Tuesday, January 5, 2010

Dit was Asemrowend!

Dit was gisteraand die opening van die Burj Dubai- wat nou bekent staan as die Burj Khalifa.

Soos alles in die UAE was dit iets asemrowends!


Ons wou gaan en dit bywoon, maar toe ons hoor hoeveel mense verwag word, het ons besluit om na dit op die tv te kyk, en dit was net so wow om te sien.

Ek het sommer 'n paar stukkies van die tv af 'getape' om dit met die van julle, wat dit nie op julle tv gesien het nie, te deel. - Dit was net so asem snakkend,-ek moes net gou hierdies tukkies met julle deel. (2 biljoen mense het blykbaar regstreeks daarna gekyk)

Hierdie stukkie hier onder is die UAE se nasionale volkslied.

Die fonteine was gesinkroniseerd vir die volkslied. Terloops die fonteine skiet 150 meter die lug in op, en hulle reken dit is die enigste water orrel met die verskeidenheid van kleure en wat so hoog in die lug op kan spuit.

Hieronder spring 'n valskermspringer van die bopunt van die Burj Khalifa af, net om te demonstreer hoe hoog die gebou eintlik is.

Ek sal vir julle se dit is baie indrukwekkend maar man daardie outjies moes hulle spring en ding geken het om so 'n kans te vat....


Die finale hoogte van die gebou was 'n geheim tot gisteraand toe, en op die video kan julle sien dit is uiteindelik 828 Meter hoog! Asemrowend mooi en hoog, en by die 300 meter hoer as die naashoogste gebou in die wereld. Ons sal later self gaan kyk, en meer fotos kry, met meer detail oor hoeveel sement, staal ens. gebruik is, want op die 124 ste vloer, maak 'n 'spectator deck' oop, met 'n glas vloer, en ons gaan daarna kyk, as ons braaf genoeg is, bygese.




Die allermooiste en weereens asemrowende vuurwerk vertoning is gehou, en die klank daarvan kon blykbaar baie ver gehoor word. Wens ons kon alles vir julle wys, maar julle sal 'n idee kry van hoe enorm die beplanning moes wees vir alles om op die regte tyd te gebeur. Om alles te kroon het die ouens wat dit opgestel het het, nie eens ge-oefen met 'n 'voorvertoning' nie, en alle krediete aan hulle vir die 'effort' wat seepglad verloop het.



Wat dink julle hiervan?

8 comments:

Thea said...

Ek lees vroeër vandag op 'n bekende professor se blog dat hy reken die gebou nie om praktiese redes gebou is nie maar om iets te "bewys". Hy noem ook dat dit ironies is dat dit geopen is op 'n tyd wat Dubai hulle grootste finansiële krisis ooit beleef.

Maar dit ter syde gestel, dink ek persoonlik dat dit skouspelagtig moes gewees het vir die wat dit aanskou het. Hoendervleisoomblikke...

Sandra said...

Dit was 'n besonderse opening Mariette en mos soos hulle daarvan hou, groter en beter as ander.

As ek vir Thea mag antwoord... ja dit is gebou om iets te "bewys" almal weet dit. Dis juis oor hulle finansiele krises en die biljoene wat Abu Dhabi vir hulle gegee het, wat die toring sy naam laat verander het :-).

MA ADRI said...

MY kind dit is ongelooflik mooi nog te meer om te dink was daar en dit gesien en aanskou. dit is net hul wat so iets kan deur voer. wens iemand ruk hierdie mense van ons reg om ook so te kan waag dan sal dit n beter plek wees.
D ankie dat jy dit met ons deel dis is werklik pragtig

liefde

Jan and Miekie said...

Wow and Wow and Wow! Ongelooflik! Ek wonder waarmee S.A. vorendag gaan kom met die wêreldbeker, maar ek dink nie so iets nie - nie naastenby nie! Daardie mense dink beslis groot!

Ani said...

Wow, moet ongelooflik wees om te sien. Hoop jul het 'n wonderlike 2010!!

SA Expats said...

Wow, ek wil nog daar opgaan!

Charmaine said...

Dis defnitief 'n plek wat ek ook sal wil besoek die en opgaan en by die uitkykpunt oor die stad kyk.. dit moet amazing wees. Sommer hoendervleis gekry vir die Volslied van die mense. Dankie vir die deel van die inligting. Mariette, gee my 'n luitjie asb.

Mariette. said...

Dankie vir al die comments. julle, Ja ons gaan beslis bietjie loer hoe dinge van daar bo af lyk....

lekker week

-x-