Ons wou bietjie na Khalifa Park toe gegaan het om vir ons seunie trein te laat ry, maar toe ons by die park aankom, moes ons hoor dat hulle toe is en eers 3uur die middag oopmaak. Met dadda wat nagskof werk, sal dit nie werk as ons trein ry na drie nie, want hy moet gaan regmaak vir werk.
Wat nou en waarna toe was die volgende vraag? Ons besluit toe dat ons met die boot na Lulu Eiland toe wil gaan. Toe ons daar kom kry ons 'n bord wat darm in engels ook geskryf is, wat ons meedeel dat die eiland onbeperk gesluit is vir toeriste...

Daar is mos niks so rustig en kalmerend soos water nie, en dan hang dit af waar jy eet - dan kan jy die water en ook hierdie pragtige stad uitsig he, en ek moet se soms is die uitsig van hierdie groeiende stad 'n mooi prentjie! Aan die linkerkant kan Lulu-eiland gesien word, wat ook dan nou dien as 'n tipe van 'n "Breakwater", en kalmeer die effens groter golfies tot 'n rustige amper spieelgladde area.


Maar nou verstaan ons beslis, daar is 'n ou gesegde wat se : "Wanneer jy in Rome is maak soos die Romeine." So ja, ons het beslis iets hieruit geleer.

Die broodjie was heerlik en heilsaam, en so ook die uitsig en die middag!
6 comments:
Jammer die trein en boot ry het nie uitgewerk nie, maar dit klink darem of julle nogsteeds 'n lekker middag gehad het!
Die stad lyk mooi so van ver af, maar ek kan glo dat dit eintlik 'n besige miernes is!
Dis 'n ding van hierdie stad ne, mens kan nie beplan nie want hulle verander dit sommer terwyl jy nog oppad is. Die koue weer is so lekker en ons moet dit geniet want baie binnekort is dit weer diep 40s
JA EN SO KEN EK JUL ALTYD LUS VIR IETS OPWINDDENS EN N UITDAGING.DIE KOUE HET OOK MAAR SY ANDER ROMANTIEK. DIT MAAK DIE LUG SKOON VAN ALLE NEGATIEWE DINGE EN BRING ROMANS.MAAR GENIET DIT MAAR VIR DIE WARM DAGGIES WAT WEER GAAN INSLUIP MY SKATTE.HOOP NET MAMMA SE VOETJIE IS HEEL VOOR KUIER WANT DAAR MOET GESTAP EN GEKUIER EN GERY WORD NA N KANT TOE.GFENIET ELKE OOMBLIK SAAM EN MAAK NET DIE BESTE UIT N WONDERLIKE DAG WAT AAN MENS GELEEN WORD. BAIE LIEFDE
Mmmm ek kan sommer sien die dag het toe lekker uitgedraai!!!!
Hopelik duik die geleentheid om trein te ry dalk gou weer op! Seuna was seker baie teleurgesteld oor julle nie kon trein ry nie?! Ten minste kon julle darem die lieflike uitsig geniet!
Dorette- Ja die stad is pragtig van hierdie hoek gesien. en dankie ons het dit geniet.
Sandra.- Ons geniet beslis die weer veral as mens onderl lekker komberse kan sit en tv kyk en lekker warm slaap.
Mamsie- Ja ons geniet dit ons is mos nie verniet julle avontuurliste nie... kry net daardie doring in ma se vlees uitgesort sodat ons julle op die avontuur van julle lewe kan neem wanneer julle kom! :-)
Muriel- Dit was heerlik daar is mos niks so mooi soos die see inelk geval nie, ja ...da is die bosveld maar vir nou het ons die see....ha ha ha
Thea- ons het vir seuna sommer die volgende dag gevat vir sy trein ry. ek sal julle nog daarvan vertel. Jy weet mos hoe is kindertjies.. hulle hou aan tot jy hulle vat. :-)
Post a Comment