Tuesday, February 10, 2009

'n Volle 3 jaartjies oud!

Dit voel soos nou die dag toe ons, ons klein prem babatjie huis toe gebring het,
hy was maar 1.6kg met geboorte en het maar net 40ml melkkies op 'n slag gedrink, na 21 daggies in die icu en baie dae en nagte se gebed kon ons die klien bondeltjie huis toe vat met 'n gewig van 2kg.


Vandag is my liefling seuntjie 3 jaartjies oud.

Hy is 'n begaafde seuntjie met 'n normale gewig. En hy is 'n ware geseende,gesalfde,gesonde seun van God! Daarom noem ons hom G-man!


Ons het lekker parytjie gehou. Dit was nou nie so groot soos sy vorige 2 verjaarsdae met al die familie, maatjies, niggies en nefies wat daar was nie, maar dit was net so lekker met die maatjies wat wel hier was. Ons kon nou nie fotos van al die maatjies neem nie a.g.v. hulle mamma se geloof, maar die ander het so lekker gespeel hulle het nie eers die fotograaf raakgesien nie.
Dit was 'n lekker 2 dae en dankie vir almal wat dit mootlik vir ons gemaak het om dit vir ons kliending spesiaal te maak.


Liefie seun ,- jou ma se asempie

pappa se sterrietjie en Jay se kennietjie!

Ouma se sonstraaltjie en oupa se laaitie!!

Ons is oneindig lief vir jou!


Ons dank ons Dadda die Skepper van jou vir jou!

Ons gebed vir jou ons seuna is dat Vader jou nog meer voorspoedig sal maak in al jou wee, jou sal beskerm, en jou in Sy Hande sal dra vir die res van jou lewe.

Gaan en wees geseend tot eer van God in Jesus naam!!

11 comments:

Thea said...

Hi daar! Baie geluk met die kleinman se 3de verjaarsdag al is dit een dag laat! Julle is die beste ouers wat hy kon vra voor!! Gee hom 'n drukkie van my af!!

Anonymous said...

Baie dankie Thea. Ek sal vir hom 'n drukkie gee.
lekker week vir jou!

Anonymous said...

AG TE DIERBAAR EN JESUS HET NET GEWEET WIE SY MAMMA EN PAPPA MOET WEES WANT BETER KON HY NIE VRA NIE.HY IS OMTRENT N SONSTRAALTJIE EN OUPA EN OUMA IS GEWELDIG LIEF VIR HOM, AL IS HY DAAR VER.DIT IS MAAR NIE N LEKKER GEVOEL MAAR GELUKKIG SIEN EN PRAAT ONS GEREELD MET HOM EN MAAK DIE VERLANGE EN HARDSEER BIETJIE LIGTER.ONS BEGIN DIE DAGGIES AFTEL EN GAAN HOM OP VREET.'

Sandra said...

Baie geluk Mariette en Siegfriend met die kleinman se verjaarsdag en BAIE GELUK kleinman!! Hy's 'n baie spesiale seuntjie.

Anonymous said...

Ja ouma en oupa ons het julle baie gemis en seuna het gereeld gevra wanne ga julle kom. Maar ons tel ook die slaapies af. dan maak ons op vir die een.
Lief julle baie!

Sandra- Dankie vir die geluk wense, as jy dalk 'n tydjie die week het is jy en Charmaine, welkom om ons te help om van daardie baie cup cakes te kom eet.

lekker week!

Dorette said...

Baie geluk met die verjaarsdag! Siestog - hy was darem maar baie klein met geboorte. Dis darem maar wonderlik dat hy vandag 'n gesonde G-man is! Ons dien 'n baie groot God!

Muriel said...

Baie geluk met die kleinding se verjaarsdag!

Ek stuur ook vir hom 'n (((drukkie)))

x x

Anonymous said...

Hi julle 3. Dit het weereens 'n knop in my keel gebring. Gelukkig as ons nou terugkyk was dit deur en deur die moeite werd om deur al die grootword dae te gaan. Baie geluk hoor en dit is iets om te koester. Mag tannie Rita se seuntjie altyd 'n sonstraaltjie bly en vir ons almal 'n seen wees. 'n GROOT soentjie en drukkie van Oom Andre, Tannie Rita en nefie Rein'tjie.

Anonymous said...

Dankie Dorette. Ja ons Vader is groot en getrou, soos jy se!

Dankie Muriel ek gee vir hom daar die drukkie!!

Dankie Rita, ja jy weet mos, die seunies te kosbaar vir hulle mammas!!

lekker week vir julle almal

liefies

mariki said...

Die Here is so goed om vir ons sulke liefie-goeters present te gee, né!

Geseënde jaar vir julle almal vorentoe!

Charmaine said...

Ek is soooo agter die tyd, maar baie geluk met julle baie spesiale seunskind se derde verjaarsdag. Ok val van die blog wereld af op die oomblik, maar julle is baie in my gedagtes. Dis so mooi inskrywing Mariette...