Friday, January 1, 2010


Wanneer ons as vriende op mekaar se skouers staan-is meer dinge vir ons sigbaar!
Wanneer ons rug aan rug staan-is daar minder om te vrees!
Wanneer ons skouer aan skouer staan-is die las ligter.
En wanneer ons saam opkyk, is die prag en Grootheid van God se genade asemrowend!
Voorspoed vir die nuwe jaar en mag 2010 'n wonderlike jaar wees.

6 comments:

Jan and Miekie said...

Dis pragtig! En so baie waar! Dankie. 'n Baie geseënde (maagvirus vry) jaar (ek bedoel dekade) vir julle!

Thea said...

Hou van jou vuurwerkvertoning! :-)
Ek hoop ook almal is nou ontslae van al die kieme en reg vir die nuwe jaar. Voorspoed en seën vir julle ook vir 2010!

Liefde

xx

Sandra said...

HI daar hoe gaan dit met die sandvlooie en die klein vlooitjie? Julle beter?! Kan ons al daai koffie reel?

Mariette said...

Dankie Miekie en Thea, ja ons is nou kiemvry en glo dit sal so wees vir die nuwe jaar.
'n Great jaar vir julle ook.

Sandra ons is almal gesond, en weer perd fris, so ja gooi maar 'n boodskappie dan reel ons vir daai koffie.

lekker week vir julle almal

RITA said...

Hi Meisiekind. Julle kan maar net ne. Dit lyk pragtig, ek dink om dit self te kon sien sal dit iets wees wat altyd blywend sal bly. Hook 'n wonderlike jaar vir julle. Liefde

Bubbles said...

Mariette, dankie vir jou nuwejaarswense! Mag dit vir julle ook 'n vreugdevolle jaar wees! Ek was lank weg van Bloggerland maar hopelik sal ek die komende week iets daaraan doen... ! Ek is so vêr agter met my postings dat dit lyk of ek voor is!
Groete!