Daar is 'n paar van hierdie treintjies, wat met wiele ry en nie op spore nie. Seuna wat natuurlik trein bevange is reken dis mos nie reg nie, maar as hy kan ry is dit seker maar reg so.
Ons wag maar die eerste keer dat die treintjie ry, nadat hulle stampvol gepak word. En die tweede keer moes ons soos afkop hoenders hardloop en druk en stoot om 'n gaatjie te kry.
Uiteindelik is ons op en hier gaan ons tjoekoe tjoeeeee, !! Ons het trein gery omdat ons gedink het die plek is baie groot en dat dit ons lank gaan vat om daardeur te loop, maar dit was glad nie die geval nie. Die dieretuin is nie so groot nie en na 'n half uur se ry is ons weer by die 'stasie'. En nogal met 'n ses minute stop by die snoepie. Mens kan sien dat daar mooi na die diere gekyk word, maar
Dadda en boetie het natuurlik die oopte van die gras geniet, boeta was die varkie en dadda die wolf en was dit vir jou nou 'n gerond jaagery. Ons het hom so geniet, want hy leef homself so in die storie en speelietjie in, dat die beentjies so lam word dat hy nie kan 'hapet'-(hardloop) nie, soos hy dit se.
Mens sou nou regtig gedink het na al daardie gehapet en spring en lag dat die man moeg sou wees en in die kar sou slaap oppad huis toe, maar nogal nie, ons ou liefieding wou toe stories hoor van al die diere wat hy gesien het en wou weet wat hulle alles eet en al sulke dinge, en toe ons by die huis kom moes ons vir hom hulle teken dat hy kon inkleur.
Dit was nou nie heeltemal wat ons verwag het nie, maar dit was 'n baie lekker uitstappie, en nou weet ons ook hoe die dieretuin hier tussen die sand en klipberge lyk.