Friday, January 30, 2009

2009 Lug Skouspel.

Ons het besluit om vandag 'n bietjie uit te gaan en sommer nie net uit nie, ons gaan bietjie 'n ander dorp in ons Emeraat vir die dag te besoek. Terwyl ons besig is om gereed te maak vir die ingewing van die oomblik se besluit, kom ons nie agter met die gewoel om alles bymekaar te kry dat die lieflieke sonskyn oggend eweskielek soos mes in die dikste mis verander nie.
Toe ons tot die besef kom en sien dat ons skaars 50 meter voor ons kan sien, besef ons met sommer baie emosies op die mou, dat daar nou 'n nuwe besluit gemaak moet word vir die skielike omwenteling.
Na 'n goed deurdinkende debat besluit ons ons gaan ons self nie laat onder kry nie.
...En ons vat die pad...

Dit is die jaarlikse lugskou op Al Ain, en ons laaste lugskou waarop ons was, was in Wonderboom, en voor die was dit in Hoedspruit.
Ons was skaars 3km op die pad, toe begin ons die mis uitry en is ons toe baie bly dat ons nie gebly het oor dit wat ons by die huis deur die venster gesien het nie.
Ons het baie mense verwag, maar miskien was ons net vroeg, ons was bevoorreg, toe ons daar aankom was daar 'n spesiale parkeer area vir famielies, so ons het nie nodig gehad om ver te loop nie, ek was so bly daaroor want ek het 'n ou seer voetjie, en sukkel om te loop - ek dink ek het my voet seer gemaak 'n rukkie terug toe ek geval het, maar ek sal maar nog kyk of ek dit self kan dokter. Elkgeval, toe ons deur die hekke gaan word ons begroet met die vriendelike gesigte, en almal gee vir ons free-bee's.

Natuurlik was dit vir boeta 'n belewenis, want sy wereld draai om 3 dinge, vliegtuie, haaie en treine. Hy kan vir ure daarmee besig gehou word, hy kan vir jou die storie vertel van Jona wat deur die "walvis haai" ingesluk word, dan na Nineve toe ry op 'n trein en van daar af terug vlieg sodra hy die Here se werk klaar gedoen het.Ha-ha ha 'ek weet dit is opvreetbaar, my ou dierbare liefieding!!
Al Ain is so 130 km van ons af, so dit is nie te ver nie en die pad soontoe is baie mooi, en vir een of ander rede is dit glad nie so besig nie. Dit is nogal mooi oppad daarna toe want die sand verander in die mooiste rooi, en saam met die groen boomplantasies is dit nogal lekker op die oog.

Wanneer mens hierdie manne so kyk van hier onder af dan wonder mens,-word die ou nie siek daarbo met al die toertjies wat hy doen nie? Of selfs dronk - ek sal my rigting heeltemal verloor as ek al daardie truuks moet uithaal.




















Dan is hulle nog so oulik hulle kan woordjies ook skryf.

En hier was ons so gelukkig, terwyl ons daar was, was ons getuies van 'n nuwe wereld rekord.

'n Sweeftuig op sleep(wat met 'n tou aan 'n ander vliegtuig vas was), het 12 "barrel rolls" agter eenvolgens gedoen.


En nadat die sweeftuig se tou los gemaak is, sodat hy sy ding op sy eie kon doen toe hy die regte hoogte bereik het, het hy vir ons ook lug patroontjies gemaak, en hier lyk dit asof hy die borskanker se pienk strikkie maak.

En toe was daar vir ons 'n vertoning gegee deur 'n klomp 'stunt brothers'.

Kyk hierdie seuns kan maar met 'n kar en moterfiets ry.

Mens kan net se wow!! En dan wonder mens hoe lank hou daardie bande?Maar in 'n land soos die maak dit seker nou nie saak nie.
Dit was nou waarlik 'n lekker middag. En soos die teken se 'see you in 2010', se ons indien ons daardie tyd nog hier is, en die Vader ons spaar,- sal ons beslis weer gaan kyk of ons dalk nog 'n wereld rekord kan sien.

9 comments:

Muriel said...

Wow dankie vir die deel!

Ek hoop jou voetjie word gou beter!
x x

Sandra said...

Bly julle het nie nodig gehad om in die mis te ry nie.

Jy moet dat ek vir jou 'n goeie dr se naam gee vir die voet

mariki said...

Dankie vir die inloer daar by my -- waardeer!

Ja, en dink net wat sou julle (en ons) misgeloop het as julle bietjie minder dapper was!

Anonymous said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Anonymous said...

WHA DIS PRAGTIG,HOEWEL EK MAAR IETWAT SKRIKKERIG IS VIR N LUG SKOU.DAAR HET AL TRAMATIESE DINGE GEBEUR TERWYL ONS GEKYK HET.MAAR SOOS EK MY DAPPER KINDERS KEN STUIT NIKS HUL NIE EN SOLANK HUL KAN RY EN ONTDEK IS HUL SO GERLUKKIS SOOS N VARK IN PALASTIENA.MAAR DIT IS WONDERLIK OM DIT TE SIEN.NOU JA ONS WAG VIR DIE VOLG. WAH DINGE.

Thea said...

Ek's bly die mis het julle toe nie afgeskrik nie! Julle het mooi foto's van al die lugtoertjies geneem!

Hoop daai voet is spoedig beter en miskien moet jy maar eerder na hom laat kyk.

Ek het lekker gesmile vir die kleinman se weergawe van Jona en die walvis! :-)

Charmaine said...

Mariette dis die mooiste fotos en die blouste lug. Ons moet dit geniet voor die somer begin met sy vaal lug. Ek dink seunskind is baie slim Jona moes sy stert roer omdat hy so baie tyd gemors het in die vis se maag en daar is mos maniere om vinnig oor die weg te kom :-) :-) dis kostelikk!!!Hoop jou voet is gou beter jong

Anonymous said...

Dankie julle! En ja die weer is nou heerlik mens wens sommer mens kan die dae vries sodat dit net so kan bly maar die somer moet kom sodat ons weer winter kan he!

lekker week vir almal

Anonymous said...

Dankie julle! En ja die weer is nou heerlik mens wens sommer mens kan die dae vries sodat dit net so kan bly maar die somer moet kom sodat ons weer winter kan he!

lekker week vir almal