Monday, August 24, 2009

Niks soos die Bosveld nie.


Vir die van julle wat ons blog gereeld volg, en dalk gewonder het wat van ons geword het.
Ons hou bietjie vakansie in Suid Afrika.

Glo my ons geniet dit, nie net omdat ons lekker kuier met die familie en ons geliefdes nie, maar omdat ons heerlike weer het, en nie so uitbraai nie. Dit raak wel koel en vars in die aand maar deur die dag is dit heerlik.

Hier braai ons lekker vleis op 'n hardekoolhout vuur.

En die lekker is ons kan eet wanneer ons wil. Ramadan raak ons nie die jaar soos verlede jaar toe ons saam met die res van ons 'nuwe' land deur die dag moes vas nie. Dit is nou wel net in die publieke plekke van toepassing, maar nogtans impakteer dit hewig op 'n mens se daaglikse wandel. Man, daar is darm min dinge so lekker soos braaivleis in die bosveld....

6 comments:

Sandra said...

Lekker! Julle moet dit geniet, ons sal die dorp intussen "warm" hou!

Thea said...

Geniet julle saamwees en die heerlike weer!! Ek stem, 'n Bosveldkuiertjie is bobaas!

Charmaine said...

Geniet dit ouens... Ek is jaloers!!! maar oor twee weke is ek ook weer bietjie by die huis. Net base touch oor die EID breuk, maar ek sien net so uit. Dis so mooi daar.

Charmaine said...

Geniet dit ouens... Ek is jaloers!!! maar oor twee weke is ek ook weer bietjie by die huis. Net base touch oor die EID breuk, maar ek sien net so uit. Dis so mooi daar.

Muriel said...

Geniet julle vakansie vlooitjie!!

Ani said...

Geniet die kuier en ek hoop julle geniet die koel weer. Lekker eet aan daardie braaivleis!!