Wednesday, October 7, 2009

Ons Stad van bo.

Daar is seker al 'n paar keer in die blog-wereld oor hierdie restaurant by Marina Mall geblog. Maar vir die familie wat daar ver in SA sit en nie die ander blogs lees nie, hier is ons baie oulike 'ou'( nuwe ) koffie drinkplek.
Die onderkant van hierdie ronde gedoente daar ver bo
die mall is die 'coffee house' - Colombiano. En aan die heel bo kant is die fancy draai resturant Tiara. Ek het al oor Tiara geblog met my ouers se huweliks herdenking

Hulle logo is op meeste van die tafels gegrafeer, en met die donker/swart hout lyk dit nogal baie stylvol.

Die dekor en die kleur teen die mure is baie kleurvol, en dit laat mens sommer energiek en lewenslustig voel, en met die lekker latynse musiek in die agtergrond wil jy sommer net daar opspring en een van J-Lo se dans passies uithaal en jou bas al in die rondte swaai!



En ek kan hulle kos aanbeveel. Dit is uit die boonste rakke en dit is nie 'n klein happie nie. Daar is meer as genoeg om die gaatjie in die magie te vul vir 'n middag ete.
En dan natuurlik is hulle drink goed net so lekker, ek kon nie eers die koffie afneem nie want dit was te vinnig in die manne se kele af.

Ons was vreeslik gelukkig, want die dag wat ons toe nou besluit het om daar te gaan koffie drink, was dit die mooiste blouste dag, en kon ons redelik ver sien. En glo my dit is 'n bonus hier rond.
Hierdie stad van ons bly maar nog 'n ontwikkelinde/groeiende stad, oral waar jy kyk en ry is daar 'n nuwe ontwikkeling wat plaasvind. Dan moet ek byvoeg dit is nie die gewone ou regop geboutjies waaraan ons in ons geboorteland gewoond is nie. Die goed is hoooooog en groooot en het baie glas en mense dit is indrukwekkend.
Sandra het nou die dag bietjie daaroor geblog en van die anderste as gewone argutektuur, en strukture hier rond gewys.


Nog 'n baie "awesome" ding wat hulle doen is hoe hulle die land 'reclaim'. Vir die van julle wat nie heeltemal weet wat ek bedoel nie, - hulle besluit vandag hier wil ons iets nuuts doen en dan sommer so in die middel van die see, soos hier bo , begin hulle die see droog le en hulle maak 'n nuwe eiland en bou daarop, soos ek kan verstaan is Marina mall juis een van daardie eilande, en wat dit dan soveel meer wow maak is dat daar word nogal baie op daardie selfgemaakte landjie gebou, (gewig's gewys).
Wat nog asemrowend is, is dat mens so ver kan sien van hier bo af. Ek is nie iemand vir hoogtes nie, ekt eers 'n rukkie gevat om tot verhaal te kom toe ons met die 'lift' opgegaan het na bo. Maar toe ek eers weer myself reg geruk het kon ek ook die mooi in sy glorie bekyk.


Wanneer mens in jou kar ry sien mens net dit wat om jou aangaan of jy kyk in borde vas of in geboue. En dit was nogal lekker om aan die anderkant van die eiland van bo af te kan sien en die ope see, sonder dat daar teveel extra eilandjies op is.
Die dak, wat soos 'n sirkus tent lyk, is wat mens sien net voordat jy weer terug afgaan, en die laaste van die stad tot jy weer 'n volgende keer een van die twee eetplekkies gaan besoek.

En wanneer jy die 'tent' binne gaan dan sien jy die res van die mall en natuurlik die koffie winkel reg aan die onderkant van die lift, en dit is ook 'n mooi plek vir my met sy gekleurde liggie vloer. Ook iets besonders, en minder alledaags.

...en dit is hoe dit van onder af boontoe lyk. ...
Ons het dit baie geniet, en sal beslis weer daar gaan koffie drink, al is dit net vir die uitsig.

15 comments:

Sandra said...

En 'n bonus - dis nie so 'n gemaal van die gewone restaurante/koffiewinkels in die mall nie. Julle het regtig 'n mooi lekker oopdag gehad.

Charmaine said...

Dis pragtige fotos en ek is beindruk met die koffiewinkel. Ek sien dis beslis 'n besoek werd. Die stad is regtig amazing..

Ani said...

Dis 'n pragtige stad, sou baie graag eendag daar 'n draai wou maak! Bly om jou weer te "sien"! Ons bly heerlik in die nuwe huis, en dis 'amazing" om te dink ons het ook nou 'n stukkie grond in Australie wat aan ons behoort.

Lekker week vir julle!

Thea said...

Wow die uitsig is stunning en dit lyk na 'n baie nice koffieplekkie! Stuur asb groete vir jou ma as jy weer met haar praat of haar sien!

Mariette. said...

Dit is 'n lekker koffie drink plek Sandra, en ek dink hierdie winter gaan ons 'n paarkeer daar draai want met die lug wat so mooi blou is in die winter is dit die moeitewerd.

Charmaine jy moet regtig daar gaan draai. En vat maar jou kamera saam. - dit is pragtig.

Hi Anilo, Ek glo julle sal ook hierdie ou stad van ons geniet. Maar ek sien julle nuwe land het net so baie om te sien.
Ek is sommer groen oor julle stukkie grondjie wat julle het. maar ek gun dit vir julle, want ons beurt kom dan kan ek weer bietjie tou wys raak by jou. :-)

Thea- Ek hoop dat julle darm hier nog 'n draai sal maak voordat julle jul groot trek aanpak, wanneer dit gebeur. Dan kan ons saam daar gaan koffie drink
Sal my ma se sy moet jou bietjie mail. Sy kuier nou by my pa in Dubai vir die week, maar ons gaan haar Woensdag haal dan sal sy weer vir 2weke hier by ons wees dan weer by hom en so gaan sy maar beurte maak tussen Dubai en Abu-Dhabi. En glo my oral waar sy kom Shop sy te lekker! (lol) :-)

Jan and Miekie said...

Nog 'n plekkie wat ek graag sou wou besoek! Die fotos maak my baie lus!

Mirna said...

Dankie vir jou vriendelike 'comment' op my blog! Ek gaan beslis jou nou volg - wou nog altyd daai deel van die wereld besoek het! :)

スタービーチ said...

復活、スタービーチ!日本最大の友達探しサイトがついに復活、進化を遂げた新生スタビをやってみませんか?理想のパートナー探しの手助け、合コンパーティー等も随時開催しています。楽しかった頃のスタビを体験しよう

モテる度チェッカー said...

なかなか彼氏、彼女が出来ない君達の深層心理を徹底解明♪みんなでモテる度チェックをやって結果交換も自由、合コンや休み時間はモテる度チェックで暇つぶし!次にモテ期が訪れる瞬間をズバリ診断しちゃいます

¥倶楽部 said...

出会ぃも今は¥倶楽部!オンナがオトコを買う時代になりました。当サイトでは逆援希望の女性が男性を自由に選べるシステムを採用しています。経済的に成功を収めた女性ほど金銭面は豊かですが愛に飢えているのです。いますぐTOPページからどうぞ

野外露出 said...

今迄は野外露出がマイナスイメージと囚われがちですが、実際は開放的な気分になり有名人のヌーディストが、オープンになる事を推奨してるぐらいです。このサイトをキッカケに知り合った娘達と野外で楽しみませんか

高級 said...

どうしても相手がセレブだと高級感が有り、近付きにくいと思われがちですが、実際はただ欲望のままに快楽を追い求める、セレブとは掛け離れた女性が居るだけです。今こそ自分の欲望を満たすときです

人妻 said...

最近旦那とマンネリで全然Hしてません。正直もうかなり欲求不満です…誰か相手してくれる方いませんか?空いている時間は多いと思うので都合は合わせやすいと思います。お互い楽しめる関係になりたいな。人妻でも平気な人いたら是非相手してください☆一応18歳以上の人限定でお願いします。上はどこまででも大丈夫なんで excellent.lady@docomo.ne.jp

ライブチャット said...

当サイトでは無料でオナ動画を見ることができます。また、ライブチャット機能でリアルタイムオ○ニーを見るチャンスも高く、興奮間違いなしです。また、一人Hのお手伝いを希望される女性もあり、お手伝いいただけた方には謝礼をお支払いしております

スタービーチ said...

日本最大、だれもが知っている出会い系スタービーチがついに復活、進化を遂げた新生スタビをやってみませんか?趣味の合う理想のパートナー探しの手助け、合コンパーティー等も随時開催しています。楽しかった頃のスタビで遊んでみよう