Wednesday, February 18, 2009

Is dit eerlik of vanselfsprekend?


Dit is nou nie die eerste keer wat ons hierdie verskynsel raakloop by die brandstof stasie nie. Ons het al 'n klomp note ook so gesien rond le, maar vandag moes ek net 'n foto hiervan neem, want dit "tickel my mind"....

Daar loop 'n magdom mense hier verby en deur die pompe waar die geld so los le, en niemand kyk eers daarna nie, dit is asof niemand dit eers raak sien nie,....

Dit is regtig so snaaks, en onnatuurlik, want in ons 'geboorteland' word mense se lewens geneem vir R10.00 en selfs minder.

Ja dit lyk nie na baie geld nie, maar geld is geld, en dit le daar in die middel van alles.
Nou wonder ek is die mense net baie eerlik, of is hulle regtig "stuped", of dalk iets anders-
Is hulle bang vir die land se reels en wette, want mens kan baie vinnig en selfs onskuldig in die tronk beland, of self uit die land gedeporteer word.

Of is dit as gevolg van hulle geloof? Ek moet se, ek respekteer hulle nogal in n sekere mate vir die feit dat hulle so religieus is, wat dalk 'n impak kan he op sekere elemente soos diefstal ens.
Verseker is daar ook sulke elemente soos misdaad hier, maar dit word dadelik vasgevat, dalk is dit 'n bydraende rede, die wette is nie net goeie advies nie, dit is wette wat toegepas word!


Nou kan mens jouself deur verskeie redenasies neem om die wortel van goed en kwaad te ondersoek, en te wonder net hoekom 'n land soos ons geboorteland so deur misdaad getreiter word, en hier waar ons nou bly, het dit nie eens 'n impak op die mense se lewens nie. En ironies genoeg, mens raak nogal gou gewoond daaraan, die feit dat mens nie alles hoef te sluit en weg te steek nie,...die lewe soos wat God bedoel het dit moet wees, om ander se goed en hulleself ook uit te los en te respekteer, nou nie dat die respekteer gedeelte altyd hier toegepas word nie, maar misdaad is hier beslis nie 'n alledaagse verskynsel nie.

7 comments:

Anonymous said...

JA BAIE INTERRESENT KINDERS. TYD DAT S.A. N AFVARDIGING STEUR OM DAAR TE GAAN LEER VAN NETHEID EN WETTE.DIT MOET NET VIR SLAG VAS GEVAT WORD. WIL NIE HARD PRAAT MAAR WIL LYK NA N 2DE ZIM.MAAR HOU SRYF VAS AAN DIE WOORD WAT ONS LEER"AS GOD VIR JOU IS WIE KAN TEEN ONS WEES"ONS SAL NET HARDER MOET BEGIN INTREE VIR ONS HOOFDE DAT DIE HERE HUL SAL LEIDING GEE.MAAR VERDER VAT ONS 1 DAG OP N SLAG EN MAAK DIE BESTE DAARVAN"LIEFDE EN VERLANGE

Thea said...

Of dit eerlik of vanselfsprekend is, dis hoe dit hoort. Mens wens dat dinge hier ook anders kan wees...

Lekker naweek vir julle!

Anonymous said...

Hi daar dit is so eronies, ek was nou net op die Beeld se Wep en dink bymyself, is daar nou geen goeie nuus in nie. Ek hoop en bid dat ons by 'n punt sal uitkom dat ons ons kinders so sonder geweld kan grootmaak. Wat 'n voorreg om dit te kan beleef. Liefies

Anonymous said...

Dit was ek sonder naam wat vir julle geskryf het.

Charmaine said...

Ek weet Mariette, dit verstom my net so. Ek stap elke dag by daardie materiaal winkeltjies naby my werk verby en dan laai die mense rolle materiaal van trokke af en los dit voor die deur van die toe winkel.... en niemand vat dit nie!! en daar hang 'n sak brood aan die deurknop van 'n restaurant en wag vir die restaurant baas!! amazing

Mariette. said...

Ja mamsie - mens wens so dinge kan anders wees vir SA want dit is so mooi land.

Thea- kan jy dink hoe dit sou wees? ek dink dit wat ons hier het is seker hoe SA was in die ou dae...ai hoekom moes dit so uitdraai

ja jou boebenolies! ek het geweet dit is jy. Ek wens ook vir Rein se part soms dat julle ook kon ervaar wat ons doen want die kinders blom hier in die buiteland met al die dinge wat hier te bied is vir hulle sonder geweld en misdaad.

Charmaine ja dit is amazing! veral as mens sien hoe die mense hulle water bottels met geld daarin ook los vir nuwes. Ons staan soms verstom oor dit. Maar jy die vryheid wat saam dit kom verruil ek nie op die oomblik nie ne!:-)

Muriel said...

Wow julle is gelukkig om so te kan leef!

Soos Thea wens ek ook dinge by ons kon anders wees!