Ons wys nog steeds fotos wat met die feesvieringe van die U.A.E. se 37 ste verjaarsdag gepaard gaan. Hier is van die liggies wat in die stad en omliggende gebiede van Abu Dhabi te siene was gedurende die tyd. Dit is sowaar pragtig, van die geboue is baie hoog en die liggies is baie profesioneel opgerig! Dit is 'n skouspelagtige gesig.












Dit val so naby aan Kersfees dat ons dit sommer so vir onsself as 'n kersfees skouspel toe-eien. Ons dink dan veral aan Danville se liggie-huis met meer as 24000 liggies (http://www.danvilleliggiehuis.co.za/), en vele mense wat soveel moeite in Suid Afrika en reg oor die wereld doen om kersfees vir hulleself en ander minder bevoorregtes 'n onvergeetlike ervaring te maak. Mag julle liggies ook in hierdie tyd skyn, en mag julle almal 'n wonderlike feesseisoen beleef!