Met die wat ons die laaste rukkie saam met Flattie in Dubai rond kuier, het ons op hierdie interessante verskynsel afgekom.
Die hotel waar sy tuisgaan, het 'n klomp inligtings blaaitjies van dinge en toere om te doen in die Dubai omgewing, en toe ons op hierdie een afkom het ons saam besluit dat dit 'n avontuur is wat ons moet probeer....
Dit is nie 'n nuwe ding in die UAE nie, want hulle het dit al van 2005 af.
Die Wonder Bus is 'n bus wat op land en see kan ry.
Ongelooflik om dit te dink maar dit is sowaar so.
Ons maak ons bespreking, deur die hotel, en moet die volgende dag die bus 'n halfuur voor vertrek tyd by die BurJuman centre kry.
Kyk dit was warm, maar ons was gereed vir die avontuur, ons het ons hoedjies op gesit en ons water en koeldrank gepak.
Ons het saam met Flattie en van haar besighiedsvennote , Pierre en Shawn op hierdie unieke bustoer gegaan. Ons was almal so opgewonde en kon nie wag vir die oomblik om aan te breek nie.Die bus het plastiek vensters so vir die eerste deel van die toer het ons met Aircon gery, en dit was so heerlik, want ons het bietjie vroeer opgedaag en moes buite onder sambrele sit en wag, en glo my ons gesiggies was rooi van die hitte, gelukkig het ons almal sonroom aangehad vir die son se strale.
Nadat ons deur die stad na die creek toe gery het, het ons vir 'n oomblik gestop voordat ons die water ingaan. Toevallig was daar 'n televisie opname vir Kuwait TV, wat 'n dokumenter gemaak het vir hulle toerisme kanaal. So toe moes ons eers stop sodat die kamera man sy toerustig reg kon kry vir die groot splash.Nou ja, op die boonste foto #1 kan mens sien dat ons besig is om in te ry, En WOW! Splish splash daar splash ons in ~ die 2de foto kan jul sien dat ons reeds in die water is en die 3de en 4de fotos kan mens sien dat ons heerlik in dieselfde bus op die water vaar. (Die kliener foto is een wat ek van die inligtings blad af geneem het net om te wys hoe lyk dit wanneer mens in die water tref)
Oral langs die creek af is daar Abra water taxie's wat die mense van die een kant van die stad na die ander kant vervoer, dit kos maar net 1 Dirham(R2,50) om so water taxi te ry, maar ek dink dit kan nogal op 'n dag soos hierdie een erg wees om in die hitte op die water so oor en weer te ry. Daar is ook 'n hele klomp dhows(tradisionele houtgemaakte bote) langs die creek af wat restaurante is en dit lyk weer op sy beurt na 'n lekker ervaring.(veral vir 'n romantiese aand of so :-)
Hierdie nuwe geboue gekombineer met die ou geboue is asemrowend.(Die kliener foto is ook uit die inligtingsblad uit)
Die 1ste foto is ons host. Hy het gesorg vir bietjie pret en lag met sy grapperige aanbieding.Die 2de een is my liefie wat voel hoe dit voel om in die host se stoel te sit. En die 3de een is Kuwait se Tv span wat 'n onderhoud hou met Flattie.

Na 'n uur in die water en se vaar langs die creek af, is dit tyd om terug te keer, en so ry ons boot-bus uit die water uit reg vir die pad terug na die BurJuman centre toe.Wat 'n heerlike ervaring!
Terloops Dubai het 2 van hierdie busse, en hulle kos elk 3,5 miljoen Dirharm.(maal met omtrent 2,5 vir rand)
(kliener foto uit die inligtings blad uit)
Voordat ons van die bus af klim moes ons 'n foto neem van die land en see buskaptein.
Natuurlik moes die dag met iets te ete afgesluit word, en ons hop toe sommer in die BurJaman centre in om iets te kry, by die eerste restaurant kry ons 'n heerlike spesiaal,... die menu bestaan uit,- spinasie sop met broodjies, 'n bees straganof vir 'n hoofgereg met rys, en 'n griekse slaai. Dan enige koek of poeding van jou keuse, saam met 'n koeldrank en 'n koffie of tee om die ete mee af te sluit.
Mmmm en dit was nou vir jou heerlik voorgesit, en ons het ons maagies lekker versadig ge- eet.
Selfs ons kleinman het al sy kossies ge-eet om 'n happie poeding te kon kry, en wie kan nou nie vir so bekkie lief wees nie....