Friday, December 5, 2008

Liggies


Ons wys nog steeds fotos wat met die feesvieringe van die U.A.E. se 37 ste verjaarsdag gepaard gaan. Hier is van die liggies wat in die stad en omliggende gebiede van Abu Dhabi te siene was gedurende die tyd. Dit is sowaar pragtig, van die geboue is baie hoog en die liggies is baie profesioneel opgerig! Dit is 'n skouspelagtige gesig.















Dit val so naby aan Kersfees dat ons dit sommer so vir onsself as 'n kersfees skouspel toe-eien. Ons dink dan veral aan Danville se liggie-huis met meer as 24000 liggies (http://www.danvilleliggiehuis.co.za/), en vele mense wat soveel moeite in Suid Afrika en reg oor die wereld doen om kersfees vir hulleself en ander minder bevoorregtes 'n onvergeetlike ervaring te maak. Mag julle liggies ook in hierdie tyd skyn, en mag julle almal 'n wonderlike feesseisoen beleef!

8 comments:

Thea said...

Wow!!! Dit is stunning!! Dankie dat jy vir ons dit kom wys het!

Dorette said...

Sjoe! Dis pragtig! Soveel moeite vir net een dag

Anonymous said...

dit is 'n plesier julle!
ja die klomp doen dinge groot.
dit was nogal skouspel agtig maar ek dink die suid afrikaander doen die kers liggie ding ook al hoe groter.

Sandra said...

Ons ou dorpie lyk mooi en feestelik, dankie vir die wys

Muriel said...

Dankie vir die foto's dit lyk feestelik!!

Charmaine said...

Daai pragtige blou fonteine is naby my huis Mariette. Dit was nou lekker om dit te sien. Hulle doen darem maar baie moeite

Anonymous said...

dit lyk baie mooi da, ons het nog nie die kerslig roete hie gedoen.een van die dae.

Anonymous said...

Ag dit is te lekker my meisiekind, ek is seker dit het julle bietjie laat terugverlang na ons toe. maar dit is pragtig.