Thursday, February 12, 2009

Eerste Kennismaking.

Glo dit of nie, maar ons is oor 3 weke van nou af al 'n jaar hier in die U.A.E, en hierdie was die eerste keer wat ons lewendige kamele gesien het.


Hierdie klein mensie van my was so verstom oor hierdie groot diere hier reg voor hom, dat hy nie kon ophou kyk nie, en glo my as ek se, hyt nie 'n woord gese nie. Hy was so stil en so ge-intreseerd in hierdie knopperige dier dat hy net gestaar het, dit was so aansteeklik dat daddy ook net gestaar het. Dit was so asof hulle gereken het-laat ons niks se of doen terwyl die grote menere hul middagete geniet, nie.


Nadat hy goed na die kamele gekyk het, het hy gereken dit is darm maar 'n knopperige dier, want hulle het 'n knop in hulle keel en op hul rug en van hulle op hulle bene ook.


Wow, goed ge-observeer my seuna, want mamma het nog nooit so daarna gekyk nie!


Wha- ha -ha!!


Om die draai, het dogtertjies in hul tradisionele drag gespeel, en gedans. Natuurlik toe hulle hierdie gouekop seuna van ons sien, was al die oe op ons gerig, en het een van die dogtertjies na die mamma toe gehardloop en seker maar gevra of hulle na hom kan uitreik?



Met 'n duidelike kopskud 'ja' van die mamma af, hardloop of bestorm hulle ons ou seunie tegemoed. Gelukkig is hy nie 'n skrikkerige seunie nie en staan hy toe sy man goed tussen die 'girls'! Onmiddelik word sy hoed afgehaal en hulle bevat en bevoel sy haartjies, sy brilletjies word ook af gehaal om na sy ogies te kyk, en van hulle soen hom sommer in sy nekkie, en ander vryf sy handjies. Nadat hulle hom bevoel en bevat het, het ons maar met gebare taal toestemming gevra om 'n paar fotos te neem.



Na die tyd reken ons ou boetie - Shoe mamma, ek dink hulle like my! Hulle kan maar my maatjies wees.



Hier is hulle in hul pragtige helder tradisionele uitrustings. Hulle het die mooiste versierings op hul koppies en om hul nekkies. Selfs hul handjies en voetjies is gehenna.


Hierdie ou dogtertjie was vir my te pragtig. Hoe mooi lyk sy met die goue nekkie, oortjies en koppie.



Hier vat hulle vir boeta om saam met hulle te speel, hulle wys vir hom hoe stoot mens die hout wiellietjie, en na 'n rukkie is dit al in die ronte en hul jaag mekaar, en dit is 'n gekraai van lag en kinder stemmetjies.


Hierdie klomp is die seuntjies, hulle was besig om te dans.


Hulle lyk sommer na groot meneertjies met die wit klere.



Hierdie 3 kamele kyk so gelyk na hul eienaars, kompleet asof hulle so pas van hul base geskinder het, dit was sekerlik 'n lekker juicy storie...!




Dit was 'n lekker uitstappie. Dit was nou ons eerste kennismaking met die sandmense en diere, en dit was heel interessant.

12 comments:

Sandra said...

Ek kan net dink dat hulle dit geniet het om met die blondekop te speel. 'n Uitstappie na die kamele en van hulle heritage plekke is altyd baie lekker. Hoekokm het julle nie kameel gery nie?

Anonymous said...

Sandra- Mmm soos jy kan sien het ons op hulle etenstyd daar aan gekom en nadat hulle geeet het het die kamele se baas op ete gegaan. Ek dink elk geval die oomblik was te groot vir ons blondekoppie, hy sou heel waarskynlik dit nie gedoen het nie.

Sandra said...

:0) jy verstaan nie Mariette ... hoekom het jy of Siegfried of Jaco nie op die kameel gery nie.

Muriel said...

Wow ek is mal oor die foto's van die dogtertjies se klere en soos jy seker nou al weet die kamele!

Die foto van seun so tussen die meisies is baie oulik! Hy is al van vroeg af 'n charmer!!! he he En ek sê net niks van daai sonbrille nie!!

Dankie vir die deel M!

Lekker naweek
x x

Anonymous said...

o,Koek - Nee wat Sandra die arme kameel,sal baie meer gras moet eet om my op sy ou rug te dra,:-) en ek dink nie Sieg of Jaco het eers daar aan gedink nie, maar vlgde keer.- belowe!

Muriel- Ja my ou seuna lyk sexy met sy brille ne! en Ja ek't nogal aan jou gedink toe ek die kameel se fotos upload....

dankie dat julle hier kuier en inloer!!

groete
x.x

Spear The Almighty said...

Hehehe. Ek is nou al 6 jaar hier going 7. Het darem my eerste kameel gouer as dit gesien. :)

Dorette said...

Die uitstappie klink na pret! En lyk jou seunie nie in sewende hemel tussen al die meisies nie? :-)

Hulle word te vinnig groot!

mariki said...

Baie interessante uitstappie hierdie ene met die "knoppe-diere"! Hulle lyk vir my net so "oer" soos hulle is, hoor.

Charmaine said...

O ek lief ook die kamele... al moes ak al hoog spring vir hulle... dis fassinerende diere en die meisies se mooie tradisionel drag!!

Mariette. said...

The Spear...he he he:-) Jy weet 6/7jaar terug was daar seker meer kamele rond as deesdae, want as mens na al die nuwe karre op die pad kyk dan lyk dit soms of dit 'n nuwe uitvindsel is en dalk nou eers 'n plaas vervannger vir kamele. He he he!!
Dankie dat jy kom inloer het!

Ja Dorette die seunie van my het vir dae lang nog van die dogtertjies gepraat.

Jy is reg Mariki, hulle lyk "oer"!:-)

Hey Charmaine Ek dink so baie aan jou die week! - ja hierdie groot dier het so snaakse rustighied omtrent hulle of hoe?

lekker week vir julle

Anonymous said...

Dit is oulik, te pragtig. Hy lyk cool tussen die poppies met sy glasses!Hy geniet die aandag natuurlik te baie.

Thea said...

Baie oulike inskrywing!! Die mannetjie lyk al te oulik met sy sonbrille en kepsie! Ek's ook mal oor die foto van die dogtertjie met die goue bykomstighede. En ja... ek's ook mal oor kamele!