
Hy kon glad nie wag nie, en hy het onmiddelik na die trein gehardloop, maar moes toe eers wag voordat hy kon inklim omdat dadda eers die kaartjies moes koop. En glo my, 'n paar minute se wag kan soos 'n paar ure voel.
Na die lekker koue treinrit het ons in die park gaan speel, mens kan nie dink dat die windjie so koel kan raak nie, maar verstaan my nie verkeerd nie, ek moan glad nie daaroor nie dit is eintlik hemels. Ons geniet die koel dae en aande.
Die park was redelik vol gewees, maar dit is lekker, want dit is so spesiaal om al die mammas en pappas saam te sien speel en hardloop. En die kinders geniet dit vreeslik as die ouers so saam speel. Ek dink ook baie van hierdie nasie se ouers is self nog kinders en dit is hoekom van hulle so lekker saam speel en hardloop.
Nou ja, julle kan sien dat hier baie energie verbrand was, en dat die groot man van ons dit baie geniet het.
Die park se tuin is pragtig! Alles blom mooi en die gras en boompies is grasgroen, dit is so lekker op die oog, en verskaf waarlik 'n gevoel van ontspan.
Saam met die pragtige groen en kleur van die tuin is daar ook die mooiste liggies in die palmboom lanings, en in die paadjie af. Dit is so romanties.
Die fonteine spuit ook almal weer. En so met die son se ondergang is dit asemrowend mooi!




