
Die 'EYE OF THE EMIRATES' is 'n reuse groot wiel wat 'n groot omgewings- uitsig bied oor Sharjah se corniche(strandfrond) en lagoons en die landskap van die emiraat. Mens kans selfs op die horison die buur-emiraat van Dubai, se groot geboue sien.
Elke 'cabin' van die 'eye of the emirates' het elkeen hul eie lugverkoelers in, en 'n knoppie wat mens kan druk as die hoogte en die swaai van die cabin vir jou te erg raak. Die hoogte van die wiel is 60 meter. En alhoewel dit nie hoog mag klink nie is dit nogal baie hoog vir iemand met hoogtevrees....
Daarna het ons 'n rustige rit in een van die abras gevat. Ons het die windjie wat op die water gewaai het so geniet. Want alhoewel dit al koeler raak is dit maar nog steeds baie warm met die humuditeit. En natuurlik is daar min dinge in die lewe wat mens so rustig maak soos water en 'n sagte atmosfeer van die stadsliggies in die agtergrond nie.
En natuurlik op ons pad terug, kon hierdie klein dogtertjie (my ma) dit nie weerstaan om in die waterfontein te gaan staan en af koel nie. Toe word sy ook weer 'n kindertjie soos die res van die kinders wat wel daarin rondbaljaar het.





















Ek hou glad nie van waatlemoen nie, maar hier het ek so lief geword daarvoor, want dit was die heerlikste vars waatlemoen wat ek nog ooit in my lewe geproe het , en ekt skoon verslaaf geraak daaraan. Ons het dit ons stapel voedsel in Phuket gemaak en gelukkig vir ons was dit oral te vinde. Hierdie vroutjie het nou sommer haar moterfietsie omskep in 'n mobile vrugte winkeltjie.























Hierdie blomme het ons in een van die winkel sentrums gesien, kan julle die R10 noot sien wat ook sy plekkie in hierdie land in hierdie blomme rangskikking het.





