
Daar is 'n paar van hierdie treintjies, wat met wiele ry en nie op spore nie. Seuna wat natuurlik trein bevange is reken dis mos nie reg nie, maar as hy kan ry is dit seker maar reg so.
Ons wag maar die eerste keer dat die treintjie ry, nadat hulle stampvol gepak word. En die tweede keer moes ons soos afkop hoenders hardloop en druk en stoot om 'n gaatjie te kry.
Uiteindelik is ons op en hier gaan ons tjoekoe tjoeeeee, !! Ons het trein gery omdat ons gedink het die plek is baie groot en dat dit ons lank gaan vat om daardeur te loop, maar dit was glad nie die geval nie. Die dieretuin is nie so groot nie en na 'n half uur se ry is ons weer by die 'stasie'. En nogal met 'n ses minute stop by die snoepie. Mens kan sien dat daar mooi na die diere gekyk word, maar

Mens sou nou regtig gedink het na al daardie gehapet en spring en lag dat die man moeg sou wees en in die kar sou slaap oppad huis toe, maar nogal nie, ons ou liefieding wou toe stories hoor van al die diere wat hy gesien het en wou weet wat hulle alles eet en al sulke dinge, en toe ons by die huis kom moes ons vir hom hulle teken dat hy kon inkleur.

5 comments:
DIT LYK REGTIG PRAGTIG EN OPWINDEND SKAT. ONS HET 'N LIEFLIKE DIERETUIN EN KOM 1 KEER ELKE 2DE JAAR DAARUIT. SO JA KAN SIEN JULLE GENIET DIT OM MOOI PLEKKIES OP TE SOEK. NATUURLIK'N FEES VIR ONS SONSTRAALTJIE. GEEN TEKORT AAN LEKKER UITSTAPPIES NIE NE!
LIEFIES JULLE
Dankie vir die deel Mariette!
Ek hou van die Zebra treintjie!
Hoop jy voel ook gou beter *grin*
Geniet die naweek
x x
Lyk of julle sommer 'n baie lekker dag gehad het!
Lekker naweek! Of is die naweek daar al verby? :-)
Ma A3- soos ek se niks kom by jule dieretuin nie. maar dit was 'n iets anders. sal julle ook vat om te gaan loer. wanneer julle kom
Muriel- die Zebra treintjie is nogal uniek!
ek voel beter dankie.
Thea.- dankie was 'n lekker dag. ja die naweek ding. gaan nog 'n ruk vat om gewoond te raak daaraan.
Hi meisiekind. Dit is pragtig. Dankie hoor. En Sieg nogmaals baie geluk met die verjaarsdag. Hoop julle koek was lekker en jy het kersies doodgeblaas. Geniet die volgende jaar volkom.
Post a Comment