Thursday, September 17, 2009

'n Tyd vir Groei

Dit doen my hart en gemoed altyd so goed om die wonder van groei om my te sien.

Dit is lekker om te sien hoe die bome en blomme uitloop, en dit als dui op die begin van 'n nuwe en vars seisoen.
'n Seisoen waar daar nuwe goed gaan gebeur,
nuwe uitdagings, nuwe lewe in alle fasette.

Soms breek die seisoen te gou aan, selfs onverwags, maar dit bou karakter.
Ek is gereed vir 'n nuwe seisoen in my lewe en ek gaan elke dag van die nuwe seisoen aangryp en 'n sukses daarvaan probeer maak.

3 comments:

Jan and Miekie said...

Ek is mal oor jou fotos - LEKKER lente! "Ek is gereed vir 'n nuwe seisoen in my lewe en ek gaan elke dag van die nuwe seisoen aangryp en 'n sukses daarvaan probeer maak." Sjoe! Ek sien uit na 'n nuwe seisoen in my lewe - oor 'n paar jaar, maar nie nou al nie! Maar jy's reg: 'n verandering kan eenklaps onverwags kom en ek moet gereed wees daarvoor. Sal net vandag werk maak daarvan. Wat as ek skielik alleen is? Ek weet nie eers waar word al die polis dokumente gebere nie... ek kan nie eers geld trek van 'n A.T.M nie!

Thea said...

Geniet die nuwe seisoen in jou lewe. Dit klink opwindend!

Mariette. said...

Dit is een van die dinge wat ek met die aanbreek van my nuwe seisoen wil doen Miekie,- en dit is om alle dokumente reg te he en al die pass words en dinge te leer ken wat ek nog nie ken nie....veral die koop en verkoop van aandele... andersins is daar net klein dingetjies wat ek in my leef wyse wil verander....mens moet bly groei.

Dankie Thea. ek glo die seisoen sal vrugbaar wees!