Thursday, October 2, 2008

'n Kuiertjie by die Dieretuin.

Glo dit of nie maar ons hou nog steeds vakansie, in die sonnige Suid Afrika.

Ons kuier heerlik met almal en by almal.

Maar glo my, ons verlang terug na die ou land van sand want ons dada is daar en die tyd wil nou maar net nie verby gaan nie....


Ons het bietjie in Pretoria dieretuin gaan kuier vir die dag, want ons ou sonstraaltjie is mos nou haai bevange, as hy nou nie met sy treine speel nie. So toe het ons gedink dat ons in die dieretuin 'n haai gaan sien en vir boeta wys,- maar glo dit of nie, die dag toe ons nou daar was, was meneer haai uit sy tank uit gehaal en kuier hy by Ushaka want die diere tuin maak vir hom 'n nuwe tank of maak sy oue reg.


So ons kon toe nou nie 'n haai sien nie, maar gelukkig was daar baie ander diere wat daarvoor opgemaak het.


Mamma se sonstraaltjie dink hy is oom Steve Irvan van Australia. So vang mens hom mamma! En dan le jy net op hom dan kan hy mos nie byt nie....


Ja seun - net so maar mamma bid maar dat dit nou nie een van jou roepings sal wees nie. Ha-haha!!!


Jay en boeta, by die 2 groot pikkewyne. Hulle 2 was so uitgehonger vir 'n geselsie dat hulle ons waarlik vermaak het met hulle geKrrrrrr geluide,en hulle het lekker in die mis sproei gebaljaar.



Hierdie 3 het behoorlik hul bobejaan streke uitgehaal toe hulle ons sien.


Hulle het mekaar gejaag en baklei, en toe sommer in dieselfde asem mekaar geliefies.


Dan is hierdie prag gesig natuurlik Pta dieretuin se 'trademark'.


Wanneer mens die park in gaan met die groot krimetart boom, aan jou linkerkant en dan die verwelkoming van hierdie mooi flaminke wat soos 'n pienk kombers voor jou le.


Dan is dit so asof jy maar net weet jy is op die regte plek, vir daardie oomblik...


En hier le mevrou tier te heerlik en ontspan, in die vroe lente se middag son.
Terwyl meneer tier soos 'n beer met 'n seertand na haar roep om by haar uit te kom, hulle was geskei elkeen in sy eie hok, of stukkie land.
Natuurlik het oupa olifant sy stofbad geniet, nadat hy sy pensie lekker duk ge-eet het.
Ag en ons was net te laat om te kon sien hoe arend sy kossies geniet het, maar hy was ook tevrede want sy pensie was ook gevoed.
Oupa en Ouma met hul sonstraaltjie, hulle het mekaar geniet en dit was 'n heerlike dag. Natuurlik moes ouma se voete 'n vryf en masering gekry het toe ons by die huis gekom het, want syt ver geloop en sy is eintlik nog besig om te herstel van haar voet operasie, maar reken sy die pyn was die moeite werd.

Oupa het sy "laaitie" net so geniet want daar was nie 'n oomblik wat hy kon rus nie, nie eers met ons piekniek nie.

Dankie vir 'n heerlike uitstappie oupa en ouma.

Friday, September 19, 2008

Die lente in Ouma se tuin


Mens kan dit nie dink nie maar daar is al twee weke van ons vakansie verby. Die tyd vlieg mos wanneer mens iets geniet. Ons kuier nog by my mams en geniet elke oomblik daarvan, nie eers te praat van ouma wat haar klein sonstraaltjie heeltyd opvreet nie!

Ouma se tyd verdryf wanneer ons nie hier is nie en nie kuier nie is haar tuin. Sy lewe vir haar blommetjies en plante. Ek hoef seker nie by te voeg dat die water rekening hoog hardloop nie want behalwe vir oupa se vis dam, moet hierdie plante elke dag hul water kry met die nodige liefde en praat- want plante groei as jy met hul praat....


Ek Is nou glad nie 'n plant kenner nie so hierdie is vir my pragtige blomme en 'n magdom van kleur en dit is lekker op die oog en vir die siel.
So ek geniet dit vreeslik baie om net daar te gaan sit en na die voeltjies teluister en die geure in te asem.

Met die lente wat hier is, is so te se als in blom, en hoe pragtig tog nie...



Selfs die vetplante blom. En ek moet se die groen kleur in die tuin is so lekker om in tedrink.