreg wees om mense om mens te he wat nog 'n hart vir sy medemens het, want vandag se tyd is mense koud en afsydig. En elkeen besig met sy eie ding. So ja wat 'n voorreg!!

En dankie aan al my blogmaats, en jul blogvriendskap.

Lekker week vir julle almal!