Tuesday, January 26, 2010

Lekker winters middag.

Boeta het besluit hy wil bietjie gaan trein ry, want ons was lanklaas by Khalifa Park, omdat hulle aan die park gewerk het en die helfte van die goed by die park gesluit was.


Hy kon glad nie wag nie, en hy het onmiddelik na die trein gehardloop, maar moes toe eers wag voordat hy kon inklim omdat dadda eers die kaartjies moes koop. En glo my, 'n paar minute se wag kan soos 'n paar ure voel. Na die lekker koue treinrit het ons in die park gaan speel, mens kan nie dink dat die windjie so koel kan raak nie, maar verstaan my nie verkeerd nie, ek moan glad nie daaroor nie dit is eintlik hemels. Ons geniet die koel dae en aande.



Die park was redelik vol gewees, maar dit is lekker, want dit is so spesiaal om al die mammas en pappas saam te sien speel en hardloop. En die kinders geniet dit vreeslik as die ouers so saam speel. Ek dink ook baie van hierdie nasie se ouers is self nog kinders en dit is hoekom van hulle so lekker saam speel en hardloop.

Nou ja, julle kan sien dat hier baie energie verbrand was, en dat die groot man van ons dit baie geniet het.

Die park se tuin is pragtig! Alles blom mooi en die gras en boompies is grasgroen, dit is so lekker op die oog, en verskaf waarlik 'n gevoel van ontspan.




Saam met die pragtige groen en kleur van die tuin is daar ook die mooiste liggies in die palmboom lanings, en in die paadjie af. Dit is so romanties.




Die fonteine spuit ook almal weer. En so met die son se ondergang is dit asemrowend mooi!



By die ingang van die park het hulle hierdie nuwe kaktus ligte ingebring, met die woestyn blomme. Dit skep ook 'n ander prentjie, en mens kan sien hier is baie moeite ingesit, en dat hulle regtig probeer om dit so pragtig as moontlik vir die hele gesin te probeer maak.



Dit was werklik 'n lekker uitstappie, en ons almal het dit baie geniet. Volgende keer bring ons ook 'n piekniek mandjie saam,- soos die ander dit hier doen. Nou dat ek daaraan dink, kan dit selfs 'n lekker plekkie uit maak vir Seuna se verjaarsdag parytjie.......

9 comments:

Sandra said...

Ek het verlede week gesien daar is soveel motors in die aand nou - dit bly darem 'n mooi park met lekker fun vir die kinders. Ons kan mos 'n lekker "groot" piekniek een aand gaan hou of hoe?

mariette said...

Dit klink nou na 'n goeie plan. Ons sal beslis bietjie reelings maak vir 'n lekker piekniek, voor die hitte kom.

RITA said...

Hi daar. Dit lyk lekker maar ook 'n bietjie koud. Die kinders geniet dit wel vreeslik en kan darm 'n bietjie van hulle energie ontslae raak. As julle piekniek hou dink aan ons in hierdie ou goor Gauteng wat mens nie meer die vryheid en vrymoedigheid het om mens se gesin na sulke plekke toe te kan vat nie. Liefde

OUMA ADRI said...

AG OUMA EN OUPIE SE SEUNTJIE WORD NOU VINNIG GROOT. MAMMA LOS TOG DAARDIE PRAGTIGE KRUL HAARTJIES HOOR.!JA HY GENIET DIT TOG AL TE VREESLIK. MAAR N KIND SE SPEELPLEK.OUMA EN OUPA KAN NIE WAG VIR ONS SONSTRAALTJIE NIE NIE TE PRAAT VAN OOM JATTA NIE,

SO ONS HARD AAN WERK VIR ONS SONSTRAALTJIE SE VERJAARSDAG PARTYTJIE.

Charmaine said...

Ai ek was baie lanklaas by die park en stem vir 'n piekniek...sommer baie gou ouens. Die hondjies sal seker nie kan saamkom nie ne?

Mariette said...

Rita, ja as ons na sulke plekke toe gaan dan dink ek altyd aan Reintjie want hy sal darm maar nou sy hart uit geniet by so plekkie.

Jaaaa ouma ons sal nie die seunie se hare sny nie.... sien binnekort.

Charmaine ons moet regtig plan maak met daai piekniek, praat jy en sandra en dan laat weet julle ons dan maak ons 'n plan voordat dit tewarm raak.
Ek is self nie seker van die hondjies nie...

lekker daggie.

Anonymous said...

Dit lyk pragtig!!.. So opgewonde...
een van die dae kan Dinè ook bietjie trein ry. Die tyd moet nou net vlieg. Seuna en Dinè gaan mekaar opspeel... en ek gaan lekker moet hol agter Zantè aan.
Ek hoop Christiaan het 'n lekker B'day gehad. Ons gaan lekker party hou oor 2 weke. Sien julle dan...
Liefies skoonsus

Mariette. said...

Dankie lizzy!

Lekker om van jou 'n comment te kry.
Ja ons kan nie wag vir julle kuier nie, ons sal net 'n formule moet ontwerp vir die tyd om stadiger te loop, want ons wil vir julle soveel as moontlik wys....

sien uit hoor.
Dankie vir seuna se B-day wens.
sie julle oor 2 weke!


luv

Ani said...

Hi

Dis die mooiste park, en daardie klimraam, dis enige kind se droom. En die bome met die pers blommetjies, dis ongelooflik mooi.

Lekker week vir julle!!