Wednesday, October 7, 2009

Ons Stad van bo.

Daar is seker al 'n paar keer in die blog-wereld oor hierdie restaurant by Marina Mall geblog. Maar vir die familie wat daar ver in SA sit en nie die ander blogs lees nie, hier is ons baie oulike 'ou'( nuwe ) koffie drinkplek.
Die onderkant van hierdie ronde gedoente daar ver bo
die mall is die 'coffee house' - Colombiano. En aan die heel bo kant is die fancy draai resturant Tiara. Ek het al oor Tiara geblog met my ouers se huweliks herdenking

Hulle logo is op meeste van die tafels gegrafeer, en met die donker/swart hout lyk dit nogal baie stylvol.

Die dekor en die kleur teen die mure is baie kleurvol, en dit laat mens sommer energiek en lewenslustig voel, en met die lekker latynse musiek in die agtergrond wil jy sommer net daar opspring en een van J-Lo se dans passies uithaal en jou bas al in die rondte swaai!



En ek kan hulle kos aanbeveel. Dit is uit die boonste rakke en dit is nie 'n klein happie nie. Daar is meer as genoeg om die gaatjie in die magie te vul vir 'n middag ete.
En dan natuurlik is hulle drink goed net so lekker, ek kon nie eers die koffie afneem nie want dit was te vinnig in die manne se kele af.

Ons was vreeslik gelukkig, want die dag wat ons toe nou besluit het om daar te gaan koffie drink, was dit die mooiste blouste dag, en kon ons redelik ver sien. En glo my dit is 'n bonus hier rond.
Hierdie stad van ons bly maar nog 'n ontwikkelinde/groeiende stad, oral waar jy kyk en ry is daar 'n nuwe ontwikkeling wat plaasvind. Dan moet ek byvoeg dit is nie die gewone ou regop geboutjies waaraan ons in ons geboorteland gewoond is nie. Die goed is hoooooog en groooot en het baie glas en mense dit is indrukwekkend.
Sandra het nou die dag bietjie daaroor geblog en van die anderste as gewone argutektuur, en strukture hier rond gewys.


Nog 'n baie "awesome" ding wat hulle doen is hoe hulle die land 'reclaim'. Vir die van julle wat nie heeltemal weet wat ek bedoel nie, - hulle besluit vandag hier wil ons iets nuuts doen en dan sommer so in die middel van die see, soos hier bo , begin hulle die see droog le en hulle maak 'n nuwe eiland en bou daarop, soos ek kan verstaan is Marina mall juis een van daardie eilande, en wat dit dan soveel meer wow maak is dat daar word nogal baie op daardie selfgemaakte landjie gebou, (gewig's gewys).
Wat nog asemrowend is, is dat mens so ver kan sien van hier bo af. Ek is nie iemand vir hoogtes nie, ekt eers 'n rukkie gevat om tot verhaal te kom toe ons met die 'lift' opgegaan het na bo. Maar toe ek eers weer myself reg geruk het kon ek ook die mooi in sy glorie bekyk.


Wanneer mens in jou kar ry sien mens net dit wat om jou aangaan of jy kyk in borde vas of in geboue. En dit was nogal lekker om aan die anderkant van die eiland van bo af te kan sien en die ope see, sonder dat daar teveel extra eilandjies op is.
Die dak, wat soos 'n sirkus tent lyk, is wat mens sien net voordat jy weer terug afgaan, en die laaste van die stad tot jy weer 'n volgende keer een van die twee eetplekkies gaan besoek.

En wanneer jy die 'tent' binne gaan dan sien jy die res van die mall en natuurlik die koffie winkel reg aan die onderkant van die lift, en dit is ook 'n mooi plek vir my met sy gekleurde liggie vloer. Ook iets besonders, en minder alledaags.

...en dit is hoe dit van onder af boontoe lyk. ...
Ons het dit baie geniet, en sal beslis weer daar gaan koffie drink, al is dit net vir die uitsig.

Thursday, October 1, 2009


(soos ons kleinman jou noem)


BAIE BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG VANDAG BOETIE!!

Ons is baie bly dat jy hier by ons is om dit saam met jou te kan vier, en die dag saam jou te kan geniet.

Mag jy 'n fantastiese nuwe jaar ervaar, en mag dit 'n groot jaar vir jou wees, een wat vol van sukses en oorvloed sal wees.

Jou beker loop altyd oor van al jou goeie gawes, maar mag die nuwe jaar 'n extra groot beker wees, en mag dit oor borrel, van alle blessings waarmee ons Vader jou mee gaan seen.

Ons bid dat die seeninge van Ons Vader op jou sal reen.

BAIE LIEFIES VIR JOU -

EN DANKIE VIR WAT JY ALLES VIR ONS DOEN, EN BETEKEN.

JY IS 'N KOSBARE SKAT VIR ONS!