Tuesday, December 22, 2009

Dit is als deel van Karakterbou.

Die dag na die troue, het ons bietjie by vriende in die Kaap gaan kuier, hulle bly in die Strand. Dit was ons eerste keer in daardie deel van die Kaap, maar mense dit is 'n mooi plek, nou weet ek hoekom mense so mal is oor die Kaap, dit is regtig pragtig, al waai die wind die meeste van die tyd daar....
Ons het nie werklik rondgery nie, want ons het gegaan om vir ons vriende te kuier wat ons so lanklaas gesien het, en die dag toe Andre ons so bietjie wou rond ry en rond gaan wys het, het ons ou engelkindjie siek begin voel.
Maar ons sal verseker volgende keer bietjie meer van die mooi gaan kyk.

Een van die redes hoekom ons gaan kuier het is omdat Betsie en Andre 'n nuwe kleinding gekry het, Danielle. En hierdie tannie moes eers bietjie gaan pop speel het.
Ag en ek dink dit is die pragtigste ou dingetjie, so baie haartjies, en sy is so klein, maar laat ek vir julle se sy is so stil mens weet nie eers van haar nie, - behalwe as daar nou natuurlik 'n wind is wat druk.
Laat ek julle se hierdie klein sussie, se 2 groot sussies en klein boet is mal oor haar, en mens kan sommer sien hulle gaan hierdie klein sussie van hulle nog baie bederf, en toe gooi met al die baie liefde!
Ai toggie, en toe ons terug vlieg, raak ons seuntjie op die lughawe siek, met die lelike maag bug wat sommige van julle in SA nou al gehad het. Gelukkig so by die ongeluk, kom dit toe net eers bo uit, en ons gaan deur 3 spur sakke, en 12 vliegtuig sakkies, ( julle weet wat ek bedoel), en ek sien hier voor my oe hoe my seunie verswak en dehidreer, en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie, want hulle het niks op die vliegtuig behalwe vir ponado's nie en dit ook net vir volwassenes.... (terloops dit is 'n S.A.L vlug gewees...)
Minute voel soos ure, en die 2 ure vlug voel soos 'n 8 ure vlug na die UAE toe. Uiteindelik is ons naby, maar oe wee - daar breek 'n storm uit en ons vlieg die storm gemoed, en nadat ons baie turbulensies gehad het, se die kaptein, mense ek gaan net een keer probeer land, en as dit onsuksesvol is moet ons Durban toe vlieg vir brandstof, en daar bars my traan sakkies en ek huil soos 'n baba- nie oor die storm nie, maar oor my baba wat nie lekker is nie. Dit is nou nadat ons verskeie kere in "holding patterns" geplaas is, en ons verskeie kere nie by die aanloopbaan kon uitkom nie, weens die storm. Ek besluit toe om baie hard te bid, en Prys die Here, hulle kry 'n gat in die storm soos hulle dit noem en ons kon toe land....Ek moet se dit was 'n uiters goeie landing, gegewe die omstandighede, so wel gedaan aan die vlieeniers.
Ai dit was baie aaklig, maar dankie tog ons kon by 'n apteek uitkom en goed kry wat ons seuna ophelp, en 'n lekker rus by ouma se huis.
Die volgende dag is boeta op en aan die gang, nie heeltemal wat hy moet wees nie maar hyt darm weer krag vir speel, en glo my dit kan hy goed doen met sy oupa.
Terwyl hulle so lekker gespeel het het mamma en pappa siek en plat in die bed gele met dieselfde gogga, maar die ergste was net vir 'n dag lank of so het ons aangeneem.
Ons het ons kers ete met 'n dag uitgestel omdat ons so goor was en glad nie kos se reuk kon verdra nie. En die volgende dag toe reel ons die kers ete want toe kon die kinders nie meer vir kersvader wag nie.
Ek moes toe vroeg inspring om die eetgoed te maak, want ma kon nie help nie want toe was dit haar beurt om siek te wees, en natuurlik Jay ook.
So die gevolg was dat my pa en my man maar moes inspring en my help met die maak van die kossies, en Rita en Andre het die vleis gaar gemaak want toe besluit die oond hy is ook af en siek en wil nie verder werk nie....
Maar ons het 'n sukses van dit gemaak en almal kon hul magies vol eet.
Na die ete, het kersvader sy verskyning gemaak, en glo my die kindertjies was verby opgewonde, wat lekker is, is dat hulle almal nou op 'n ouderdom is dat hulle nie meer bang is vir die man in die rooi klere nie.
Ou Wynand was sommer ons man van die uur.
En hy was te oulik met die kleingoed.
Toe is dit geskenkie tyd.
Daar is niks so mooi soos 'n kind met afwagting in hul gesiggies nie.

Selfs Zante het haar eerste geskenkie by kersvader gekry.
(nogal van Abu-Dhabi af as ek mag byvoeg :-)

En na die geskenke uitdeel was daar tyd vir 'n drukkie of 2, selfs Rita het 'n ou stywe druk van kersvader (haar boetie) gekry.

Nou hierdie moet eintlik 'n gesensorde kiekkie wees, maar met toestemming van die man homself het ek hom geplaas, Kersvader se broek het geskeur... en dit was 'n groot grap vir die mammas en pappas wat dit gesien het.
(Gelukkig is sy 'undies' skoon en nie vol gaatjies nie-lol!!)


Na al die lekker lag het ons lekker gekuier en die kindertjies het lekker met hul nuwe goedjies gespeel.

Ag siestog, tot ons fotograaf was buite aksie, maar hyt darm so nou en dan uit sy kwarentyn kamertjie uitgekom om 'n foto of 2 te kom neem

En hier was die siekeboeg, mamsie was so pap, maar gelukkig het kersvader ook vir haar ietsie gebring.

En die volgende dag toe ons ons oe oop maak, toe is my seuntjie weer siek, Ons besluit om hom dokter toe te vat, die dokter gee toe vir ons baie goor nuus en se dat seuna heeltemal gedehidreer is, en dat hy 'n drup moet kry, ons se toe dat ons die volgende dag moet vlieg.
Ai tog, en so gebeur dit toe dat ons in die hospitaal oornag.
Om alles te kroon, moes ons 12 uur op die volgende dag op die lughawe wees en seuna was eers 10:30 ontslaan.
Maar ons was betyds, vir ons vlug en die dokter het vir ons goedjies gegee wat ons deur die vlug kon dra, en dat dit nie soos die vorige vlug moet wees nie.
Dankie tog daarvoor!!
Ons is gelukkig nou veilig tuis, Boeta nog nie lekker en gesond nie, maar glo dat hy gou beter gaan voel.
Ek moet se, dit mag klink asof ons 'n baie goor kuiertyd gehad het, en ja dit is nie lekker om kuiertyd in die hospitaal deur te bring nie, maar ons het wel die res van die kueir baie geniet.
( jammer vir die nuwe "word verification" by die comment's, maar ek het bietjie spam gekry en wil dit probeer stopsit. So jammer vir die ongerief as julle comment)

4 comments:

Sandra said...

Korreksie Mariette ... die wind waai nie altyd in die Kaap nie, net wanneer daar Gautengers is. Dat die wind somtyds by die see waai is waar want dis see :-). Vlg keer voordat julle gaan, praat met my ok.

Bly julle het jul tydjie geniet en hoop julle voel gou beter. Ek hoop julle sal baie beter wees om saam met ons te kom sing.

MA RAS said...

JA MY KINDERS WEER EENS BEWYS DAT N MENS GLAD NIE DAG VAN MORE KAN BEPLAN NIE, EK HET SO VERSKRIKLIK UITGESIEN DAARNA EN WAS REGTIG BAIE SIEK. MAAR MOET SE EK BAIE TROTS OP JOU JY HET REGTIG JOU UITNEMEND VAN JOU TAAK GEKWYT, ALMAL PRAAT OOR HEERLIKE KOS. EN AAND WAS N REUSE SUKSES.

SO SAL ONS DIT ONTHOU VIR ALTYD.MAAR VIR MY BLY DIT N WONDERLIKE MAAND MET AL MY LIGGIES BUITE EN BINNE EN MAAK MY VERSKRIKLIK OPGEWONDE, NOGTANS IS ONS GESEENDE DAT ONS NOG ALMAL GESPAAR IS, OM MEKAAR TE GENIET,

WATTER WONDERLIKE VOORREG, NOGAMAALS DANKIE MA SE POP!

BAIE LIEFDE EN ERG VERLANGE
N.S DANKIE VIE MOEITE OM DIT ALTYD MET ONS TE DEEL.

RITA said...

Hi my meisiekind. Jong jou blok is pragtig. Ek moet vir die mense se dit se dat julle dit 'n wonderlike geleentheid gemaak het. Julle het uit julle pad uitgegaan om dit lekker te maak. Julle ouers is bevoorreg om julle as kinders te mag he. Die kersvader was pragtig met geskeurde broek en als en die kinders "en grootmense" het dit ontsettend geniet. Ek hoop net seunie raak gou van die ou lelikke virus onstlae. Lief vir julle

Jan and Miekie said...

Ai tog! So 'n maagvirus darem. Ek hoop julle is almal gou heeltemal oor die ding. Ek het jou vertelling baie geniet. Ons Franco het waterpokkies gehad en kon toe nie ou kersaand (ons groot viering) by wees nie want die een kleinniggietjie is nog baie klein. Voorspoed vir julle.