Dit is nou weer daardie tyd van die jaar, - somer-.
Omdat dit so baie warm is en ons drie maar baie versigtig is vir die son en sy gevaarlike strale, gaan ons maar eers na 5 uur se kant strand toe. Dit is nog baie warm, maar die sterkte van die son is heelwat vlouer. Ek moet ook se mens gaan nie strand toe om af te koel nie, want die water is so warm soos lou water. Dit is heerlik, en as jy uitklim, maak die warm windjie wat dan oor mens se nat lyf waai, jou ook glad nie koud kry nie.
Hierdie tyd van die dag is ook die tyd wat die meeste mense hul wetsuits aantrek vir die watersport's, want die "brake water" is juis daardie tyd vol van almal wat 'n jetskie, catamaran en seilbootjie het. 
Ons het 'n vriend saam gebring strand toe,- Juan is een van Manlief se werks vriende wat nog uit ons Durban dae kom. Juan is nog nuut hier rond, sy kosbares is in Suid Afrika, en hy verlang homself deurmekaar. Ons nooi hom toe saam strand toe. Nou Juan is gewoont aan Durban se golwe, en ek glo nie hy het die brake water strand werklik as 'n see ervaar nie, maar hy maak toe 'n groot ontdekking - hy kan in hierdie see al te lekker dryf.
Ek weet nie hoe dit werk nie, maar manlief kan ook nie in 'n swembad of in 'n
gewone see dryf nie,
(sien hulle het nie genoeg boude en heupe nie-so geen natuurlike tube nie-lol)
Maar in hierdie see kan hulle te lekker le en dryf - en hulle het dit geniet.
Met die son wat in die weste sak blink die water so pragtig met die Marina Mall in die agtergrond, en die 3 manne, insluitend my kleinman met sy vlerkies, lyk soos skadu kolle om en in die rustige waters....
Hulle klim toe so sewe uur uit, want toe begin hierdie mamma se klein man se magie na kossies vra, en behalwe vir die kossies wat sy magie wil he, is daar 'n ander rede ook hoekom hy by die Khalidaya Mall wil gaan eet.Juan droog af en mms toe gou vir liefie in Kaapstad 'n kiekie van waar hy homself bevind, en die dad's vat ons kosbare kleinman om hulle droog te gaan aantrek.
Ek gebruik toe vir Juan as model om die son wat soos 'n lig op die horison hang, af te neem.
By die mall word daar 'n ietsie vir die lee kol op die magies gekoop. "Die reel van hierdie mall , -oom Juan is..., jy moet eers eet voordat jy die rollercoaster kan ry" - vertel ons kleinman ewe polite.
Daar word soos ouder gewoonte chinees ge-eet en manlief verkoop die idee aan sy tjomma.
Klaar ge-eet ... gaatjies en maagies vol, - en dis nou sulke tyd, reken ons kleinman. En hy trek daar weg - neem die leiding want hierdie pad ken hy te goed, na sy gunsteling plek toe. Sien, Jata is nog is Suid Afrika en seuna mis hom, as hy hierdie ding doen, maar die wete dat daar iemand nuuts saam hom die ervaring kan deel, maak die verlang bietjie beter...
.jpg)


Nadat ons deur die stad na die creek toe gery het, het ons vir 'n oomblik gestop voordat ons die water ingaan. Toevallig was daar 'n televisie opname vir Kuwait TV, wat 'n dokumenter gemaak het vir hulle toerisme kanaal. So toe moes ons eers stop sodat die kamera man sy toerustig reg kon kry vir die groot splash.

Hierdie nuwe geboue gekombineer met die ou geboue is asemrowend.

Na 'n uur in die water en se vaar langs die creek af, is dit tyd om terug te keer, en so ry ons boot-bus uit die water uit reg vir die pad terug na die BurJuman centre toe.
