het my pa in daardie tydperk na Afghanistan gegaan vir sy werk.
Ons het heerlik in hierdie swembad geswem.
Die water tempratuur was lekker, nie te warm nie en glad beslis nie koud nie.
Wat ek natuurlik baie van hou met hierdie swembad wat toe is, is die feit dat daar nie kindertjies is wat spat nie so jou hare kan darm gangbaar bly en met Jay se ore kan hy ook nie dit nat laat word nie, so dit werk vir ons almal want die son kom ook nie eers naby jou vel nie, so Boetie kan homself geniet sonder om seer te brand.
Na die lekker swem het ons eers bietjie buite in die koelte gaan sit om bietjie droog te word.
En terwyl ons dit gedoen het, het ons sommer 'n roomys ge'eet.
Gelukkig was ons net 5 dae daar, en ons het 2x 'n dag geswem.
Ja ek weet dit is een maal teveel vir 'n roomys, maar mens is darm net so nou en dan op vakansie...
Na die middag swem sessie het ons 'n vuurtjie gaan aansteek en op die stoepie gesit en na die natuur en dier-geluide geluister en sommer net enige iets gebrand om daardie lekker bosveld gevoel en reuk te kon inneem. Wat 'n heerlike gevoel om so naby die natuur te wees.
Mamma wil nog eers 'n foto van Jay en ouma neem maar boeta wil eet,- die maag is koning mamma, en die swem en water maak 'n ou seuntjie se magie baie honger!!
Natuurlik is daar ook die menere wat elke oggend kom groet het en natuurlik soos alles in SA werk, iets terug verwag vir hul vriendelikhied!
Wha-ha ha!!
Nou vertel my watter kindertjie sal nou so iets soos hierdie sproeiers kan weerstaan?
Ons boeta het dit vreeslik geniet, en dit was baie prettig vir hom gewees.
Ek moet se die oord kyk baie mooi na hulle tuine en grasperke, en dit is lekker om langs die riviertjie te sit op die lekker groen grassies.
Dan praat hierdie sonsondergang vir homself.
Daar is maar min dinge wat so mooi is soos die son wat onder gaan aan die einde van elke dag wat jy nog gespaar was om te lewe, en asem te haal nie. Net soos die son opkoms van elke splinternuwe dag.
Mag daar vir julle nog baie hiervan wees,
met elke nuwe dag se seeninge,
'n ongelooflike einde tot die volgende dag!